Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Lekker » Humor & grappe » Krokodil
Krokodil [boodskap #33939] Do, 31 Augustus 2000 19:19 na volgende boodskap
Hein Paul  is tans af-lyn  Hein Paul
Boodskappe: 21
Geregistreer: Augustus 2000
Karma: 0
Junior Lid
Kinders se sê goed

VRAAG; WAT IS 'N KROKODIL?

Antwoord:
Die krokodil is spesiaal so laag gebou want hoe platter hoe swemmer.
Voor aan die krokodil sit die kop. Die kop bestaan byna net uit tande.
Agteraan die krokodil groei die stert. Tusen die kop en die stert sit die
krokodil.

'n Krokodil sonder 'n stert noem ons 'n rotweiler.

'n Krokodil se lyf is oortrek met handsakmateriaal.

Hy kan sy stert afgooi as hy skrik, maar dit gebeur nie sommer nie want
'n krokodil skrik vir niks.

'n Krokodil bly onder die water want as jy so lelik was, sou jy ook onder
die water gebly het. Dit is goed dat 'n krokodil in die water bly want 'n
mens skrik so groot as 'n krokodil jou vang dat hy jou eers moet afspoel
voordat hy jou kan eet.

'n Krokodil is glad nie so gevaarlik soos mense sê nie, behalwe as hy jou
bykom. Hoe langer hy jou byt, hoe seerder word dit. Baie ou krokodille
suig hulle prooi dood.

As jy hom eet, is hy 'n krokosatie.

'n Krokodil het nie geleer om met sy arms te swem nie nou gebruik hy sy
stert.
Die kleinboetie van die krokodil is die likkewaan.
Die stadige sussie van die krokodil is die trapsuutjies.
Die verfynde broer van die krokodil is die daffodil. En dan het die
krokodil nog 'n dooie boetie - die frikkidil.
Re: Krokodil [boodskap #33949 is 'n antwoord op boodskap #33939] Vr, 01 September 2000 06:53 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ag Goudina lag bietjie!!! Ek het dit vreeslik oulik gevind. Of wil jy die
heeltyd sit en tob en skoor soek?

skryf in boodskap news:39AFD043.E6DC0BB3@home.com...
Hein Paul wrote:

> Kinders se sê goed

Ek raak so moeg vir grootmensewat dinge opmaak en dit dan aan
kinders toeskryf. Het hulle geen
volwasse dinge waarmee hulle
hul kan amuseer nie?

Gloudina

>
Re: Krokodil [boodskap #33962 is 'n antwoord op boodskap #33939] Vr, 01 September 2000 15:41 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Hein Paul wrote:

> Kinders se sê goed

Ek raak so moeg vir grootmensewat dinge opmaak en dit dan aan
kinders toeskryf. Het hulle geen
volwasse dinge waarmee hulle
hul kan amuseer nie?

Gloudina

>
Re: Krokodil [boodskap #33971 is 'n antwoord op boodskap #33939] Vr, 01 September 2000 18:54 Na vorige boodskapna volgende boodskap
MARIA PILLEMER  is tans af-lyn  MARIA PILLEMER
Boodskappe: 5
Geregistreer: September 2000
Karma: 0
Junior Lid
Ag nee wat! Waar's jou sin vir humor. Ek is Engelssprekend en het dit ook
net so baie geniet. Gaan so voort Hein.
MJPillemer

skryf in boodskap news:39AFD043.E6DC0BB3@home.com...
Hein Paul wrote:

> Kinders se sê goed

Ek raak so moeg vir grootmensewat dinge opmaak en dit dan aan
kinders toeskryf. Het hulle geen
volwasse dinge waarmee hulle
hul kan amuseer nie?

