Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Lekker » TV, flieks & vermaak » Hotel Rwanda
Hotel Rwanda [boodskap #4603] Sa, 22 April 2006 01:23 na volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4804
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ek sopas Hotel Rwanda vir die eerste keer gesien.
Ek weet dat groot dele daarvan in SA verfilm was.
Watter dele en waar?

Gloudina
Re: Hotel Rwanda [boodskap #4607 is 'n antwoord op boodskap #4603] Sa, 22 April 2006 15:44 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11119
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Die oorgrote gedeelte van die prent is in en om Johannesburg geskiet - maar
daar was wel tonele in Rwanda self geskiet.
Die inligting kom van een van my kliënte, wat in die rolprent gespeel het.
--
Groetnis
Annette
wrote in message
news:1145669009.912162.322420@e56g2000cwe.googlegroups.com.. .
> Ek sopas Hotel Rwanda vir die eerste keer gesien.
> Ek weet dat groot dele daarvan in SA verfilm was.
> Watter dele en waar?
>
> Gloudina
>
Re: Hotel Rwanda [boodskap #4608 is 'n antwoord op boodskap #4607] Sa, 22 April 2006 19:25 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4804
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Annette skryf

> Die oorgrote gedeelte van die prent is in en om Johannesburg geskiet - maar
> daar was wel tonele in Rwanda self geskiet.

Dankie. Ek merk op dat die hooffiguur nou in België bly.
Daardie episode in die geskiedenis van Rwanda het baie
eienaardige dinge tot gevolg gehad. Die vrou van die
ambassadeur na Kanada uit Rwanda ( 'n Hutu) werk
nou as gesondheidshulp in ons gebou - ek dink hulle
gesin is asiel gegee nadat die Tutsi's oorgeneem het
en hulle weerwraak gevrees het.
Die karakter wat Nick Nolte speel, is losweg
gebaseer op die Kanadese hoof van die glad te klein
VVO teenwoordigheid in Rwanda op daardie tydstip.
Hy het desperaat hulp gevra, maar nog die VVO
direk, nog die VSA was bereid om meer soldate te
stuur. Vir jare het hy ongeveer aan skok gely,
denkende dat die wêreld hom blameer vir die slagting.
Eenkeer het hulle hom opgekrul op 'n bank in 'n park
in Montreal gekry. Daar is toe aktief probeer om hom
sielkundig te help. Hy het later 'n boek geskryf, en
het ook gaan getuig in die hofsaak wat in die afgelope
jaar of so oor die slagting deur die VVO geloods is.
Hy is verlede jaar benoem as senator en is nou 'n
populêre spreker en seker tot 'n groot mate herstel
van die trauma van Rwanda.

Gloudina
Re: Hotel Rwanda [boodskap #4609 is 'n antwoord op boodskap #4608] Sa, 22 April 2006 22:38 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4804
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
bouwer skryf

> Die karakter wat Nick Nolte speel, is losweg
> gebaseer op die Kanadese hoof van die glad te klein
> VVO teenwoordigheid in Rwanda op daardie tydstip.

Sy naam is Romeo D' Allaire.

Gloudina
Re: Hotel Rwanda [boodskap #4610 is 'n antwoord op boodskap #4608] Ma, 24 April 2006 09:51 Na vorige boodskapna volgende boodskap
nospam  is tans af-lyn  nospam
Boodskappe: 274
Geregistreer: Maart 2006
Karma: 0
Senior Lid
On 22 Apr 2006 12:25:01 -0700, bou...@rogers.com wrote:
> Hy is verlede jaar benoem as senator en is nou 'n
> populêre spreker en seker tot 'n groot mate herstel
> van die trauma van Rwanda.

