Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Lekker » Humor & grappe » 'n Grappie - die mure van Jerusalem
'n Grappie - die mure van Jerusalem [boodskap #25018] Do, 29 Julie 1999 00:00 na volgende boodskap
reisiger  is tans af-lyn  reisiger
Boodskappe: 646
Geregistreer: Julie 1999
Karma: 0
Senior Lid
In die vorige era gaan 'n Inspekteur van Godsdiens van die
TOD na 'n plattelandse dorp, om hulle godsdienstige kennis
te toets. Hy vra die std 3's - Wie het die mure van
Jerusalem afgebreek? Hulle sê dit is nie hulle nie, dit is
die std 4's. Die inspekteur gaan na die std. 4's en hulle
sê weer dit is die std. 5's. Hy storm uit, kwaad, en vra
die std. 5's. Kosie, ou Van se seun sê dit nie hulle
nie, dit is die std. 4's.

Die inspekteur is woedend. Hy storm die klas uit en gaan na
die skoolhoof, en vertel hom die hele storie. Die skoolhoof
reken Kosie is 'n eerlike mens, en hy kom uit 'n baie
godsdienstige huis. Boonop is hy ook 'n skranige senter. As
Kosie so sê is dit so. Die inspekteur vererg hom lelik.

Hy vra om die hoof inspekteur by die TOD te skakel. Hy sê
vir die toe hy is hier op die dorp, om die kinders se
godsdienstige kennis te toets, en vertel toe die hele
storie. Die hoof inspekteur se glo vir hom - Meneer asb. ek
het baie werk. Kry drie kwotasies en laat maak dit reg.

Re: 'n Grappie [boodskap #25053 is 'n antwoord op boodskap #25018] Vr, 30 Julie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On 29 Jul 1999 14:31:54 GMT, wrote:
| opmerkings. Die "ou grappie" is
| holruggeryde Noord-Amerikaans
| gefabriseerde kuberjunk wat jy
| met gereelde tussenposes op die
| Internet of in die pers sien.
| Ek objekteer teen die gepos daarvan
| op 'n nuusgroep wat vir en oor
| Afrikaans is.

Jy lê te veel hier op die kuberweë rond - dis die eerste keer wat ek
daardie grappie sien en ek dink jy skop stof op oor 'n klein stormpie
in 'n klein koppie.

Het jy iets mooi teëgekom die afgelope paar dae?? Vertel ons
daarvan...

Disclaimer: Wat ek hier beskryf is ..... die res ken julle.

=|:^)

Johan
Re: 'n Grappie - die mure van Jerusalem [boodskap #25054 is 'n antwoord op boodskap #25018] Vr, 30 Julie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Johan N Potgieter  is tans af-lyn  Johan N Potgieter
Boodskappe: 421
Geregistreer: Desember 1997
Karma: 0
Senior Lid
Arthur Hagen skryf in boodskap news:7nsgql$ak5$1@zonnetje.NL.net...
> Ik snap er geen hout van :(
>
Kyk, hier is nou 'n baie interesante byvoeging tot die vroeëre bespreking
oor humor!! Hierdie grappie het in totaal al sy humor opgesluit in die
Afrikaner kultuur!

Ek is besig met die vertaal van 'n Afrikaanse sendeling se dagboek en briewe
in Engels en het daar dieselfde ondervind. Hy skryf met 'n baie gemaklike
en humorryke Afrikaans - maar die meeste gaan verlore in die vertaling.

Ek is nou nuuskierig om te weet of 'n mens hierdie grappie sal kan
verduidelik aan Arthur en of dit dan nog steeds snaaks kan wees?

Johan
Re: 'n Grappie - die mure van Jerusalem [boodskap #25055 is 'n antwoord op boodskap #25018] Vr, 30 Julie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Arthur Hagen  is tans af-lyn  Arthur Hagen
Boodskappe: 559
Geregistreer: Julie 2001
Karma: 0
Senior Lid
reisiger schreef...
> In die vorige era gaan 'n Inspekteur van Godsdiens van die
> TOD na 'n plattelandse dorp, om hulle godsdienstige kennis
> te toets. Hy vra die std 3's - Wie het die mure van
> Jerusalem afgebreek? Hulle sê dit is nie hulle nie, dit is
> die std 4's. Die inspekteur gaan na die std. 4's en hulle
> sê weer dit is die std. 5's. Hy storm uit, kwaad, en vra
> die std. 5's. Kosie, ou Van se seun sê dit nie hulle
> nie, dit is die std. 4's.
>
> Die inspekteur is woedend. Hy storm die klas uit en gaan na
> die skoolhoof, en vertel hom die hele storie. Die skoolhoof
> reken Kosie is 'n eerlike mens, en hy kom uit 'n baie
> godsdienstige huis. Boonop is hy ook 'n skranige senter. As
> Kosie so sê is dit so. Die inspekteur vererg hom lelik.
>
> Hy vra om die hoof inspekteur by die TOD te skakel. Hy sê
> vir die toe hy is hier op die dorp, om die kinders se
> godsdienstige kennis te toets, en vertel toe die hele
> storie. Die hoof inspekteur se glo vir hom - Meneer asb. ek
> het baie werk. Kry drie kwotasies en laat maak dit reg.
>

