Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Spoke, of nie spoke nie.
Spoke, of nie spoke nie. [boodskap #42728] Vr, 25 Mei 2001 09:02 na volgende boodskap
Sakkie[3]  is tans af-lyn  Sakkie[3]
Boodskappe: 488
Geregistreer: Mei 2001
Karma: 0
Senior Lid
Siende dat hierdie 'n kultuur nuusgroep behoort te wees, en
spoke/spookstories so 'n integrale deel van ons kultuur is, wonder ek
hardop. Bestaan spoke/geeste werklik. Persoonlik nog nooit een gesien nie.
Ek het 'n teorie wat ek wil toets op julle ouens, maar soek eers opinies.
Re: Spoke, of nie spoke nie. [boodskap #42731 is 'n antwoord op boodskap #42728] Vr, 25 Mei 2001 09:45 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Hilda  is tans af-lyn  Hilda
Boodskappe: 383
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Sakkie" schreef in bericht news:3b0e1f38$0$252@helios.is.co.za...
> Siende dat hierdie 'n kultuur nuusgroep behoort te wees, en
> spoke/spookstories so 'n integrale deel van ons kultuur is, wonder ek
> hardop. Bestaan spoke/geeste werklik. Persoonlik nog nooit een gesien nie.
> Ek het 'n teorie wat ek wil toets op julle ouens, maar soek eers opinies.

Ek het ook nog nooit een gesien nie ... vir my bestaan hulle dus nie :-).
Hilda.
Re: Spoke, of nie spoke nie. [boodskap #42733 is 'n antwoord op boodskap #42731] Vr, 25 Mei 2001 10:19 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Wessels  is tans af-lyn  Wessels
Boodskappe: 43
Geregistreer: Maart 1996
Karma: 0
Volle Lid
"Hilda en Gervaas" skryf in boodskap news:YQpP6.866$X03.66211@afrodite.telenet-ops.be...

>
> Ek het ook nog nooit een gesien nie ... vir my bestaan hulle dus nie :-).
> Hilda.
>
Hoe kan jy sê iets bestaan nie, as mense dit 'n naam gegee het. Jy kan nie
iets wat nie daar is 'n naam gee nie. Ek dink daar is verskynsels naamlik
spoke of geeste, maar dit is natuurverskynsels, dalknet wasemm of so iets,
so wat ek wil sê mense het dit verkeerd benoem.

.
Re: Spoke, of nie spoke nie. [boodskap #42735 is 'n antwoord op boodskap #42733] Vr, 25 Mei 2001 10:48 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Sakkie[3]  is tans af-lyn  Sakkie[3]
Boodskappe: 488
Geregistreer: Mei 2001
Karma: 0
Senior Lid
Dat dit bestaan betweifel ek nie in die minste nie. Die groot vraag is:
Bestaan dit werklik, met ander woorde dit is reël, of bestaan dit net in 'n
mens se verbeelding. Die paashaas het ook 'n naam.....

"." skryf in boodskap news:9elaop$6a0$1@ctb-nnrp1.saix.net...
>
> "Hilda en Gervaas" wrote in message
> news:YQpP6.866$X03.66211@afrodite.telenet-ops.be...
>
>>
>> Ek het ook nog nooit een gesien nie ... vir my bestaan hulle dus nie :-).
>> Hilda.
>>
> Hoe kan jy sê iets bestaan nie, as mense dit 'n naam gegee het. Jy kan nie
> iets wat nie daar is 'n naam gee nie. Ek dink daar is verskynsels naamlik
> spoke of geeste, maar dit is natuurverskynsels, dalknet wasemm of so iets,
> so wat ek wil sê mense het dit verkeerd benoem.
>
> .
>
Re: Spoke, of nie spoke nie. [boodskap #42744 is 'n antwoord op boodskap #42733] Vr, 25 Mei 2001 13:33 Na vorige boodskapna volgende boodskap
plaasvark  is tans af-lyn  plaasvark
Boodskappe: 200
Geregistreer: Mei 2001
Karma: 0
Senior Lid
> Ek het ook nog nooit een gesien nie ... vir my bestaan hulle dus nie :-).
> Hilda.

.
> Hoe kan jy sê iets bestaan nie, as mense dit 'n naam gegee het.
> Jy kan nie iets wat nie daar is 'n naam gee nie.

Wouter : Niks het ook 'n naam. Maar hoe kan dit bestaan as daar niks is
nie?
Re: Spoke, of nie spoke nie. [boodskap #42745 is 'n antwoord op boodskap #42728] Vr, 25 Mei 2001 13:48 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
My pa het definitief 'n spook gesien.Hy het my dit self vertel.
Een donker nag in Franschhoek. Met 'n af kop.
So hy kon nie sien of die spook rooi oë het, en dus gevaarlik was nie:)
Annette

Sakkie wrote in message ...
> Siende dat hierdie 'n kultuur nuusgroep behoort te wees, en
> spoke/spookstories so 'n integrale deel van ons kultuur is, wonder ek
> hardop. Bestaan spoke/geeste werklik. Persoonlik nog nooit een gesien nie.
> Ek het 'n teorie wat ek wil toets op julle ouens, maar soek eers opinies.
>
Re: Spoke, of nie spoke nie. [boodskap #42749 is 'n antwoord op boodskap #42735] Vr, 25 Mei 2001 13:54 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Wessels  is tans af-lyn  Wessels
Boodskappe: 43
Geregistreer: Maart 1996
Karma: 0
Volle Lid
Wel dit is wat ek bedoel het, as jy miskien op 'n donkernag, 'n wit ding
sien aankom na jou toe. Is dit nie dalk net mistigheid of iets nie. Mense
het vroeër geglo die wêreld is plat, en daar is groot see monsters. Tot
hulle van nader af ondersoek ingestel het.