Woensdag 2 Maart 2005 bl. 11
Beeld
Johannesburg Finaal
Illustrasie: grafika
foto: volkleur
Dodelike déjà vu
Lt. genl. Dallaire wéét daar is 'n God, want in Rwanda het hy hand
geskud met die duiwel

Die internasionale gemeenskap moet nóú uit die lesse van Rwanda leer
voordat dit in ander Afrikalande te laat is, het lt.genl. Roméo
Dallaire gepleit toe hy Suid-Afrika verlede week besoek het. Liezel de
Lange doen verslag.

'Ek weet daar is 'n God, want in Rwanda het ek die duiwel se hand
geskud. Ek het hom gesien, geruik en aan hom geraak.

"Ek weet die duiwel bestaan. Daarom weet ek ook daar is 'n God."

Lt.genl. Roméo Dallaire, hoof van Unamir - die Verenigde Nasies (VN)
se vredesending in Rwanda - tydens die menseslagting in 1994, kon eers
nege jaar daarna sy ervarings neerpen in die boek Shake hands with the
devil: The failure of humanity in Rwanda .

Hy moes eers met sy eie demone worstel - die terugflitse,
teleurstelling, bitterheid, woede, skuldgevoelens en moedeloosheid.

Die hope lyke op die vragmotors, langs die paaie en in die huise,
kerke en riviere spook steeds by hom. En die honderdduisende Rwandese
wat vergeefs op die wêreld gewag het om te help . . .

Dallaire het in 1994 na sy gesin in Kanada teruggekeer. Maar Rwanda
het diep letsels gelaat. Dit was eers nadat hy dié letsels deur sy
werk in die weermag probeer verswelg het, nadat hy probeer selfmoord
pleeg het en dronk onder 'n parkbankie in Quebec beland het, dat hy sy
lewe kon hervat.

Maar die wêreld het hom doof gehou

Dallaire is pynlik netjies en kiertsregop - soos dit 'n militêre man
betaam - toe hy by die Instituut vir Sekerheidstudies (ISS) in
Pretoria 'n lesing gee oor hoe vredesmagte 'n herhaling van die
Rwandese tragedie kan voorkom. Hy wy nou sy lewe aan studies en
lesings oor konflik en vredesendings.

Sy woorde is soms grappig-bitter, maar sy oë bly deurgaans dodelik
ernstig wanneer hy vertel hoe die wêreld Rwanda in die steek gelaat
het.

Dallaire het in Oktober 1993 in Rwanda aangekom as bevelvoerder van 'n
VN-vredesmag bestaande uit sowat 2 500 soldate van Ghana, België,
Bangladesj en Tunisië. Sy pogings om by die VN se veiligheidsraad 5
500 troepe te kry, was vrugteloos.

Unamir moes die inwerkingstelling van die Arusha-vredesverdrag tussen
die Tutsi's se Rwandese Patriotiese Front (RPF) en die Hutu-regering
monitor.

Minder as 'n jaar later moes Unamir magteloos toekyk hoe etniese haat
weer opkook en meer as 800 000 mense in 100 dae grusaam vermoor is.

Dallaire het maande vroeër al die tekens gelees en daagliks verslae na
die VN-hoofkantoor in New York gestuur.

Hy het alles aangemeld - die sporadiese grumoorde op Hutu-burgerlikes
met te voor die hand liggende bewyse dat dit die RPF was.

Die gevolglike haatspraak waarin die staatsradio Hutu's aangespoor het
om die inyezi (Tutsi-"kakkerlakke") te identifiseer (om hulle later te
vermoor). Die Hutu-regering se ontkenning van die bestaan van
wapenopslagplekke oral in die hoofstad Kigali . . .

Dallaire se pleidooie vir 'n mandaat om die jong Hutu-bendes te
ontwapen, het op dowe ore geval. Mnr. Kofi Annan, destyds hoof van
VN-vredesoperasies (nou sekretaris-generaal), het botweg geweier dat
Unamir op die wapenopslagplekke toeslaan.

