Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » Afrikaanse gedig in Engels, seblief
Afrikaanse gedig in Engels, seblief [boodskap #39028] Do, 08 Februarie 2001 13:09 na volgende boodskap
Voetleuce  is tans af-lyn  Voetleuce
Boodskappe: 127
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Leuce:
Hallo... weet julle dalk wie hierdie gedig geskryf het? My eintlike kwerie
is, is daar 'n Engelse vertaling daarvan gemaak? Ek sou graag my hande op
daai vertaling wil lê. Dankie.

Hy sien die agies
dan wip hy, skielik mal,
van paal na klip,
van klip na krip
en spat die water
venynig-woes
dat almal keer en koes
maar as hul skater
vat hy die sak en vou dit oor sy hoof
verlate op 'n ashoop rou
hy oor wat hulle van hom roof:
ver vlaktes en blou dolomiet
'n hopie grys verdriet
Re: Afrikaanse gedig in Engels, seblief [boodskap #120836 is 'n antwoord op boodskap #39028] Ma, 22 Oktober 2018 06:15 Na vorige boodskap
Jan die Man  is tans af-lyn  Jan die Man
Boodskappe: 514
Geregistreer: Mei 2018
Karma: 22
Senior Lid
Hierdie gedig is "Harlekyn van die dieretuin" deur S.J. Pretorius (1917-1995).
Dit kom uit die bundel "Die Mummie en ander Verse" deur Human en Rousseau wat in 1963 gepubliseer is.
Ek twyfel of dit in Engels beskikbaar is.
Vorige onderwerp: "By Pramberg blêr 'n moflam" deur Boerneef
Volgende onderwerp: "Verlange" deur Toon van den Heever
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mar 28 13:53:16 MGT 2024