"Sakkie" skryf in boodskap news:3b0e3814$0$248@helios.is.co.za...
> Dat dit bestaan betweifel ek nie in die minste nie. Die groot vraag is:
> Bestaan dit werklik, met ander woorde dit is reël, of bestaan dit net in 'n
> mens se verbeelding. Die paashaas het ook 'n naam.....
>
>
> "." skryf in boodskap news:9elaop$6a0$1@ctb-nnrp1.saix.net...
>>
>> "Hilda en Gervaas" wrote in message
>> news:YQpP6.866$X03.66211@afrodite.telenet-ops.be...
>>
>>>
>>> Ek het ook nog nooit een gesien nie ... vir my bestaan hulle dus nie
> :-).
>>> Hilda.
>>>
>> Hoe kan jy sê iets bestaan nie, as mense dit 'n naam gegee het. Jy kan nie
>> iets wat nie daar is 'n naam gee nie. Ek dink daar is verskynsels naamlik
>> spoke of geeste, maar dit is natuurverskynsels, dalknet wasemm of so iets,
>> so wat ek wil sê mense het dit verkeerd benoem.
>>
>> .
>>
>
Re: Spoke, of nie spoke nie. [boodskap #42750 is 'n antwoord op boodskap #42745] Vr, 25 Mei 2001 14:17 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Sakkie[3]  is tans af-lyn  Sakkie[3]
Boodskappe: 488
Geregistreer: Mei 2001
Karma: 0
Senior Lid
Nee man Annette, dit tel net as jy hom(dit) SELF gesien het. Ek weet 'n ou
is veronderstel om jou ouers te glo, maar hulle het my ook vertel van die
tandmuis, paashaas, vaderkrismis, Klaasvakie, feetjies, kaboutertjies, die
man op die maan, ek gaan hare op my hande groei, magtag, die lys raak lank.

"Annette" wrote in message
news:9elos1$8q1$1@ctb-nnrp1.saix.net...
> My pa het definitief 'n spook gesien.Hy het my dit self vertel.
> Een donker nag in Franschhoek. Met 'n af kop.
> So hy kon nie sien of die spook rooi oë het, en dus gevaarlik was nie:)
> Annette
>
> Sakkie wrote in message ...
>> Siende dat hierdie 'n kultuur nuusgroep behoort te wees, en
>> spoke/spookstories so 'n integrale deel van ons kultuur is, wonder ek
>> hardop. Bestaan spoke/geeste werklik. Persoonlik nog nooit een gesien nie.
>> Ek het 'n teorie wat ek wil toets op julle ouens, maar soek eers opinies.
>>
>
Re: Spoke, of nie spoke nie. [boodskap #42754 is 'n antwoord op boodskap #42750] Vr, 25 Mei 2001 15:51 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Arthur Hagen  is tans af-lyn  Arthur Hagen
Boodskappe: 559
Geregistreer: Julie 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Sakkie" schreef...
> Nee man Annette, dit tel net as jy hom(dit) SELF gesien het. Ek weet 'n ou
> is veronderstel om jou ouers te glo, maar hulle het my ook vertel van die
> tandmuis, paashaas, vaderkrismis, Klaasvakie, feetjies, kaboutertjies, die
> man op die maan, ek gaan hare op my hande groei, magtag, die lys raak lank.
>

Ek is eens (15 jaar gelede) midde in die nag na benede gegaan (vir 'n besoek
aan die toilet) en toe ek teruggeloop het, het ek 'n ou vrou in gryse
nagklere aan ons eettafel sien sit. Ek het baie geskrik, die hare in my nek
is daardeur ooreind gaan staan. Toe ek met my oë geknipper het was sy weg.
Ek het geen verklaring vir wat ek gesien het nie, maar ek staan nog steeds
baie skepties teenoor spookverhale ....

Groete,
Arthur

> "Annette" wrote...
>> My pa het definitief 'n spook gesien.Hy het my dit self vertel.
>> Een donker nag in Franschhoek. Met 'n af kop.
>> So hy kon nie sien of die spook rooi oë het, en dus gevaarlik was nie:)
>>
>> Sakkie wrote...
>>> Siende dat hierdie 'n kultuur nuusgroep behoort te wees, en
>>> spoke/spookstories so 'n integrale deel van ons kultuur is, wonder
>>> ek hardop. Bestaan spoke/geeste werklik. Persoonlik nog nooit
>>> een gesien nie.
>>> Ek het 'n teorie wat ek wil toets op julle ouens, maar soek eers opinies.
>>>
Re: Spoke, of nie spoke nie. [boodskap #42755 is 'n antwoord op boodskap #42750] Vr, 25 Mei 2001 16:53 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Miskien sien ek nie spoke nie omdat ek sing as ek alleen is:))))
Wie's nou bang vir die Spook,
Eendag word jy tog een ook.
Wie weet, oor 'n honderd jaar,
Sien ons twee dalk weer mekaar.
(Al Debbo)

Sakkie wrote in message ...
>
> Nee man Annette, dit tel net as jy hom(dit) SELF gesien het. Ek weet 'n ou
> is veronderstel om jou ouers te glo, maar hulle het my ook vertel van die
> tandmuis, paashaas, vaderkrismis, Klaasvakie, feetjies, kaboutertjies, die
> man op die maan, ek gaan hare op my hande groei, magtag, die lys raak lank.
>
>
> "Annette" wrote in message
> news:9elos1$8q1$1@ctb-nnrp1.saix.net...
>> My pa het definitief 'n spook gesien.Hy het my dit self vertel.
>> Een donker nag in Franschhoek. Met 'n af kop.
>> So hy kon nie sien of die spook rooi oë het, en dus gevaarlik was nie:)
>> Annette