In Februarie 1994 is mnr. Félicien Gatabazi, 'n gematigde Hutu,
vermoor nadat hy ekstremistiese regeringslui aangevat het. "Die
giftige pot van etniese haat is behoorlik omgeroer en was op die punt
om oor te kook," vertel Dallaire.

Teen 6 April het die veiligheidsraad gesê Unamir sal onttrek as die
Rwandese oorgangsregering nie ingevolge die Arusha-ooreenkoms aan
bewind kom nie. Later dié aand is pres. Juvénal Habyarimana, die
Hutu-leier, se vliegtuig oor Kigali neergeskiet.

Die RPF het die skuld gekry en die werklike bloedvergieting het begin.

Duisende vreesbevange Tutsi's en gematigde Hutu's het in VN-geboue
gaan skuil terwyl die presidensiële wag en interhamwe (militante
Hutujeugbendes) mense in hul huise en by padversperrings uitgemoor
het.

Dallaire onthou hoe duisende lyke op vragmotors weggery is terwyl die
bloed swart deur die bakwerk gesyfer het.

Help! En dan die stilte van 'n dooie lyn

"Honderde mense het in die kerke geskuil, waar die aanvallers hulle ry
vir ry met kapmesse afgemaai het. Rwanda se kerke het slaghuise
geword. Mense het God se beskerming daar gaan soek, maar in Lucifer
(die duiwel) se arms beland."

Dallaire het bly smeek vir nog troepe en toerusting, maar die wêreld
het gesê hy kan niks doen nie. Honderde troepe het in Rwanda aangekom
om buitelanders te ontruim. Dallaire vertel hoe desperate Rwandese
moes toekyk hoe Franse troepe hul werkgewers na veiligheid bring.

Tien Belgiese vredesoldate is in Kigali vermoor (iets waaroor Dallaire
hom steeds kasty) en België het besluit om sy magte te onttrek.

Die interhamwe het sowat 2 000 Rwandese wat by die Belgiese basis by
die Dom Bosco-skool geskuil het, afgemaai. Franse troepe het die
buitelanders by die skool betyds ontruim.

Dallaire se bitterheid jeens die Belgiese onttrekking slaan steeds
deur.

"Hier staan ek en toekyk, in die hart van een van die Belgiese koning
se voormalige kolonies, hoe die Belgiese troepe ons in die steek laat
te midde van een van die grootste slagtings van die eeu. En dit omdat
van hul beroepsoldate in die uitvoering van hul pligte dood is.

"Ek is gelos om met 'n klein mag 'n misdaad teen die mensdom te
aanskou waarvoor die Belge onwetend die grondslag gelê het." (België
het in die koloniale era die saad vir etniese konflik gesaai deur die
minderheid Tutsi's bo die meerderheid Hutu's te verhef.)

Intussen moes Dallaire met sy beperkte troepe probeer om diegene te
beskerm wie se name op die moordbendes se lyste was.

"Dit was angswekkend en surrealisties om met iemand te praat
(telefonies), soms iemand wat jy ken, om hulle te hoor smeek om hulp.
Om niks te kan doen nie behalwe die versekering te gee dat hulp op pad
is, en dan die gille te hoor, die skote, en die stilte van 'n dooie
lyn."

Dallaire praat baie oor sy hulpkrete wat nooit beantwoord is nie. Oor
die VN wat nie hulpbronne vir Rwanda gehad het nie terwyl massas
VN-hulp in Joego-Slawië ontplooi is. Oor die wêreld wat dit eers ná
ses weke 'n volksmoord genoem het.

Oor die ryk lande wat geweier het om soldate en infrastruktuur te gee.
Oor die Amerikaners wat nie die aanhitsing op die staatsradio wou keer
nie.

"Hulle het gesê Rwanda is 'n soewereine staat en dit sou te veel kos,
$8 500 per uur om 'n vliegtuig op te stuur wat die radioseine
blokkeer."

