Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Onderwys & opvoeding » Suid-Afrikaanse skole
Suid-Afrikaanse skole [boodskap #45093] Di, 26 Junie 2001 04:35 na volgende boodskap
Ernst v Biljon  is tans af-lyn  Ernst v Biljon
Boodskappe: 257
Geregistreer: Maart 1999
Karma: 0
Senior Lid
Soos gesien op SA TV van 26 Junie 2001.

Baie skole het hulle onderwysers 'verloor' omdat hulle 'n paket
(retrenchment) geneem het. Die paket is as gevolg van die ANC demokratiese
reg om mense te vorseer om 'n pos te aanvaar of hulle nou daar wil wees of
nie. Die onderwys het besluit dat hulle liewer 'n paket sal neem as om
gedwing te word om 'n pos te aanvaar. Maar, meeste wat die paket aanvaar het
is eintlik goeie onderwysers en het geweet hulle sal ander werk kan kry.

Dus, die gaping wat net in party skole onstaan het is eintlik verbreed deur
die ANC se beleid en het uitgesprei na skole wat geen probleme voorheen
gehad het nie. Maar, probleem oplos sal die ANC. Sit sommer maar net iemand
in die pos.

Dit is vandag bekend gemaak dat 50% (of meer) van SA skole nou 'n tekort het
aan wetenskap/wiskunde onderwysers as gevolg van van: ongekwalifiseerde
onderwysers in poste, ondergekwalifiseerde onderwysers en, die oorspronklike
probleem - geen onderwysers.
Re: Suid-Afrikaanse skole [boodskap #45128 is 'n antwoord op boodskap #45093] Di, 26 Junie 2001 07:59 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Wouter Plaasvark  is tans af-lyn  Wouter Plaasvark
Boodskappe: 1004
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
Ernest
Dit is vandag bekend gemaak dat 50% (of meer) van SA skole nou 'n tekort het
aan wetenskap/wiskunde onderwysers as gevolg van van: ongekwalifiseerde
onderwysers in poste, ondergekwalifiseerde onderwysers en, die oorspronklike
probleem - geen onderwysers.

Wouter
As dit waar is, het ons ver gevorder. In die ou bedeling was daar in iets
soos 80% van swart skole onderwysers wat geen kwalifikasie na matriek gehad
het nie. (As ek reg onthou was hulle meer as die helfte van alle swart
onderwysers) Ook heelwat onderwysers sonder matriek.

Ons het destyds ook in totaal 'n baie groter deel van ons staatsbesteding
aan onderwys bestee. Die huidige aanpassings is nie lekker nie, maar die
Regering doen 'n beter job met onderwys as wat hulle krediet voor kry. Ons
land kry in totaal baie beter waarde vir elke Rand wat aan onderwys bestee
word, alhoewel blanke ouers natuurlik meer betaal en dikwels minder kry.

Die gemiddelde kieser is nie wit nie, die Regering moet ook na die relatiewe
posisie van swart en bruin onderwys kyk.
Re: Suid-Afrikaanse skole [boodskap #45194 is 'n antwoord op boodskap #45128] Di, 26 Junie 2001 19:55 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Wouter Plaasvark wrote:

> Die huidige aanpassings is nie lekker nie, maar die
> Regering doen 'n beter job met onderwys as wat hulle krediet voor kry. Ons
> land kry in totaal baie beter waarde vir elke Rand wat aan onderwys bestee
> word, alhoewel blanke ouers natuurlik meer betaal en dikwels minder kry.
>
> Die gemiddelde kieser is nie wit nie, die Regering moet ook na die relatiewe
> posisie van swart en bruin onderwys kyk.

Dankie, Wouter. Dit neem soms moed omdie waarheid te praat, veral op hierdie
nuusgroep.

Gloudina
Re: Suid-Afrikaanse skole [boodskap #45201 is 'n antwoord op boodskap #45093] Di, 26 Junie 2001 20:38 Na vorige boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Ek stem saam met wat Wouter gesê het.
Ek maak net heftig beswaar as iemand iets hier verkoop vir die waarheid wat
absoluut strooi is.
Annette

skryf in boodskap news:3B38E989.BC1FAAEB@home.com...
> Wouter Plaasvark wrote:
>
>> Die huidige aanpassings is nie lekker nie, maar die
>> Regering doen 'n beter job met onderwys as wat hulle krediet voor kry. Ons
>> land kry in totaal baie beter waarde vir elke Rand wat aan onderwys bestee
>> word, alhoewel blanke ouers natuurlik meer betaal en dikwels minder kry.
>>
>> Die gemiddelde kieser is nie wit nie, die Regering moet ook na die relatiewe
>> posisie van swart en bruin onderwys kyk.
>
> Dankie, Wouter. Dit neem soms moed omdie waarheid te praat, veral op hierdie
> nuusgroep.
>
> Gloudina
>
Vorige onderwerp: Re: Onderwys Hier Onder
Volgende onderwerp: Nuwe Leerplan
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Apr 25 07:44:23 MGT 2024