>> Sakkie wrote in message ...
>>> Siende dat hierdie 'n kultuur nuusgroep behoort te wees, en
>>> spoke/spookstories so 'n integrale deel van ons kultuur is, wonder ek
>>> hardop. Bestaan spoke/geeste werklik. Persoonlik nog nooit een gesien nie.
>>> Ek het 'n teorie wat ek wil toets op julle ouens, maar soek eers opinies.
>>>
>>>
>
Re: Spoke, of nie spoke nie. [boodskap #42761 is 'n antwoord op boodskap #42755] Vr, 25 Mei 2001 18:51 Na vorige boodskapna volgende boodskap
emmy[1]  is tans af-lyn  emmy[1]
Boodskappe: 865
Geregistreer: April 2001
Karma: 0
Senior Lid
Annette schreef in berichtnieuws
9em320$anf$2@ctb-nnrp1.saix.net...
> Miskien sien ek nie spoke nie omdat ek sing as ek alleen is:))))

Uit Angst ?? Heb je soms een slecht geweten ;-))

Grt Emmy

> Wie's nou bang vir die Spook,
> Eendag word jy tog een ook.
> Wie weet, oor 'n honderd jaar,
> Sien ons twee dalk weer mekaar.
> ( Al Debbo)
>
> Sakkie wrote in message ...
>>
>> Nee man Annette, dit tel net as jy hom(dit) SELF gesien het. Ek weet 'n ou
>> is veronderstel om jou ouers te glo, maar hulle het my ook vertel van die
>> tandmuis, paashaas, vaderkrismis, Klaasvakie, feetjies, kaboutertjies, die
>> man op die maan, ek gaan hare op my hande groei, magtag, die lys raak lank.
>>
>>
>> "Annette" wrote in message
>> news:9elos1$8q1$1@ctb-nnrp1.saix.net...
>>> My pa het definitief 'n spook gesien.Hy het my dit self vertel.
>>> Een donker nag in Franschhoek. Met 'n af kop.
>>> So hy kon nie sien of die spook rooi oë het, en dus gevaarlik was nie:)
>>> Annette
>
>>> Sakkie wrote in message ...
>>>> Siende dat hierdie 'n kultuur nuusgroep behoort te wees, en
>>>> spoke/spookstories so 'n integrale deel van ons kultuur is, wonder ek
>>>> hardop. Bestaan spoke/geeste werklik. Persoonlik nog nooit een gesien nie.
>>>> Ek het 'n teorie wat ek wil toets op julle ouens, maar soek eers opinies.
>>>>
>>
>
Re: Spoke, of nie spoke nie. [boodskap #42763 is 'n antwoord op boodskap #42733] Vr, 25 Mei 2001 19:10 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Davie Davis  is tans af-lyn  Davie Davis
Boodskappe: 1013
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Fri, 25 May 2001 12:19:12 +0200, "." wrote:


> Hoe kan jy sê iets bestaan nie, as mense dit 'n naam gegee het. Jy kan nie
> iets wat nie daar is 'n naam gee nie.

Okay, hier het ons darem weer een wat in die tokkelos glo.
Re: Spoke, of nie spoke nie. [boodskap #42764 is 'n antwoord op boodskap #42761] Vr, 25 Mei 2001 20:08 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Nee Emmy, ek is die kalmte vanself. Ek wag vir die ouderdom om angsaanvalle
te kry.
Alhoewel ek dink ek 'n goeie sangstem het, dink die spoke blykbaar nie so
nie;))))
Annette

emmy wrote in message ...
>
> Annette schreef in berichtnieuws
> 9em320$anf$2@ctb-nnrp1.saix.net...
>> Miskien sien ek nie spoke nie omdat ek sing as ek alleen is:))))
>
> Uit Angst ?? Heb je soms een slecht geweten ;-))
>
> Grt Emmy
>
>
>> Wie's nou bang vir die Spook,
>> Eendag word jy tog een ook.
>> Wie weet, oor 'n honderd jaar,
>> Sien ons twee dalk weer mekaar.
>> ( Al Debbo)

>> Sakkie wrote in message ...
>>>
>>> Nee man Annette, dit tel net as jy hom(dit) SELF gesien het. Ek weet 'n ou
>>> is veronderstel om jou ouers te glo, maar hulle het my ook vertel van die
>>> tandmuis, paashaas, vaderkrismis, Klaasvakie, feetjies, kaboutertjies, die
>>> man op die maan, ek gaan hare op my hande groei, magtag, die lys raak lank.
>>>
>>>
>>> "Annette" wrote in message
>>> news:9elos1$8q1$1@ctb-nnrp1.saix.net...
>>>> My pa het definitief 'n spook gesien.Hy het my dit self vertel.
>>>> Een donker nag in Franschhoek. Met 'n af kop.
>>>> So hy kon nie sien of die spook rooi oë het, en dus gevaarlik was nie:)
>>>> Annette
>>
>>>> Sakkie wrote in message ...
>>>> >Siende dat hierdie 'n kultuur nuusgroep behoort te wees, en
>>>> >spoke/spookstories so 'n integrale deel van ons kultuur is, wonder ek
>>>> >hardop. Bestaan spoke/geeste werklik. Persoonlik nog nooit een gesien nie.
>>>> >Ek het 'n teorie wat ek wil toets op julle ouens, maar soek eers opinies.
>>>> >
>>>
>>
>
Re: Spoke, of nie spoke nie. [boodskap #42780 is 'n antwoord op boodskap #42728] Sa, 26 Mei 2001 06:23 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Davie Davis  is tans af-lyn  Davie Davis
Boodskappe: 1013
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Sat, 26 May 2001 21:00:05 +1000, "me & bobby magee" wrote:

> En ons toilet in die ander huis het gereeld in die
> middel van die nag sommer so self "geflush" - die vorige eienaar het in die
> huis gesterf....