Hy was bang hy skiet die 'duiwels' dood

Dallaire het verseg om mnr. Boutros Boutros-Ghali, destyds
sekretarisgeneraal van die VN, se opdrag uit te voer om aan Rwanda te
onttrek.

"Ek het twee maal geweier. Die opdragte was wettig, maar immoreel. Ek
het 30 000 Rwandese onder my beskerming gehad. Hulle sou geslag word."

Dallaire het selfs so ver gegaan om met die interhamwe te onderhandel
om vlugtelinge deur hul gebiede te bring. Hy beskryf hoe hy voor een
só 'n ontmoeting die ammunisie uit sy vuurwapen gehaal het - hy was
bang dat hy in 'n onbesonne oomblik op die leiers sou losbrand.

"Op pad terug na die hoofkantoor (na dié ontmoeting) het ek gevoel ek
het met die duiwel hande geskud."

Dallaire meen talle betrokkenes moet die blaam dra vir die
menseslagting. "Daar is geen twyfel nie dat die Rwandese volksmoord
eerstens die verantwoordelikheid was van diegene wat dit beplan,
bestuur en uitgevoer het."

Maar die wêreld moes meer gedoen het. "As ek die 5 000 soldate gekry
het (waarvoor hy gevra het), sou ons dit gestop het."

Hy blameer ook homself. "Ek kon nie die internasionale gemeenskap
oortuig dat dit die moeite werd is om dié piepklein, arm en
oorbevolkte land en sy mense van 'n volksmoord te red nie."

En nou word dieselfde foute elders in Afrika begaan . . .

• Die artikel is gegrond op Dallaire se lesing by die ISS en sy boek.

Onderskrif: Lt.genl. Roméo Dallaire
Re: Hotel Rwanda [boodskap #4611 is 'n antwoord op boodskap #4610] Ma, 24 April 2006 13:45 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Armando Pellencin  is tans af-lyn  Armando Pellencin
Boodskappe: 1
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Junior Lid
Ons verstaan dit alles. Reeds êrens anders ook gelees. Maar sê asseblief
duidelik vir ons: wat is die punt van julle debat/bespreking?

