Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Troeteldiere » Honde NUUS ?????
Honde NUUS ????? [boodskap #36427] Ma, 13 November 2000 00:00 na volgende boodskap
Frikkie Potgieter[2]  is tans af-lyn  Frikkie Potgieter[2]
Boodskappe: 439
Geregistreer: November 2000
Karma: 0
Senior Lid
Om nie agter te raak by die huidige vloedgolf van hond verwante nuus
nie sal hierdie deeltydse nuusdiens die volgende bytend-skokkende nuus
op 'n hond-honger publiek loslaat (ons nuusdiens onderneem om geen
tand onaangeroer te laat nie):

Dit het vandag bekend geword dat daar onweerlegbare getuienis bestaan
dat 'n apartheids opgeleide hond met 'n Afrikaanse hanteerder gesien
is net voor die dood van John F Kennedy. Die FBI is dringend op soek
na iemand wat die woord "sa" verstaan. Dit spreek duidelik van 'n
apartheids sameswering.
Verskeie organisasies het daarop aangedring dat hierdie aangeleentheid
na die WVK, die menseregte kommmissie en die WNNR verwys word.

Die OVLT (Organisasie vir liberale troeteldiere) het daarop aangedring
dat alle polisie-, sekuriteits- en Malteserhonde onmiddelik onderwerp
sal word aan deurtastende persoonlikheidstoetse om te verseker dat
geen apartheids indoktrinering by hierdie ongelukkige diere oorgebly
het nie. Daar word ook ge-eis dat alle sulke honde verplig word om
donkerbrille te dra sodat geen kleure onderskei kan word nie. 'n
Verpligte dieet van ses Beeldkoerante per week word vir die arme diere
aanbeveel.

Ander organisasies dring egter steeds daarop aan dat hierdie duidelik
rassistiese honde met pikkewyne vervang word.

Die publiek sal vir die volgende sewe jaar vir 22 uur per dag aan
honde videos oor TV onderwep word, is bekend gemaak. Dit word gehoop
dat hierdie stappe die ernstigheid van die hond-situasie duidelik sal
maak aan 'n publiek wat te maklik kla oor gewone moord, roof,
verkragting en SABC programme.
Re: Honde NUUS ????? [boodskap #36485 is 'n antwoord op boodskap #36427] Di, 14 November 2000 00:00 Na vorige boodskap
lou[1]  is tans af-lyn  lou[1]
Boodskappe: 579
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
Frikkie Potgieter wrote:
>

Hey ou Frikkie het 'n humorsin!!! :)
Vorige onderwerp: Diere beskerming - advies vir 'n beter toekoms
Volgende onderwerp: Nuutste Honde Nuus
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mar 29 05:08:44 MGT 2024