Heel interessante een dié Bobby, omdat ek dit meer as een keer gehoor
het. Sou dit beteken dat 'n spook ook 'n toilet gebruik?
Ook interessant omdat die eerste keer wat ek dit gehoor het, was dit
'n (vertelde) gebeure in 'n huis wat my vrou en ek gehuur het kort na
ons troue. En ons het die huis gehuur omdat die eienaar oornag
verhuis/gevlug het. Dit was enkele dae na sy vrou se dood.
En hy het werklik een oggend net sy goed gepak en gewaai.

Ons was die eerste intrekkers na sy uittog en ons het twee en 'n half
jaar daar gewoon. Ek gaan slegs enkele dinge vir julle uitstippel:

1. Die oggend na ons eerste nag daar het ek aan my skoonvader gesê
dat iets is nie lekker daar nie. Weke later uitgevind dat my vrou
het dieselfde oggend dieselfde woorde (of in dier voege natuurlik)
teenoor haar ma gebesig.
Dat die eienaar met spoed daar padgegee het, het ons maande later (na
heelwat navrae) uitgevind.

2. Die groot reun ('n opregte pavement special) het geweier om daar
te slaap. As dit donker word het hy uit die erf gebly tot die volgende
oggend. (Dit het sy suster nie gepla nie).

3. Nà drie jaar se inwoning daar kan ek julle grillerige dinge
vertel - maar ek gaan volstaan deur slegs dit te noem:
Nuwe huurders bly nie lank.
Na jare se geen kontak maak met mense wat in daardie omgewing woon,
besoek ek nie lank gelede mense wat twee huise daarvandaan woon.

Toe ons uit die huis stap en by my motor staan, dui ek in daardie huis
se rigting en vra: Wie woon daar?
Die antwoord was: Weet nie, mense bly nie lank daar nie, hulle sê dit
spook daar.

My vrou en ek het twee en 'n half jaar later verhuis omdat ons 'n eie
woning laat bou het.

DD
Re: Spoke, of nie spoke nie. [boodskap #42781 is 'n antwoord op boodskap #42735] Sa, 26 Mei 2001 07:21 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Druk op Gloudina se knoppie. Ek is seker sy sal iewers 'n skrywe vind dat
spoke werklik is:)))
Annette

Sakkie wrote in message ...
> Dat dit bestaan betweifel ek nie in die minste nie. Die groot vraag is:
> Bestaan dit werklik, met ander woorde dit is reël, of bestaan dit net in 'n
> mens se verbeelding. Die paashaas het ook 'n naam.....
>
>
> "." wrote in message
news:9elaop$6a0$1@ctb-nnrp1.saix.net...

>> "Hilda en Gervaas" wrote in message
>> news:YQpP6.866$X03.66211@afrodite.telenet-ops.be...

>>>
>>> Ek het ook nog nooit een gesien nie ... vir my bestaan hulle dus nie
> :-).
>>> Hilda.
>>>
>> Hoe kan jy sê iets bestaan nie, as mense dit 'n naam gegee het. Jy kan nie
>> iets wat nie daar is 'n naam gee nie. Ek dink daar is verskynsels naamlik
>> spoke of geeste, maar dit is natuurverskynsels, dalknet wasemm of so iets,
>> so wat ek wil sê mense het dit verkeerd benoem.

>> .



>
Re: Spoke, of nie spoke nie. [boodskap #42782 is 'n antwoord op boodskap #42749] Sa, 26 Mei 2001 07:22 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
So jy wil weet wie het ondersoek ingestel en kan onteenseglik bewys daar is
spoke?
Annette

. wrote in message ...
> Wel dit is wat ek bedoel het, as jy miskien op 'n donkernag, 'n wit ding
> sien aankom na jou toe. Is dit nie dalk net mistigheid of iets nie. Mense
> het vroeër geglo die wêreld is plat, en daar is groot see monsters. Tot
> hulle van nader af ondersoek ingestel het.
>
> .
>
> "Sakkie" wrote in message
> news:3b0e3814$0$248@helios.is.co.za...
>> Dat dit bestaan betweifel ek nie in die minste nie. Die groot vraag is:
>> Bestaan dit werklik, met ander woorde dit is reël, of bestaan dit net in 'n
>> mens se verbeelding. Die paashaas het ook 'n naam.....

>> "." wrote in message
> news:9elaop$6a0$1@ctb-nnrp1.saix.net...
>>>
>>> "Hilda en Gervaas" wrote in message
>>> news:YQpP6.866$X03.66211@afrodite.telenet-ops.be...
>>>
>>>>
>>>> Ek het ook nog nooit een gesien nie ... vir my bestaan hulle dus nie :-).
>>>> Hilda.
>>>>
>>> Hoe kan jy sê iets bestaan nie, as mense dit 'n naam gegee het. Jy kan nie
>>> iets wat nie daar is 'n naam gee nie. Ek dink daar is verskynsels naamlik
>>> spoke of geeste, maar dit is natuurverskynsels, dalknet wasemm of so iets,
>>> so wat ek wil sê mense het dit verkeerd benoem.
>>>
>>> .
>>>
>
Re: Spoke, of nie spoke nie. [boodskap #42783 is 'n antwoord op boodskap #42780] Sa, 26 Mei 2001 07:26 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
So Davie, jy het net die gevoel van die spook gekry?:)
Annette

