Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Lekker » Sport & ontspanning » Bulle kraai koning
Bulle kraai koning [boodskap #4728] So, 14 Mei 2006 04:06 na volgende boodskap
Jonas  is tans af-lyn  Jonas
Boodskappe: 1070
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
Naelskraap - maar nou gaan die Bulle Suid-Afrika verteenwoordig in die
semi's.
Ek hoop net hulle sal hulle land met dieselfde passie en venyn in
Christchurch kan verteenwoordig as teen hul plaaslike opponente.

(Maar ek is seker dat Hansie Cronje se spook die Stormers omgekoop het.
Ek weet net nie of dieselfde spook vir Jake White bygekom het om soveel
Stormer spelers in sy groep in te sluit nie. Die Stormers se spel is 'n
klad op SA rugby se naam.)
Re: Bulle kraai koning [boodskap #4733 is 'n antwoord op boodskap #4728] Ma, 15 Mei 2006 07:36 Na vorige boodskap
Suidwester  is tans af-lyn  Suidwester
Boodskappe: 1579
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ja, ag eintlik is die Bulle die enigste span in SA wat al die ander SA spanne
kon klop, soms wreed soos teen die Sharks maar dan weer het die spul Haaie
dan ook begin velle verkoop voor die bokke eers geskiet was? Leer tog nou
een ding, die wedstryd is nie verby tot die eindfluitjie geblaas het nie.
Wat iemand soos De Wet Barry nog in die Stormers soek, is 'n groot vraag
en om hom dan weer nog vir die Bokke nader te hark?! Lyk my Jake wil nie
wen nie! Maar hy glo mos verdediging wen die WB en so sal hy met sy
patroontjierugby ook rustig ondergaan.....

Jonas" wrote in message
news:1147579615.391239.108530@j73g2000cwa.googlegroups.com.. .
> Naelskraap - maar nou gaan die Bulle Suid-Afrika verteenwoordig in die
> semi's.
> Ek hoop net hulle sal hulle land met dieselfde passie en venyn in
> Christchurch kan verteenwoordig as teen hul plaaslike opponente.
>
> (Maar ek is seker dat Hansie Cronje se spook die Stormers omgekoop het.
> Ek weet net nie of dieselfde spook vir Jake White bygekom het om soveel
> Stormer spelers in sy groep in te sluit nie. Die Stormers se spel is 'n
> klad op SA rugby se naam.)
>
Vorige onderwerp: Bloubulle - ware kleure
Volgende onderwerp: Rugby en die Valke
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mar 29 10:53:16 MGT 2024