Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » Uit "Beeld van 'n Jeug: Duif en Perd" deur N.P. van WYK LOUW
Uit "Beeld van 'n Jeug: Duif en Perd" deur N.P. van WYK LOUW [boodskap #44747] Do, 21 Junie 2001 11:26 na volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Beeld van 'n Jeug: Duif en Perd
N.P. van Wyk Louw

Ons agterplaas die flikker van die son
en bo die staldeur pronk my rooi-bont duif;
waar agter in die donker die swart hings
ruk aan sy ring, sy pote stamp en snuif.

Die helderte is oor my boek en in
my oë; die gruis is warm aan my skeen;
my duiwetrop lê wit en bruin en blou
soos lappies warm wasgoed om my heen:

party al lang-vlerk en lou teen die son;
die ander pik mekaar nog by die bad -
brom, slaan met die vlerk, word uitgedruk,
gly skuins van lekker en laat die water spat.

Een kriewel aan my tone, en ek lees:
die bruin Romeinse legioene draf
uit Rome uit, ál met 'n wit pad langs
- soos Gunsfontein toe - loop die bergklowe af

en word by die onvindbare Trasimene
in 'n koel môremis deur die Swart Heer
wat eindeloos geduldig is en wys,
ingewag, uitoorlê, vasgekeer,

en toe, soos nooit g'n leër nie, gewan…..
Re: Uit "Beeld van 'n Jeug: Duif en Perd" deur N.P. van WYK LOUW [boodskap #120192 is 'n antwoord op boodskap #44747] Wo, 20 Augustus 2014 10:26 Na vorige boodskap
mcebre...  is tans af-lyn  mcebre...
Boodskappe: 1
Geregistreer: Augustus 2014
Karma: 0
Junior Lid
Anton: Ek weet nie hoe hierdie pos werk nie - ek sou dit verkies as jy dit onderaan my vers plaas waarop ek dan graag sal antwoord - ek geniet so 'n interaktiewe meelewing - trouens, hierdie gedig was ook in my agterkop, maar ek is op reis, en het dus geen naslaanwerk kon doen, en die vers is impromptu geskryf na die wedren, eintlik oppad huis toe...Baie dankie.

On Wednesday, July 4, 2001 7:00:03 PM UTC+2, home.com wrote:
> Uit "Beeld van 'n Jeug: Duif en Perd."
> N.P. van Wyk Louw
>
> Bêrend, die jong, kom die hings uithaal;
> draai die kraan wyd, tap eers die balie vol,
> dat dit skuim van die water, stap deur die duiwe
> wat wip uit sy pad uit; dan laat hy val
>
> die staldeur se dik grendelblok uit die mikke.
> Dit runnik daarbinne, sag, en die pote
> stommel en glip op die ronde stalklippe;
> dan beur hy die deur uit, die swart grote,
>
> sy kop skuins van die halter, die oog
> wit gedop van die rem, daaróór hang die maanhaar;
> en die neusgate voel, voel reeds aan die lug,
> spuls en wyd; sy voorbors die staan
>
> skeef die deur vol, gebult soos 'n kneukel.
> Maar Bêrend lei die dier uit in die son; haak,
> om die halter korter te vat; laat trap hom
> oor die balk met dun bene versigtig. Dan begin haal
>
> die hings uit, weeldrig van koringvreet:
> hy ruk sy nek op en trap agteruit
> weg van die halter; hy ruk die jong saam
> en skop die kombuishout rond in die gruis.
>
> My duiwe vlieg op soos water wat spat
> met 'n klip in die put, en vlug oor die dakke.
> 'Ho!Ho!" Maar dan steier die hings; sy pote
> graaf wind en die kruis trek nog platter
>
> en hy ruk die jong hierkant, tót die laat los.
> "Aaits jy vreet pitvoer!" Dan Hóórt die agterplaas
> aan die swart hings; hy dreun die heining langs,
> speel na die hek toe, lig sy nek hoog en blaas
>
> na die plaaspad se kant en die rante toe.
> Maar Bêrend ken sy werk en ken sy perd.
> Ek help dit vaskeer. Die halter word gegryp.
> Dan kóm die hings krom-nek en hoë-stert
>
> pronk-pronk na die waterbalie toe,
> drink dorstig met sy riem vas om die paal;
> blaas rimpeltjies; tel sy kop skielik op,
> en laat die druppels deur die sonlig straal
>
> op die groot hoewe. Die jong is haastig vir tuin toe.
> Die hings word kort aan sy bek gevat;
> en, magtig, gebonde, beheers en mooi,
> die stal ingelei; en die grendelhout val vas.
Vorige onderwerp: " Die berggans het 'n veer laat val " deur BOERNEEF
Volgende onderwerp: Matriek Gedig
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mar 29 12:22:35 MGT 2024