Davie Davis wrote in message ...
> On Sat, 26 May 2001 21:00:05 +1000, "me & bobby magee"
> wrote:
>
>> En ons toilet in die ander huis het gereeld in die
>> middel van die nag sommer so self "geflush" - die vorige eienaar het in die
>> huis gesterf....
>
> Heel interessante een dié Bobby, omdat ek dit meer as een keer gehoor
> het. Sou dit beteken dat 'n spook ook 'n toilet gebruik?
> Ook interessant omdat die eerste keer wat ek dit gehoor het, was dit
> 'n (vertelde) gebeure in 'n huis wat my vrou en ek gehuur het kort na
> ons troue. En ons het die huis gehuur omdat die eienaar oornag
> verhuis/gevlug het. Dit was enkele dae na sy vrou se dood.
> En hy het werklik een oggend net sy goed gepak en gewaai.
>
> Ons was die eerste intrekkers na sy uittog en ons het twee en 'n half
> jaar daar gewoon. Ek gaan slegs enkele dinge vir julle uitstippel:
>
> 1. Die oggend na ons eerste nag daar het ek aan my skoonvader gesê
> dat iets is nie lekker daar nie. Weke later uitgevind dat my vrou
> het dieselfde oggend dieselfde woorde (of in dier voege natuurlik)
> teenoor haar ma gebesig.
> Dat die eienaar met spoed daar padgegee het, het ons maande later (na
> heelwat navrae) uitgevind.
>
> 2. Die groot reun ('n opregte pavement special) het geweier om daar
> te slaap. As dit donker word het hy uit die erf gebly tot die volgende
> oggend. (Dit het sy suster nie gepla nie).
>
> 3. Ná drie jaar se inwoning daar kan ek julle grillerige dinge
> vertel - maar ek gaan volstaan deur slegs dit te noem:
> Nuwe huurders bly nie lank.
> Na jare se geen kontak maak met mense wat in daardie omgewing woon,
> besoek ek nie lank gelede mense wat twee huise daarvandaan woon.
>
> Toe ons uit die huis stap en by my motor staan, dui ek in daardie huis
> se rigting en vra: Wie woon daar?
> Die antwoord was: Weet nie, mense bly nie lank daar nie, hulle sê dit
> spook daar.
>
> My vrou en ek het twee en 'n half jaar later verhuis omdat ons 'n eie
> woning laat bou het.
>
>
> DD
>
Re: Spoke, of nie spoke nie. [boodskap #42784 is 'n antwoord op boodskap #42783] Sa, 26 Mei 2001 07:58 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Davie Davis  is tans af-lyn  Davie Davis
Boodskappe: 1013
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Sat, 26 May 2001 09:26:29 +0200, "Annette" wrote:

> So Davie, jy het net die gevoel van die spook gekry?:)
> Annette

Ek gaan nou my motor was en sal jou nou nou hierop antwoord Annette

DD
Re: Spoke, of nie spoke nie. [boodskap #42787 is 'n antwoord op boodskap #42783] Sa, 26 Mei 2001 09:38 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Davie Davis  is tans af-lyn  Davie Davis
Boodskappe: 1013
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Sat, 26 May 2001 09:26:29 +0200, "Annette" wrote:

> So Davie, jy het net die gevoel van die spook gekry?:)
> Annette
>

Ne Annette, jou afleiding is verkeerd.

Sakkie gooi net 'n klip in die bos en sit dan en kyk wat storm daar
uit. Sy enigste deelname aan die gesprek was so niksseggend as kan
kom:
Hoe klink dit vir jou?
> Dat dit bestaan betweifel ek nie in die minste nie. Die groot vraag is:
> Bestaan dit werklik, met ander woorde dit is reël, of bestaan dit net in 'n
> mens se verbeelding. Die paashaas het ook 'n naam.....

Hy "betweifel" dit nie maar wonder in die volgende sin of sy 'nie
betweifeling' nie dalk neerkom op 'n 'tweifelagtige' werking van die
kop nie.

DD
Re: Spoke, of nie spoke nie. [boodskap #42790 is 'n antwoord op boodskap #42763] Sa, 26 Mei 2001 11:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Mafuta  is tans af-lyn  Mafuta
Boodskappe: 196
Geregistreer: April 1998
Karma: 0
Senior Lid
"Davie Davis" skryf in boodskap news:rebtgt4kkk2qfactup8e2118tfifbnd1bs@4ax.com...
> On Fri, 25 May 2001 12:19:12 +0200, "." wrote:

> Okay, hier het ons darem weer een wat in die tokkelos glo.

Ek glo definitief in die tokkelos! Veral as ek sien hoe dinge kan verkeerd
loop... Daar is tokkelossies orals in die wereld, veral Hier Onder, en
hulle noem dit net "gremlins", maar hulle is regtig hier. Het self nog nie
een gesien nie, maar wel onder een deurgeloop!
Spoke is 'n ander storie... Weet nie of ek dit glo of nie, maar darem al
baie stories gehoor. En ons toilet in die ander huis het gereeld in die
middel van die nag sommer so self "geflush" - die vorige eienaar het in die
huis gesterf.... Nou woon ons langs die reservaat sodat al die gediertes
hier die spoke kan wegjaag...
Re: Spoke, of nie spoke nie. [boodskap #42792 is 'n antwoord op boodskap #42781] Sa, 26 Mei 2001 12:24 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Annette wrote:

> Druk op Gloudina se knoppie. Ek is seker sy sal iewers 'n skrywe vind dat
> spoke werklik is:)))

En hoekom dink jy so, Annette?
Ek is egter baie geinteresseerd in die verskynsel van
mense-wat-glo-in-spoke-al-dan-nie. Dis 'n sielkundige
verskynsel.

