Supertaal - RDF-voer
http://gesellig.co.za/
Sjokoladevierkante
http://gesellig.co.za/mv/msg/26/27/#msg_27
1 ½ pak (300 g) marie- of tennisbeskuitjies
200 g kooksjokolade
175 g botter of margarien (3/4 k)
30 ml goue stroop (2 e)
75 g grondboontjies of grof gekapte neute (1/2 k)
75 g pitlose rosyntjies (1/2 k)
Smeer 'n vlak tertbak of pan van naastenby 30 cm * 20 cm * 5 cm. Verkrummel die beskuitjies. Smelt die kooksjokolade, botter of margarien en goue stroop oor lae hitte saam. Voeg die beskuitjiekrummels, grondboontjies of ander neute en rosyntjies by en meng goed. Druk dit styf vas in die tertbak of pan en verkoel dit tot styf. Sny die koek met `n skerp mes in vierkantjies van 4 cm * 4 cm.