Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Lekker » Humor & grappe » 'n Grappie...
'n Grappie... [boodskap #31485] Vr, 09 Junie 2000 00:00
Charles van der Wath  is tans af-lyn  Charles van der Wath
Boodskappe: 49
Geregistreer: November 1999
Karma: 0
Volle Lid
Mugabe se persoonlike toordokter gee aan hom 'n pratende
spieeltjie. Hy hang dit bokant die goue krane in sy badkamer, en
elke oggend dan vra hy een of ander vraag vir die spieel. Die spieel
prys hom dan vreeslik. Dan voel hy sommer lekker en jaag deur
Harare se strate met sy kavalkade. Byvoorbeeld: 'Spieeltjie
spieeltjie aan die muur, wie in Afrika se brilraam sit die hoogste
bokant sy ore?' Dan antwoord die spieeltjie iets soos: 'U brilraam
sit die hoogste, o Moordenaar van die witmense se troeteldiere!'
Dan ry hy doodgelukkig parlement toe. Of 'Spieeltjie spieeltjie aan
die muur, wie in Afrika het die meeste plase?'
Dan antwoord die spieeltjie bv.: 'U het die meeste plase, o
Wedrenjaer deur die strate van Harare!' Een oggend vra hy vir die
spieeltjie: 'Spieeltjie spieeltjie aan die muur, wie in Afrika wring die
meeste ponde uit die kloue van die kolonialistiese Britte?' 'n Halfuur
later kom Mugabe by die parlement aan: Maar hy is woedend.
Stoom kom by sy ore uit, die krul is uit sy hare uit, en sy hande is
vol bloed en glasstukkies soos hy die spieel stukkend geslaan het.
'Wat makeer, o Verskrikker van Afrika se witmense?' vra een van
sy adjudante. Waarop Mugabe tandeknersend sis: 'Wie de fok
is HANSIE CRONJE???'
Vorige onderwerp: Grappie
Volgende onderwerp: Steriliseer..
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Apr 18 23:22:00 MGT 2024