Gloudina
Re: Spoke, of nie spoke nie. [boodskap #42793 is 'n antwoord op boodskap #42728] Sa, 26 Mei 2001 13:56 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Davie Davis  is tans af-lyn  Davie Davis
Boodskappe: 1013
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Sat, 26 May 2001 12:24:41 GMT, @home.com wrote:

> Annette wrote:
>
>> Druk op Gloudina se knoppie. Ek is seker sy sal iewers 'n skrywe vind dat
>> spoke werklik is:)))
>
> En hoekom dink jy so, Annette?
> Ek is egter baie geinteresseerd in die verskynsel van
> mense-wat-glo-in-spoke-al-dan-nie. Dis 'n sielkundige
> verskynsel.
>
> Gloudina

Gloudina ou dier, jy spook buitendien by iedereen op die ng

DD
Re: Spoke, of nie spoke nie. [boodskap #42799 is 'n antwoord op boodskap #42728] Sa, 26 Mei 2001 15:54 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Om spoke te sien of daaraan te glo is 'n sielkundige verskynsel?
Glo nie - vertel my meer hoekom jy so sou dink.
Annette

@home.com wrote in message ...
> Annette wrote:
>
>> Druk op Gloudina se knoppie. Ek is seker sy sal iewers 'n skrywe vind dat
>> spoke werklik is:)))
>
> En hoekom dink jy so, Annette?
> Ek is egter baie geinteresseerd in die verskynsel van
> mense-wat-glo-in-spoke-al-dan-nie. Dis 'n sielkundige
> verskynsel.
>
> Gloudina
>
Re: Spoke, of nie spoke nie. [boodskap #42803 is 'n antwoord op boodskap #42728] Sa, 26 Mei 2001 17:23 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Sterrenkijker[1]  is tans af-lyn  Sterrenkijker[1]
Boodskappe: 393
Geregistreer: November 2000
Karma: 0
Senior Lid
Hoe meer julle praat oor spoke, hoe beter ek die spoke kan sien!

Met beste groete,

Norbert (uit Vlaanderen)

"Sakkie" schreef:

> Siende dat hierdie 'n kultuur nuusgroep behoort te wees, en
> spoke/spookstories so 'n integrale deel van ons kultuur is, wonder ek
> hardop. Bestaan spoke/geeste werklik. Persoonlik nog nooit een gesien nie.
> Ek het 'n teorie wat ek wil toets op julle ouens, maar soek eers opinies.
>
Re: Spoke, of nie spoke nie. [boodskap #42815 is 'n antwoord op boodskap #42799] So, 27 Mei 2001 00:48 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Suzan  is tans af-lyn  Suzan
Boodskappe: 42
Geregistreer: Desember 1999
Karma: 0
Volle Lid
Annette schreef in berichtnieuws
9eok45$ipu$2@ctb-nnrp2.saix.net...
> Om spoke te sien of daaraan te glo is 'n sielkundige verskynsel?
> Glo nie - vertel my meer hoekom jy so sou dink.

Als je nog nooit van spoken hebt gehoord zie je ze niet en bestaan ze ook
niet....
dus ook niet in je verbeelding.
Alleen mensen die ooit eens van maria verschijningen hebben gehoord maken
het mee
anders gelovige maken dat nooit mee.......hetzelfde met Christus wonden.
Ik geloof niet in spoken.....zou graag een zien dan wist ik dat er een
hiernamaals was.
Mijn overleden moeder zou me zeker een teken hebben gegeven als dat mogelijk
was.

Grt Emmy

Dat is wat Cloudina zegt.

Grt Emmy

> Annette
>
> @home.com wrote in message ...
>> Annette wrote:
>>
>>> Druk op Gloudina se knoppie. Ek is seker sy sal iewers 'n skrywe vind dat
>>> spoke werklik is:)))
>>
>> En hoekom dink jy so, Annette?
>> Ek is egter baie geinteresseerd in die verskynsel van
>> mense-wat-glo-in-spoke-al-dan-nie. Dis 'n sielkundige
>> verskynsel.
>>
>> Gloudina
>>
>
Re: Spoke, of nie spoke nie. [boodskap #42823 is 'n antwoord op boodskap #42728] So, 27 Mei 2001 06:25 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Sakkie[3]  is tans af-lyn  Sakkie[3]
Boodskappe: 488
Geregistreer: Mei 2001
Karma: 0
Senior Lid
Ja oukei, ek het 'n klip in die bos gegooi, en ek glo ook partykeer ek kan
iewers 'n skroef los hê. Veral as ek kyk hoe vergelyk dit wat ek bereik met
dit wat ek probeer doen.

Hier is my probleem met spoke. Ek het nog nooit gehoor van 'n kaalgat spook
nie. Nou vra 'n man jouself af: Nou wat daarvan.

Ek dink dis baie belangrik. Beteken dit nou dat klere ook 'n nadoodse
bestaan/vorm het. Sekerlik lewe klere nie, en as hulle nie lewe nie kan
hulle nie siele/geeste hê sodat spoke kan klere dra nie. Ek het al van
spookstories gehoor waar die spook se kleredrag in groot "detail" beskryf
word. Soveel so dat sulke spoke gedateer kan word.

Die afkop man op die perd.... Ek het 'n groot probleem met die perd se saal
en toebehore. Iewers loop daar 'n spook bees rond sonder vel, want sy vel
is gebruik om die spookperd se saal van te maak. Wat van die metaal wat
gebruik word om sale tome ens. aanmekaar te hou. Kan ons natuurlike elemente
nou skielik ook sterf en spoke word.