Gloudina

>
Re: Krokodil [boodskap #33975 is 'n antwoord op boodskap #33939] Vr, 01 September 2000 19:52 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

MARIA PILLEMER wrote:

> Ag nee wat! Waar's jou sin vir humor. Ek is Engelssprekend en het dit ook
> net so baie geniet. Gaan so voort Hein.
> MJPillemer
>
>
>
>

Die soort mense wat hierdie soort "humor"geniet, is heelwaarskynlik dieselfde
mense
wat die stories geniet oor die antwoorde
wat nie-blanke leerlinge in eksamens
kwytraak, of wat die Griekwa-psalms aan
Griekwas toedig maar wat deur Afrikaners
geskryf word. Dit lyk vir my daar is 'n hele
soort van kuberindustrie van hierdie soort
dinge in Suid-Afrika. Ek vind dit boring.

Gloudina
Re: Krokodil [boodskap #34033 is 'n antwoord op boodskap #33939] Di, 05 September 2000 04:53 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Rosie  is tans af-lyn  Rosie
Boodskappe: 94
Geregistreer: Maart 2000
Karma: 0
Volle Lid
Dit was 'n lekker stukkie laggoed. Dankie Hein.

skryf in boodskap news:39B3D289.4E56CD00@home.com...
> Thys de Wet wrote:
>
>> Laat my dink Goudina se druifies is nog suur!
>>
Re: Krokodil [boodskap #34049 is 'n antwoord op boodskap #33939] Di, 05 September 2000 11:49 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Lou  is tans af-lyn  Lou
Boodskappe: 436
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Kry tog 'n humorsin!

@home.com wrote:
>
> Hein Paul wrote:
>
>> Kinders se sê goed
>
> Ek raak so moeg vir grootmensewat dinge opmaak en dit dan aan
> kinders toeskryf. Het hulle geen
> volwasse dinge waarmee hulle
> hul kan amuseer nie?
>
> Gloudina
>
>>
>>
Re: Krokodil [boodskap #34063 is 'n antwoord op boodskap #33939] Di, 05 September 2000 20:21 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Davie Davis[2]  is tans af-lyn  Davie Davis[2]
Boodskappe: 133
Geregistreer: November 2000
Karma: 0
Senior Lid
On Fri, 01 Sep 2000 15:41:46 GMT, @home.com wrote:

> Hein Paul wrote:
>
>> Kinders se sê goed
>
> Ek raak so moeg vir grootmensewat dinge opmaak en dit dan aan
> kinders toeskryf.
********************
Toegegee Gloudina... waarom erken hulle nie outeurskap nie
*******************

Het hulle geen
> volwasse dinge waarmee hulle
> hul kan amuseer nie?
>
******************
ag jy's oud voor jou tyd
*************************

> Gloudina
>


>
Re: Krokodil [boodskap #34130 is 'n antwoord op boodskap #34049] Do, 07 September 2000 01:38 Na vorige boodskap
Protus  is tans af-lyn  Protus
Boodskappe: 26
Geregistreer: Augustus 2000
Karma: 0
Junior Lid
Ek het nou al 'n paar van haar ou goed gaan lees om te kyk of sy
regtig is, en ek kan jou verseker sy het geen humorsin nie. So baie
mense het haar al gevra net om ordentlik te wees, maar sy steur haar
nie aan ander mense se versoeke nie.

Ek het toe meer van die Johan in Minnesota ook gelees, en hy is 'n
heel ander ou as Davie en sy besef dit nie eers nie.

Dink jy nie sy is maar effe dom nie?
P.

Tue, 05 Sep 2000 13:49:31 +0200:: Lou
skrywe:

> Kry tog 'n humorsin!
>
> @home.com wrote:

>> Hein Paul wrote:

>>> Kinders se sê goed

>> Ek raak so moeg vir grootmensewat dinge opmaak en dit dan aan
>> kinders toeskryf. Het hulle geen
>> volwasse dinge waarmee hulle
>> hul kan amuseer nie?

>> Gloudina

>>>
>>>
Vorige onderwerp: 'n Kort grappie...hoop dit is toelaatbaar!
Volgende onderwerp: Afrikaase mop :) - Houtbeen
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Apr 20 00:13:21 MGT 2024