Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » Vir Jonas
Vir Jonas [boodskap #4444] Vr, 24 Maart 2006 11:35 na volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Digter in sy Slaap Oorlede
Lina Spies

In memoriam: Wilhelm Knobel

Toe ek op die koerant se voorblad lees
jy's dood
het ek skielik hardop begin huil
met die onmiddellike skuldgevoel:
dis nie net om jou nie -
dis oor die katedraal waar mense in en uit loop,
oor die kerk wat toe staan,
oor die hospitaal wat geen ontslag gee nie,
maar slaap verseker
en die wakkerbly verbied
dat jy kan skape tel
totdat die Herder kom...

Later het ek jou gedigte herlees
en hulle was meteens anders
as toe ek oor hulle gefrons het,
verleë oor my ongeraaktheid en onbegrip,
in die dae van vriendskaplike verpligting:
die skemerwêreld van web en vin en wier
het jou vir my afgekamp.

Maar nou was die dood die toegang,
want vir die eerste keer het ek geweet
hoe vol jou verse daarvan is
en as jy oor sterwe skryf,
van woorde wat in jou keel gestik het,
dan vervloei dit tot
vinkeierblou
rooskleur van die kinderkamer
ligter-as-houtskool groen van seewier

Dit word soos die liefde
waarvoor jy gevlug het op straat
en gedink het ek sou ook,
sonder om te weet van 'n nagwandeling
en hoe van lamppaal tot lamppaal
'n winkelpop mens laat verlang.

Daarom was ek eers werklik hartseer
toe ek kom by daardie vers
wat jy vir my geskryf het
met die bietjie spot, die baie erns, die groot eensaamheid,
want sien, ék het dit wel gehad:
die skuilplek, die toevlugsoord,
die slaap met bevredigde sinne,
en vir jou wat so gereed was
om lief te hê,
het die lewe daarsonder verbygegaan
tussen jou mure van mos.

Nou slaap jy in die klein swart kluis:
jou liefdesbed,
jou duifblou kinderkamer
Re: Vir Jonas [boodskap #4460 is 'n antwoord op boodskap #4444] Sa, 25 Maart 2006 05:06 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jonas  is tans af-lyn  Jonas
Boodskappe: 1070
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
Dankie Anti.
'n Vriendin van die familie (sy is so 28 jaar oud) is vir 'n tweede
breinoperasie opgeneem om 'n gewas te verwyder. Sy werk as redigeerder
by 'n groot tydskrif.
Een van haar opmerkings was dat almal die dood verswyg. (Die lyk van 'n
motorongeluk slagoffer word onmiddellik met 'n laken toegegooi het sy
gesê.)
Re: Vir Jonas [boodskap #4464 is 'n antwoord op boodskap #4460] Sa, 25 Maart 2006 20:20 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Jonas skryf

> Een van haar opmerkings was dat almal die dood verswyg.

Ja. Ons lewe almal asof dit nie moontlik is dat
ons in die volgende halfuur nie meer daar sal
wees nie.
Die vraag is natuurlik. Is dit gesond of ongesond.
Miskien is dit nie nodig om elke oomblik voorbereid
te wees vir die dood nie. Miskien is dit gesond om
te handel asof die dood nie onmiddellik voor jou deur
sit en wag nie.
Boeddhistiese oefeninge om vir jou vir die dood
voor te berei, vertel jou egter altyd om die dag te lewe
asof jy nie more daar sal wees nie. Dit is onnatuurlik
om so te dink, maar dit maak sekerlik jou oë oop
vir dinge om jou wat jy andersinds as vanselfsprekend
aanneem, en dus nie oplet nie.
Wat ek die vreemdste vind, is die gevoel wat
mens kry as iemand naby jou doodgaan en jy hulle
amper blameer dat hulle nie meer daar vir jou is nie.
Ek het dit nou onlangs met die heengaan van my
ouer suster ondervind. Dis asof ek haar blameer dat
sy weg is.

Gloudina
Re: Vir Jonas [boodskap #4471 is 'n antwoord op boodskap #4464] So, 26 Maart 2006 09:42 Na vorige boodskap
Jonas  is tans af-lyn  Jonas
Boodskappe: 1070
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
Ergens in "Zorba" ontmoet Zorba 'n baie ou man - en die ou man se dat
hy leef asof hy nooit sal doodgaan nie. Daarop se Zorba - ek leef asof
ek elke dag sal sterf. (Verskoon die gebek aan die kappies - die
ASCII-knoppies wil nie hier werk nie.)
Iemand het opgemerk dat daar 'n pendulum is wat swaai tusse seks en
dood. In die Viktoriaanse-tydperk was seks verswyg maar het die dood
sterk onder die soeklig gekom. Vandag verswyg ons die dood maar seks
word tot in sy murg oopgeruk.
Ek het onlangs van 'n vrou gehoor wat baie kwaad is vir haar man wat
dood is.
Vorige onderwerp: " Seekoevlei " deur NP van Wyk Louw
Volgende onderwerp: " Wat het die Karre eintlik gevloek?" deur FERDI GREYLING
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Apr 19 15:46:54 MGT 2024