Ek wonder net.
Re: Spoke, of nie spoke nie. [boodskap #42829 is 'n antwoord op boodskap #42823] So, 27 Mei 2001 07:33 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Sakkie - jy word heeltemal te tegnies.
Die spoke wat die mense hier sien is net wesens, en geklee in die klere, of
saam met die diere, waarmee hulle die ondermaanse verlaat het.
Hulle kan nie rus vir hul siel kry voordat 'n saak nie uitgeklaar word nie,
en daarom bly hulle verskyn - definiteif nie in vlees en bloed vorm nie,
meer in 'n waserige vorm, waar mens gewoonlik nie die gelaatstrekke duidelik
kan onderskei nie - maar wel kan aflei of dit manlik of vroulik is.
Jy moet maar aanneem dat die wat rok dra vroulik is, want om 'n vroulike
spook se rok op te lig is om vir moeilikheid te soek:)))
Hulle het ook altyd dieselfde klere aan wat in dieselfde toestand bly - dit
word nie vuiler of skoner nie - en toon geen teken van skifting nie.
Dit is wat ek dink.
As ek egter my boek oor spoke wat ek die beste ken, naslaan - weet ek nie
wat jy bedoel met klere nie - Casper The Friendly Ghost en sy ooms het nie
een klere aan nie:))))
Annette

Sakkie wrote in message ...
> Ja oukei, ek het 'n klip in die bos gegooi, en ek glo ook partykeer ek kan
> iewers 'n skroef los hê. Veral as ek kyk hoe vergelyk dit wat ek bereik met
> dit wat ek probeer doen.
>
> Hier is my probleem met spoke. Ek het nog nooit gehoor van 'n kaalgat spook
> nie. Nou vra 'n man jouself af: Nou wat daarvan.
>
> Ek dink dis baie belangrik. Beteken dit nou dat klere ook 'n nadoodse
> bestaan/vorm het. Sekerlik lewe klere nie, en as hulle nie lewe nie kan
> hulle nie siele/geeste hê sodat spoke kan klere dra nie. Ek het al van
> spookstories gehoor waar die spook se kleredrag in groot "detail" beskryf
> word. Soveel so dat sulke spoke gedateer kan word.
>
> Die afkop man op die perd.... Ek het 'n groot probleem met die perd se saal
> en toebehore. Iewers loop daar 'n spook bees rond sonder vel, want sy vel
> is gebruik om die spookperd se saal van te maak. Wat van die metaal wat
> gebruik word om sale tome ens. aanmekaar te hou. Kan ons natuurlike elemente
> nou skielik ook sterf en spoke word.
>
> Ek wonder net.
>
Re: Spoke, of nie spoke nie. [boodskap #42830 is 'n antwoord op boodskap #42787] So, 27 Mei 2001 07:36 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Wel, ek weet nie - dit lyk of ek 'n teer punt by jou aangeraak het, en nou
wil jy die misreen aflei na Sakkie toe?:)))
Ek kan natuurlik geensins 'n vinger na Sakkie wys nie.
Ek het ook daardie klein-hondjie-by-die-hondeskou mentaliteit:))))
Annette

Davie Davis wrote in message ...
> On Sat, 26 May 2001 09:26:29 +0200, "Annette"
> wrote:
>
>> So Davie, jy het net die gevoel van die spook gekry?:)
>> Annette

>
> Ne Annette, jou afleiding is verkeerd.
>
>
> Sakkie gooi net 'n klip in die bos en sit dan en kyk wat storm daar
> uit. Sy enigste deelname aan die gesprek was so niksseggend as kan
> kom:
> Hoe klink dit vir jou?
>> Dat dit bestaan betweifel ek nie in die minste nie. Die groot vraag is:
>> Bestaan dit werklik, met ander woorde dit is reël, of bestaan dit net in 'n
>> mens se verbeelding. Die paashaas het ook 'n naam.....
>
> Hy "betweifel" dit nie maar wonder in die volgende sin of sy 'nie
> betweifeling' nie dalk neerkom op 'n 'tweifelagtige' werking van die
> kop nie.
>
> DD
>
Re: Spoke, of nie spoke nie. [boodskap #42832 is 'n antwoord op boodskap #42728] So, 27 Mei 2001 08:35 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Suzan  is tans af-lyn  Suzan
Boodskappe: 42
Geregistreer: Desember 1999
Karma: 0
Volle Lid
Danielle schreef in berichtnieuws
4051hts72p96l1gglsichjkg19kc85ed5i@4ax.com...

>> Dat is wat Cloudina zegt.
>
> Jy gebruik altyd die germaanse vorm van daardie naam. Waarom? :-)

Even terzijde Suzan is mijn dochter die ook wel eens op een nieuwsgroep
zit hier thuis ;-)) ik vergeet dan de naam te veranderen....
Ik zie dat ik de naam met een C en niet met een G schrijf...is dat
germaans??

Foutje van mij dus!!

Grt Emmy

>
>
>
>
>
> -----= Posted via Newsfeeds.Com, Uncensored Usenet News =-----
> http://www.newsfeeds.com - The #1 Newsgroup Service in the World!
> -----== Over 80,000 Newsgroups - 16 Different Servers! =-----
Re: Spoke, of nie spoke nie. [boodskap #42837 is 'n antwoord op boodskap #42815] So, 27 Mei 2001 12:09 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Davie Davis  is tans af-lyn  Davie Davis
Boodskappe: 1013
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Sun, 27 May 2001 02:48:41 +0200, "Suzan" wrote:

>
> Annette schreef in berichtnieuws
> 9eok45$ipu$2@ctb-nnrp2.saix.net...