Ik snap er geen hout van :(

Wat is "ou Van se seun", wie is dus "ou Van"?
Wat is een "skranige senter"?
"Die inspekteur vererg hom lelik". Betekent dit dat de inspecteur zich
ergert aan de hele situatie of ergert het schoolhoofd zich aan de
inspekteur?
"Kry drie kwotasies en laat maak dit reg." Van deze zin begrijp ik echt
niets. Kwotaties van wie? En wat moet in orde worden gemaakt?

Wat is nu de clou? Jericho?

Groeten,
Arthur
Re: 'n Grappie - die mure van Jerusalem [boodskap #25056 is 'n antwoord op boodskap #25018] Vr, 30 Julie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Inga van Meerbergen-V  is tans af-lyn  Inga van Meerbergen-V
Boodskappe: 20
Geregistreer: September 1998
Karma: 0
Junior Lid
Ek dink Arthur Hagen se probleem is dat hy Afrikaans nie genoeg verstaan om
hierdie soort van humor te verstaan nie. Dalk sal hy verstaan as ek die
laaste sin in Nederlands vertaal. Die laaste sin is: "zoek 3 prijsoffertes
en laat de muur herstellen".
Volgens my is 'n ander probleem dat hierdie grappie oorspronklik, soos ek
dit vroeër vanjaar in Suid-Afrika gehoor het, gaan oor 'n inspekteur in die
huidige era en nie in die vorige era soos reisiger dit skryf nie.
Groete uit Vlaanderen
Re: 'n Grappie - die mure van Jerusalem [boodskap #25057 is 'n antwoord op boodskap #25018] Vr, 30 Julie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Arthur Hagen  is tans af-lyn  Arthur Hagen
Boodskappe: 559
Geregistreer: Julie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Inga van Meerbergen-Verreet schreef...
> Die laaste sin is: "zoek 3 prijsoffertes en laat de muur herstellen".

Dank je. Nu is ie duidelijk (en grappig). Ik vertaalde "kwotasies" met het
Engelse "quotations". Maar hoe komen ze er in hemelsnaam bij om een offerte
"kwotasie" te noemen?!?

Overigens, het is een offerte of een prijsaanbieding, geen prijsofferte.

Mijn bijbelse kennis is niet zo heel groot. Kan iemand mij vertellen wie de
muren van Jeruzalem dan wel geslecht heeft (als het de vierde klas niet was
:) ?

Groeten,
Arthur
Re: 'n Grappie - die mure van Jerusalem [boodskap #25058 is 'n antwoord op boodskap #25018] Vr, 30 Julie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ProPacem  is tans af-lyn  ProPacem
Boodskappe: 320
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
> "Inga van Meerbergen-Verreet" Inga.vanmeerbergenverreet@ping

> Volgens my is 'n ander probleem dat hierdie grappie oorspronklik, soos ek
> dit vroeër vanjaar in Suid-Afrika gehoor het, gaan oor 'n inspekteur in die
> huidige era en nie in die vorige era soos reisiger dit skryf nie

Ek het dit al meer as tien jaar gelede gehoor. Burokrasie is 'n uitnodiging
vir diesulke grappe ongeag die persone in bewind.
Re: 'n Grappie - die mure van Jerusalem [boodskap #25085 is 'n antwoord op boodskap #25018] Sa, 31 Julie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Simon van der Schans  is tans af-lyn  Simon van der Schans
Boodskappe: 263
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
Arthur Hagen wrote in message ...

> Ik snap er geen hout van :(
>
> Wat is "ou Van se seun", wie is dus "ou Van"?

"Van" is 'n fiktiewe persoon met die naam van Koos _van_ der
Merwe. Hy is die "village idiot" van 'n tipe Afrikaanse grap wat
"Koos van der Merwe grappe" genoem word.

> Wat is een "skranige senter"?

Ek dink die "skranige" was 'n tikfout - dit moes "kranige" gewees
het. Jy sal weet wat dit beteken. "Senter" (Engels: "centre")
is 'n speel-posisie in rugby.

Swart Simon
Re: 'n Grappie - die mure van Jerusalem [boodskap #25114 is 'n antwoord op boodskap #25018] So, 01 Augustus 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
reisiger  is tans af-lyn  reisiger
Boodskappe: 646
Geregistreer: Julie 1999
Karma: 0
Senior Lid
Dit kom uit die Ou Testament. Die Israeliete moes om die
mure van Jerusalem geloop. Later het die mure omgeval. Die
wetenskap kan gebruik word om dit te verklaar as die effek
van resonansie, van die opera sanger wat op 'n sekere noot
'n glas breek.

