Supertaal - RDF-voer
http://gesellig.co.za/
Nasionale Staat van Inperking
http://gesellig.co.za/mv/msg/34969/130669/#msg_130669
'n Voorstelling van die koronavirus.
Op 15 Maart 2020 het pres. Cyril Ramaphosa aangekondig dat Suid-Afrika vir 21 dae in 'n grendelstaat sal verkeer om die verspreiding van die koronavirus (COVID-19) te bekamp. Dié keimvakansie duur van Donderdag, 26 Maart om 23:59:59 tot Donderdag, 16 April 2020 om 23:59:59.
Skole sal in die tyd gesluit wees, 'n reisverbord is ingestel en mense is versoek om tuis te bly. Mense mag slegs hul huise verlaat om inkopies te doen of nooddienste te verrig. Die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANW) is op 'n gereedheidsgrondslag geplaas om die polisie en ander staatsdepartemente by te staan in die toepassing van die afsluiting.
Dit lyk egter of daar verskillende reëls vir verskillende mense geld. As jy met jou hond op straat gevang word, wag 'n boete van R5000 (herhaalde oortreders kan ses maande gevangenisstraf ontvang), maar taksies kan tot kapasitiet gelaai word. Talle beskou ook die verbod op sigarette en drank as absolute malligheid.
Ondertussen het Moody’s ons ekonomie na rommelstatus afgegradeer en die rand verhandel teen bykans R20 teenoor die Amerikaanse dollar. Dis nou die derde kredietgraderingsagentskap wat dit doen, ná Standard & Poor’s (S&P) en Fitch die land reeds vroeër afgegradeer het. Koswinkels maak GROOT geld soos mense paniekaankope doen, maar die res van die ekonomie staan botstil.
Tog hoop ons dat ons huisarres lewens sal spaar en dat die ekonomie hierna spoedig tot sy vorige glorie sal herstel.
Sterkte en hou goeie moed, ons detensie (inhokking) is amper verby!
]]>Jan die Man2020-04-05T08:29:44-00:00Re: Nasionale Staat van Inperking
http://gesellig.co.za/mv/msg/34969/130737/#msg_130737
Jan die Man2020-04-09T18:23:23-00:00Re: Nasionale Staat van Inperking
http://gesellig.co.za/mv/msg/34969/131004/#msg_131004
Vlak 5: Drastiese maatreëls word vereis om die verspreiding van die virus te bekamp om lewens te red.
Vlak 4: Sommige aktiwiteit word toegelaat onderworpe aan uiterste voorsorgmaatreëls om gemeenskapsoordrag en uitbrekings te beperk.
Vlak 3: Sommige maatreëls kan opgehef word, insluitend werk en sosiale aktiwiteit, om 'n hoë risiko van oordrag te takel.
Vlak 2: Verdere beperkings word opgehef, maar sosiale distansiëring en beperking op sekere ontspannings- en sosiale aktiwiteit duur voort om 'n hernude verspreiding van die virus te voorkom.
Vlak 1: Normale aktiwiteit kan hervat, met voorsorgmaatreëls en gesondheidsriglyne wat te alle tye gevolg moet word.]]>Jan die Man2020-04-24T07:08:57-00:00Re: Nasionale Staat van Inperking
http://gesellig.co.za/mv/msg/34969/131094/#msg_131094
* 'n Aandklokreël geld van 20:00 tot 05:00.
* Mense kan dan van 06:00 tot 09:00 binne 'n 5km radius van hul huise oefen. Dis 3 ure van fietsry, stap of hardloop in die fris winterlug.
* Dan word goedere en wegneemetes van 09:00 tot 20:00 afgelewer.
* Die eerste groep leerders gaan eers 1 Junie terug skool toe.
* Geen sigarette (ondanks pres. Ramaphosa se versekering) of alkohol word verkoop nie.
