Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » " I think I am the first " deur ANTJIE KROG
" I think I am the first " deur ANTJIE KROG [boodskap #4686] Do, 04 Mei 2006 22:26
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"I think I am the first" - Lady Anne op Tafelberg
Antjie Krog

skilder kan jy dit nie verf sal faal
in die oploop onder watervalle wat rag
van ravyn en klip onder ons
pootstamp en stuif die berg sag
in die mis alles geborge mekaar by naam
gaan
tog gaan hoekom wag
want smal lyk ineens ons grinterige loopgraaf van taal

maar jou voete minsame bergstapper
in tamatiesokke en klimstewels
beweeg rustig van klip tot klip
vir my bysiende oë word die newels
draderig ons twee figuurtjies strek langs die hang
waar net wasem fyn veeg tussen rots en wang
vlekkerige heideveld proteas soos rugsakke voëls
waar my hande ook al vat jakker

ritssluitertjies kleur. die klim wis
alles tussen ons uit saam kom die slymspoor
van tong wat die berg verwoord
dunner dun klop my bloedspriet soos ons hoër
klim jou sekure voetstap altyddeur voor my
reën wat skedelnat keel-af gly
uit Platteklipkloof boor
die eerste wind om wat smal setlaar is.
Vorige onderwerp: " Die Klippe praat " deur P.J. PHILANDER
Volgende onderwerp: "Hulle wat nooit van moord aangekla word nie" deur JOHAN VAN WYK
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 16 08:24:30 MGT 2024