"Ferdi Greyling" skryf in boodskap news:444c9e39.329217810@news.saix.co.za...
> On 22 Apr 2006 12:25:01 -0700, bou...@rogers.com wrote:
>
>
> > van die trauma van Rwanda.>>
>
> Woensdag 2 Maart 2005 bl. 11
> Beeld
> Johannesburg Finaal
> Illustrasie: grafika
> foto: volkleur
> Dodelike déjà vu
> Lt. genl. Dallaire wéét daar is 'n God, want in Rwanda het hy hand
> geskud met die duiwel
>
> Die internasionale gemeenskap moet nóú uit die lesse van Rwanda leer
> voordat dit in ander Afrikalande te laat is, het lt.genl. Roméo
> Dallaire gepleit toe hy Suid-Afrika verlede week besoek het. Liezel de
> Lange doen verslag.
>
> 'Ek weet daar is 'n God, want in Rwanda het ek die duiwel se hand
> geskud. Ek het hom gesien, geruik en aan hom geraak.
>
> "Ek weet die duiwel bestaan. Daarom weet ek ook daar is 'n God."
>
> Lt.genl. Roméo Dallaire, hoof van Unamir - die Verenigde Nasies (VN)
> se vredesending in Rwanda - tydens die menseslagting in 1994, kon eers
> nege jaar daarna sy ervarings neerpen in die boek Shake hands with the
> devil: The failure of humanity in Rwanda .
>
> Hy moes eers met sy eie demone worstel - die terugflitse,
> teleurstelling, bitterheid, woede, skuldgevoelens en moedeloosheid.
>
> Die hope lyke op die vragmotors, langs die paaie en in die huise,
> kerke en riviere spook steeds by hom. En die honderdduisende Rwandese
> wat vergeefs op die wêreld gewag het om te help . . .
>
> Dallaire het in 1994 na sy gesin in Kanada teruggekeer. Maar Rwanda
> het diep letsels gelaat. Dit was eers nadat hy dié letsels deur sy
> werk in die weermag probeer verswelg het, nadat hy probeer selfmoord
> pleeg het en dronk onder 'n parkbankie in Quebec beland het, dat hy sy
> lewe kon hervat.
>
> Maar die wêreld het hom doof gehou
>
> Dallaire is pynlik netjies en kiertsregop - soos dit 'n militêre man
> betaam - toe hy by die Instituut vir Sekerheidstudies (ISS) in
> Pretoria 'n lesing gee oor hoe vredesmagte 'n herhaling van die
> Rwandese tragedie kan voorkom. Hy wy nou sy lewe aan studies en
> lesings oor konflik en vredesendings.
>
> Sy woorde is soms grappig-bitter, maar sy oë bly deurgaans dodelik
> ernstig wanneer hy vertel hoe die wêreld Rwanda in die steek gelaat
> het.
>
> Dallaire het in Oktober 1993 in Rwanda aangekom as bevelvoerder van 'n
> VN-vredesmag bestaande uit sowat 2 500 soldate van Ghana, België,
> Bangladesj en Tunisië. Sy pogings om by die VN se veiligheidsraad 5
> 500 troepe te kry, was vrugteloos.
>
> Unamir moes die inwerkingstelling van die Arusha-vredesverdrag tussen
> die Tutsi's se Rwandese Patriotiese Front (RPF) en die Hutu-regering
> monitor.
>
> Minder as 'n jaar later moes Unamir magteloos toekyk hoe etniese haat
> weer opkook en meer as 800 000 mense in 100 dae grusaam vermoor is.
>
> Dallaire het maande vroeër al die tekens gelees en daagliks verslae na
> die VN-hoofkantoor in New York gestuur.
>
> Hy het alles aangemeld - die sporadiese grumoorde op Hutu-burgerlikes
> met te voor die hand liggende bewyse dat dit die RPF was.
>
> Die gevolglike haatspraak waarin die staatsradio Hutu's aangespoor het
> om die inyezi (Tutsi-"kakkerlakke") te identifiseer (om hulle later te
> vermoor). Die Hutu-regering se ontkenning van die bestaan van
> wapenopslagplekke oral in die hoofstad Kigali . . .
>
> Dallaire se pleidooie vir 'n mandaat om die jong Hutu-bendes te
> ontwapen, het op dowe ore geval. Mnr. Kofi Annan, destyds hoof van
> VN-vredesoperasies (nou sekretaris-generaal), het botweg geweier dat
> Unamir op die wapenopslagplekke toeslaan.
>
> In Februarie 1994 is mnr. Félicien Gatabazi, 'n gematigde Hutu,
> vermoor nadat hy ekstremistiese regeringslui aangevat het. "Die
> giftige pot van etniese haat is behoorlik omgeroer en was op die punt
> om oor te kook," vertel Dallaire.
>
> Teen 6 April het die veiligheidsraad gesê Unamir sal onttrek as die
> Rwandese oorgangsregering nie ingevolge die Arusha-ooreenkoms aan
> bewind kom nie. Later dié aand is pres. Juvénal Habyarimana, die
> Hutu-leier, se vliegtuig oor Kigali neergeskiet.
>
> Die RPF het die skuld gekry en die werklike bloedvergieting het begin.
>
> Duisende vreesbevange Tutsi's en gematigde Hutu's het in VN-geboue
> gaan skuil terwyl die presidensiële wag en interhamwe (militante
> Hutujeugbendes) mense in hul huise en by padversperrings uitgemoor