Vreemd, veral as mens dink die doel is om die verspreiding van 'n virus te keer, of hoe? In verdere nuus: Die hoof van die VN se Kommissie vir Menseregte, Georgette Gagnon, is bekommerd oor Suid Afrika se "giftige inperkingskultuur" en wit mense kwalifiseer steeds nie vir regeringshulp nie, ongeag hoe benard die situasie.]]>Jan die Man2020-04-29T18:19:15-00:00Re: Nasionale Staat van Inperking
http://gesellig.co.za/mv/msg/34969/131278/#msg_131278
Jan die Man2020-05-13T19:01:19-00:00Re: Nasionale Staat van Inperking
http://gesellig.co.za/mv/msg/34969/131384/#msg_131384
hot spots) wek egter kommer, waar die kiem floreer en vinnig versprei. Dit sluit plekke in soos Pretoria (Tshwane), Johannesburg, Kaapstad, ens.
Vlak 3 sal meer vryhede en ekonomiese aktiwiteite toelaat. Mense sal onder andere enige tyd van die dag kan oefen en die aandklokreël word afgeskaf. Alkohol sal onder streng voorwaardes op beperkte dae verkoop mag word, maar sigarette en tabakprodukte is steeds verbode. Restaurante bly gesluit en mense sal steeds nie kerk toe kan gaan of hulle hare kan gaan sny nie.
Werkers mag (meestal) terugkeer na hulle werkplekke, waar hulle daagliks gesatineer en getoets moet word. Mense wat tuis kan werk moet liefs aanhou om dit te doen. Mense oor 60 of met onderliggende mediese kondisies word gemaan om tuis bly.
Skole word heropen en die kurrikulum sal dienooreenkomstig verkort word. Leerders van grade 7 en 12 kan op 1 Junie terugkeer skool toe, hoewel dit nie afgedwing sal word nie.]]>Jan die Man2020-05-24T17:26:55-00:00Re: Nasionale Staat van Inperking
http://gesellig.co.za/mv/msg/34969/131407/#msg_131407
Vanaand se boodskap is dat dienste in Suid-Afrika vanaf 1 Junie af hervat mag word. Kerkgangers moet maskers dra en gesonde sosiale afstande handhaaf. Geboue moet voor en na die tyd gesatineer word. Byeenkomste sal verder tot 'n maksimum van 50 persone beperk wees.]]>Jan die Man2020-05-26T17:37:15-00:00Re: Nasionale Staat van Inperking
http://gesellig.co.za/mv/msg/34969/132136/#msg_132136
* Ons bly op vlak 3.
* Die nasionale ramptoestand is tot 15 Augustus verleng.
* Drankverkope word weer opgeskort.
* Die aandklokreël is terug, die keer van 21:00 tot 4:00.
* Die dra van maskers gaan strenger toegepas word.
So 'n paar pittige opmerkings van Twitter af:
* More is pynappels weer 30% duurder.
* 'n Oplossing vir om wettig vir jou familie te gaan kuier: Huur 'n Taxi, laai familie in Taxi, draai ruite oop, dra maskers en ry lekker vêr pad en kuier hond uit bos uit.
]]>Jan die Man2020-07-12T18:54:55-00:00Re: Nasionale Staat van Inperking
http://gesellig.co.za/mv/msg/34969/132766/#msg_132766
Die president gaan weer die burgery toesnou, so ons wag maar in spanning om te hoor wat hy wil sê.
Almal hoop maar vir 'n verlaging na vlak 2.
Opdatering:
* Ons skuif op 17 Augustus om middernag af na vlak 2!
* Mense kan oor provinsiale grense reis.
* Restaurante en kroeë kan heropen en alkohol tot 22:00 bedien.
* Die verbod op tabakprodukte word opgehef.
* Die verbod op drank word voorwaardelik opgehef, en mag van Maandae tot Donderdae tussen 9:00 en 17:00 verkoop word.
* Die aandklokreël van 22:00 tot 4:00 bly onveranderd.
* Mense word steeds aangemoedig om maskers te dra, 'n gesonde afstand te handhaaf, en van die huis af te werk as hulle kan.
Notas:
* Dis was opmerklik dat die president die land in al die landstale, met die enkele uitsondering van Afrikaans, gegroet het.]]>Jan die Man2020-08-15T17:18:32-00:00Re: Nasionale Staat van Inperking
http://gesellig.co.za/mv/msg/34969/133491/#msg_133491
]]>Jan die Man2020-09-12T15:21:59-00:00