In SA het mense mekaar se name uit die Bybel gehaal. Die
kinders verwar Jerigo in die Bybel met Jerigo wat naby die
skool bly, wie hulle dink iemand was so stout dat hulle sy
mure afgebreek het.

Re: 'n Grappie - die mure van Jerusalem [boodskap #25137 is 'n antwoord op boodskap #25018] Ma, 02 Augustus 1999 00:00 Na vorige boodskap
Arthur Hagen  is tans af-lyn  Arthur Hagen
Boodskappe: 559
Geregistreer: Julie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Alwyn Nel schreef...
> Arthur Hagen schreef...
>
>> Mijn bijbelse kennis is niet zo heel groot. Kan iemand mij vertellen
>> wie de muren van Jeruzalem dan wel geslecht heeft (als het de vierde
>> klas niet was
>
> Man, die Israeliete het om Jerigo geloop en 'n moerse lawaai gemaak
> toe val die mure om (van die lawaai.)
>

Verdorie, Alwyn. Jij bent nu al nummer twee. De muren van Jeruzalem waren
heus wel sterk genoeg om te blijven staan toen die lawaaierige Israelieten
hun rondjes om Jericho liepen (ervan uit gaande dat Jeruzalem toen al over
stadsmuren beschikte). De enige keer dat ik kan verzinnen was in 586 BC toen
Nebukadnessar in die contreinen huis hield, maar volgens mij staat dat niet
als zodanig in het OT genoemd. Een andere mogelijk is het dat de Romeinen de
muren sloopten toen ze de Joden de diaspora in joegen, maar dat is net iets
te recent om in het NT te worden opgenomen, denk ik.

Groeten,
Arthur
Re: 'n Grappie - die mure van Jerusalem [boodskap #25138 is 'n antwoord op boodskap #25018] Ma, 02 Augustus 1999 00:00 Na vorige boodskap
Thys de Wet  is tans af-lyn  Thys de Wet
Boodskappe: 211
Geregistreer: Desember 2002
Karma: 0
Senior Lid
Die burokrasie! O die burokrasie!

Gehoor dat die dept Openbare Werke nou 3 kwotasies vir verf aangevra het:
Daar moet nou in al die staatskantore 'n streep in die gang geverf word:

Sodat dié wat laat kom nie in dié wat vroeg loop vasloop nie!

Dis ook al 'n OU grappie!

Groete uit 'n nat Matieland.
ProPacem wrote in message ...
>> "Inga van Meerbergen-Verreet" Inga.vanmeerbergenverreet@ping
>
>> Volgens my is 'n ander probleem dat hierdie grappie oorspronklik, soos ek
>> dit vroeër vanjaar in Suid-Afrika gehoor het, gaan oor 'n inspekteur in die
>> huidige era en nie in die vorige era soos reisiger dit skryf nie
>
> Ek het dit al meer as tien jaar gelede gehoor. Burokrasie is 'n uitnodiging
> vir diesulke grappe ongeag die persone in bewind.
Re: 'n Grappie - die mure van Jerusalem [boodskap #25139 is 'n antwoord op boodskap #25018] Ma, 02 Augustus 1999 00:00 Na vorige boodskap
Alwyn Nel  is tans af-lyn  Alwyn Nel
Boodskappe: 174
Geregistreer: Maart 2006
Karma: 0
Senior Lid
Arthur Hagen schreef...

>> Die laaste sin is: "zoek 3 prijsoffertes en laat de muur herstellen".
>
> Dank je. Nu is ie duidelijk (en grappig). Ik vertaalde "kwotasies" met het
> Engelse "quotations". Maar hoe komen ze er in hemelsnaam bij om een offerte
> "kwotasie" te noemen?!?

Want, Arthur, "een offerte" word in Engels 'n "quote" genoem, en in
Afrikaans 'n "kwotasie" (dus 'n direkte vertaling uit Engels.) Hier in
Oz praat hulle van 'n "up-front" price. Die konteks waarin jy daaraan
dink is die "quotation" wat in Afrikaans "aanhaling" beteken. >

> Mijn bijbelse kennis is niet zo heel groot. Kan iemand mij vertellen wie de
> muren van Jeruzalem dan wel geslecht heeft (als het de vierde klas niet was

Man, die Israeliete het om Jerigo geloop en 'n moerse lawaai gemaak
toe val die mure om (van die lawaai.)

Alwyn - uit Perth.
Vorige onderwerp: 'n GRAPPIE 'n DAG.
Volgende onderwerp: 'n Afrikaanse een
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mar 29 15:06:33 MGT 2024