Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Lekker » Musiek & liriek » "Kinders van die Wind" deur KOOS DU PLESSIS
"Kinders van die Wind" deur KOOS DU PLESSIS [boodskap #34319] Wo, 13 September 2000 12:31 na volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

KINDERS VAN DIE WIND
Koos du Plessis

Ek ken 'n ou, ou liedjie
van lewenswel en wee;
van lank vergane skepe in
die kelders van die see…

Die woorde is vergete
en tog, die deuntjie draal - -
soos vaag onthoude grepies
'n baie ou verhaal…

Van swerwers sonder rigting;
van soekers wat nooit vind…
En eindelik was almal maar
kinders van die wind.

Gesigte, drome, name
is deur die wind verwaai;
en waarheen ál die woorde is,
sou net 'n kind wou raai.

Swerwers sonder rigting;
soekers wat nooit vind…
En eindelik was almal maar
kinders van die wind.
Re: "Kinders van die Wind" deur KOOS DU PLESSIS [boodskap #34320 is 'n antwoord op boodskap #34319] Wo, 13 September 2000 12:35 Na vorige boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Ek het 'n woord uitgelaat in die sewende reel.
Dit moet lees "soos vaag onthoude grepies UIT."
Ek het dit hieronder reggemaak.
Gloudina

@home.com wrote:

> KINDERS VAN DIE WIND
> Koos du Plessis
>
> Ek ken 'n ou, ou liedjie
> van lewenswel en wee;
> van lank vergane skepe in
> die kelders van die see…
>
> Die woorde is vergete
> en tog, die deuntjie draal - -
> soos vaag onthoude grepies uit
> 'n baie ou verhaal…
>
> Van swerwers sonder rigting;
> van soekers wat nooit vind…
> En eindelik was almal maar
> kinders van die wind.
>
> Gesigte, drome, name
> is deur die wind verwaai;
> en waarheen ál die woorde is,
> sou net 'n kind wou raai.
>
> Swerwers sonder rigting;
> soekers wat nooit vind…
> En eindelik was almal maar
> kinders van die wind.
Vorige onderwerp: Nederlandse musiek
Volgende onderwerp: Afrikaanse musiek en lirieke
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Mar 19 06:42:46 MGT 2024