> het.
>
> Dallaire onthou hoe duisende lyke op vragmotors weggery is terwyl die
> bloed swart deur die bakwerk gesyfer het.
>
> Help! En dan die stilte van 'n dooie lyn
>
> "Honderde mense het in die kerke geskuil, waar die aanvallers hulle ry
> vir ry met kapmesse afgemaai het. Rwanda se kerke het slaghuise
> geword. Mense het God se beskerming daar gaan soek, maar in Lucifer
> (die duiwel) se arms beland."
>
> Dallaire het bly smeek vir nog troepe en toerusting, maar die wêreld
> het gesê hy kan niks doen nie. Honderde troepe het in Rwanda aangekom
> om buitelanders te ontruim. Dallaire vertel hoe desperate Rwandese
> moes toekyk hoe Franse troepe hul werkgewers na veiligheid bring.
>
> Tien Belgiese vredesoldate is in Kigali vermoor (iets waaroor Dallaire
> hom steeds kasty) en België het besluit om sy magte te onttrek.
>
> Die interhamwe het sowat 2 000 Rwandese wat by die Belgiese basis by
> die Dom Bosco-skool geskuil het, afgemaai. Franse troepe het die
> buitelanders by die skool betyds ontruim.
>
> Dallaire se bitterheid jeens die Belgiese onttrekking slaan steeds
> deur.
>
> "Hier staan ek en toekyk, in die hart van een van die Belgiese koning
> se voormalige kolonies, hoe die Belgiese troepe ons in die steek laat
> te midde van een van die grootste slagtings van die eeu. En dit omdat
> van hul beroepsoldate in die uitvoering van hul pligte dood is.
>
> "Ek is gelos om met 'n klein mag 'n misdaad teen die mensdom te
> aanskou waarvoor die Belge onwetend die grondslag gelê het." (België
> het in die koloniale era die saad vir etniese konflik gesaai deur die
> minderheid Tutsi's bo die meerderheid Hutu's te verhef.)
>
> Intussen moes Dallaire met sy beperkte troepe probeer om diegene te
> beskerm wie se name op die moordbendes se lyste was.
>
> "Dit was angswekkend en surrealisties om met iemand te praat
> (telefonies), soms iemand wat jy ken, om hulle te hoor smeek om hulp.
> Om niks te kan doen nie behalwe die versekering te gee dat hulp op pad
> is, en dan die gille te hoor, die skote, en die stilte van 'n dooie
> lyn."
>
> Dallaire praat baie oor sy hulpkrete wat nooit beantwoord is nie. Oor
> die VN wat nie hulpbronne vir Rwanda gehad het nie terwyl massas
> VN-hulp in Joego-Slawië ontplooi is. Oor die wêreld wat dit eers ná
> ses weke 'n volksmoord genoem het.
>
> Oor die ryk lande wat geweier het om soldate en infrastruktuur te gee.
> Oor die Amerikaners wat nie die aanhitsing op die staatsradio wou keer
> nie.
>
> "Hulle het gesê Rwanda is 'n soewereine staat en dit sou te veel kos,
> $8 500 per uur om 'n vliegtuig op te stuur wat die radioseine
> blokkeer."
>
> Hy was bang hy skiet die 'duiwels' dood
>
> Dallaire het verseg om mnr. Boutros Boutros-Ghali, destyds
> sekretarisgeneraal van die VN, se opdrag uit te voer om aan Rwanda te
> onttrek.
>
> "Ek het twee maal geweier. Die opdragte was wettig, maar immoreel. Ek
> het 30 000 Rwandese onder my beskerming gehad. Hulle sou geslag word."
>
> Dallaire het selfs so ver gegaan om met die interhamwe te onderhandel
> om vlugtelinge deur hul gebiede te bring. Hy beskryf hoe hy voor een
> sê 'n ontmoeting die ammunisie uit sy vuurwapen gehaal het - hy was
> bang dat hy in 'n onbesonne oomblik op die leiers sou losbrand.
>
> "Op pad terug na die hoofkantoor (na dié ontmoeting) het ek gevoel ek
> het met die duiwel hande geskud."
>
> Dallaire meen talle betrokkenes moet die blaam dra vir die
> menseslagting. "Daar is geen twyfel nie dat die Rwandese volksmoord
> eerstens die verantwoordelikheid was van diegene wat dit beplan,
> bestuur en uitgevoer het."
>
> Maar die wêreld moes meer gedoen het. "As ek die 5 000 soldate gekry
> het (waarvoor hy gevra het), sou ons dit gestop het."
>
> Hy blameer ook homself. "Ek kon nie die internasionale gemeenskap
> oortuig dat dit die moeite werd is om dié piepklein, arm en
> oorbevolkte land en sy mense van 'n volksmoord te red nie."
>
> En nou word dieselfde foute elders in Afrika begaan . . .
>
> . Die artikel is gegrond op Dallaire se lesing by die ISS en sy boek.
>
> Onderskrif: Lt.genl. Roméo Dallaire
Re: Hotel Rwanda [boodskap #4612 is 'n antwoord op boodskap #4611] Di, 25 April 2006 01:07 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4804
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Armando Pellencin skryf