> Als je nog nooit van spoken hebt gehoord zie je ze niet en bestaan ze ook
> niet....
> dus ook niet in je verbeelding.

dis nét hiér Emmy, wat ek besluit het dat ek nog nooit van Jan Taks
gehoor het nie. So volgens jou bestaan die ontvanger van inkomste
belasting dan nie!
(en as die ontvanger van my weet Emmy?)

en dat is wat Davie zegt.

>
>
> Dat is wat Cloudina zegt.
>
>
> Grt Emmy
>
>> Annette

>> @home.com wrote in message ...
>>> Annette wrote:
>>>
>>>> Druk op Gloudina se knoppie. Ek is seker sy sal iewers 'n skrywe vind dat
>>>> spoke werklik is:)))
>>>
>>> En hoekom dink jy so, Annette?
>>> Ek is egter baie geinteresseerd in die verskynsel van
>>> mense-wat-glo-in-spoke-al-dan-nie. Dis 'n sielkundige
>>> verskynsel.
>>>
>>> Gloudina
>>>
>

14c
Re: Spoke, of nie spoke nie. [boodskap #42838 is 'n antwoord op boodskap #42830] So, 27 Mei 2001 12:11 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Davie Davis  is tans af-lyn  Davie Davis
Boodskappe: 1013
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Sun, 27 May 2001 09:36:12 +0200, "Annette" wrote:

> Ek het ook daardie klein-hondjie-by-die-hondeskou mentaliteit:))))
> Annette
>

GRRRRR....!!!!!!!

DD
Re: Spoke, of nie spoke nie. [boodskap #42845 is 'n antwoord op boodskap #42838] So, 27 Mei 2001 14:30 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
kefkefkefkefkefkefkef:))))
Annette

Davie Davis wrote in message ...
> On Sun, 27 May 2001 09:36:12 +0200, "Annette"
> wrote:
>
>
>> Ek het ook daardie klein-hondjie-by-die-hondeskou mentaliteit:))))
>> Annette

>
> GRRRRR....!!!!!!!
>
> DD
>
Re: Spoke, of nie spoke nie. [boodskap #42862 is 'n antwoord op boodskap #42728] So, 27 Mei 2001 17:59 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Suzan  is tans af-lyn  Suzan
Boodskappe: 42
Geregistreer: Desember 1999
Karma: 0
Volle Lid
Danielle schreef in berichtnieuws
f0d2ht84a7c2991i4nfsj01hc8o548r05p@4ax.com...
> On Sun, 27 May 2001 10:35:55 +0200, "Suzan"
> wrote:

> Nee, dis geen foutje nie Emmy. :-) Het maar net gewonder waarom jy
> dit altyd met 'n "C" skryf. Julle Hollanders kan mos nie eintlik die
> "G" uitspreek soos ons dit doen nie ? Dit is so (harde)
> keelskoonmakende klank. :-)))

In het zuiden van NL is de G klank wel zacht..een beetje zoals de ZA doen.
Heb je de G van schotten al gehoord?? Ook beetje keelschoonmakend;-))

Grt Emmy
Re: Spoke, of nie spoke nie. [boodskap #42938 is 'n antwoord op boodskap #42728] Ma, 28 Mei 2001 15:56 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Max  is tans af-lyn  Max
Boodskappe: 1496
Geregistreer: Februarie 2004
Karma: 0
Senior Lid
Die Belge sal eerder "gh", of sg. "sag". NL se g is dieselfte as ons
s'n. Hulle spreek ook "ch" as "g" uit. "school" word as "sgoul"
uitgespreek :-)
____________________________________________________________ ______

"Danielle" skryf in boodskap news:f0d2ht84a7c2991i4nfsj01hc8o548r05p@4ax.com...
> On Sun, 27 May 2001 10:35:55 +0200, "Suzan"
> wrote:
>
>
>>>> Dat is wat Cloudina zegt.
>
>>> Jy gebruik altyd die germaanse vorm van daardie naam. Waarom? :-)
>>
>> Even terzijde Suzan is mijn dochter die ook wel eens op een nieuwsgroep
>> zit hier thuis ;-)) ik vergeet dan de naam te veranderen....
>> Ik zie dat ik de naam met een C en niet met een G schrijf...is dat
>> germaans??
>>
>> Foutje van mij dus!!
>
> Nee, dis geen foutje nie Emmy. :-) Het maar net gewonder waarom jy
> dit altyd met 'n "C" skryf. Julle Hollanders kan mos nie eintlik die
> "G" uitspreek soos ons dit doen nie ? Dit is so (harde)
> keelskoonmakende klank. :-)))
> Ons skryf soms soos ons praat (of dinge uitspreek) - dit was waarom ek
> gewonder het.
> Suzan is 'n mooi naam. Ons het ook baie Susan's en variasies daarvan
> in beide Amerika en Suid Afrika. :-)
>
>
>
> -----= Posted via Newsfeeds.Com, Uncensored Usenet News =-----
> http://www.newsfeeds.com - The #1 Newsgroup Service in the World!
> -----== Over 80,000 Newsgroups - 16 Different Servers! =-----
Spoke, of nie spoke nie. [boodskap #120275 is 'n antwoord op boodskap #42728] Sa, 19 Maart 2016 21:07 Na vorige boodskap
adnina....  is tans af-lyn  adnina....
Boodskappe: 1
Geregistreer: Maart 2016
Karma: 0
Junior Lid
Ek sien soms duidelik. En soms net skaduwees. Drome wat realiseer.
Vorige onderwerp: Die betekenis van kuil/kuyl
Volgende onderwerp: Groete uit Amerika
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Apr 18 15:29:30 MGT 2024