> Ons verstaan dit alles. Reeds êrens anders ook gelees. Maar sê asseblief
> duidelik vir ons: wat is die punt van julle debat/bespreking?

Ons bespreek die film "Hotel Rwanda."
En die karakters wat daarin voorkom.


Gloudina
Re: Hotel Rwanda [boodskap #4613 is 'n antwoord op boodskap #4607] Di, 25 April 2006 04:40 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Otterkop  is tans af-lyn  Otterkop
Boodskappe: 378
Geregistreer: Maart 2006
Karma: 0
Senior Lid
Ekt nie geweet jys daaaai tipe girl nie


"Annette" wrote in message
news:JIOdncUGr_Cs0tfZnZ2dnUVZ_smdnZ2d@is.co.za...
> Die oorgrote gedeelte van die prent is in en om Johannesburg geskiet -
> maar
> daar was wel tonele in Rwanda self geskiet.
> Die inligting kom van een van my kliënte, wat in die rolprent gespeel
> het.
> --
> Groetnis
> Annette
> wrote in message
> news:1145669009.912162.322420@e56g2000cwe.googlegroups.com.. .
>> Ek sopas Hotel Rwanda vir die eerste keer gesien.
>> Ek weet dat groot dele daarvan in SA verfilm was.
>> Watter dele en waar?
>>
>> Gloudina
>>
>
>
Re: Hotel Rwanda [boodskap #4614 is 'n antwoord op boodskap #4613] Di, 25 April 2006 05:00 Na vorige boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11119
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Ek los jou maar by jou wilde gevolgtrekkings as dit jou gelukkig maak:))
--
Groetnis
Annette

"Otterkop" skryf in boodskap news:j4mdnUX_SvY-NdDZnZ2dnUVZ_umdnZ2d@is.co.za...
> Ekt nie geweet jys daaaai tipe girl nie
>
>
> "Annette" wrote in message
> news:JIOdncUGr_Cs0tfZnZ2dnUVZ_smdnZ2d@is.co.za...
>> Die oorgrote gedeelte van die prent is in en om Johannesburg geskiet -
>> maar
>> daar was wel tonele in Rwanda self geskiet.
>> Die inligting kom van een van my kliënte, wat in die rolprent gespeel
>> het.
>> --
>> Groetnis
>> Annette
>> wrote in message
>> news:1145669009.912162.322420@e56g2000cwe.googlegroups.com.. .
>>> Ek sopas Hotel Rwanda vir die eerste keer gesien.
>>> Ek weet dat groot dele daarvan in SA verfilm was.
>>> Watter dele en waar?
>>>
>>> Gloudina
>>>
>>
>
Vorige onderwerp: PVR
Volgende onderwerp: Multichoice
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Des 03 10:56:03 MGT 2023