Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Lekker » Humor & grappe » Grappie oor lank gelede
Grappie oor lank gelede [boodskap #24975] Wo, 28 Julie 1999 00:00
Thys de Wet  is tans af-lyn  Thys de Wet
Boodskappe: 211
Geregistreer: Desember 2002
Karma: 0
Senior Lid
Hier's weer een van daai boerematriek grappies wat waarlik hier in die
Overberg gebeur het:

Sannie het by dominee in die finale katkisasieklas gesit en dit was toe die
gemeente se kinders nog wyd verspreid in die distrik sondagskool gehad het,
en nie veel kontak met die ander mede katkisante kon hê nie.
Dominee vra toe dat elkeen moet sê wie hulle is en waar hulle vandaan kom.
Sannie is maar skamerig en wil dominee moet dit met 'n lang gesukkel uit
haar kry. "ek kan nie sê waag ek vedaan kommie" "Ag kom sê tog maar vir
ons, ons sal nie lag nie"
Skamerig met die hand so effens voor die mond kom die antwoord toe:
"Wolfsholletjie"

Sy was toe een van die kinders wat van die plaas Wolfgat afkomstig was.
Wolfgat het natuurlik sy naam gekry toe daar nog hiënas hier in die Overberg
was. Moontlik was dit 'n plek waar die hiënas in gate hul lêplekke gehad
het. Daar is redelik holkranse en kleiner grotte in daardie omgewing.
Ons het mos nie regte wolwe hier in die beste (demokraties en polities
korrek, rasvrye... (noem maar op)) sonskynland nie, en die mense wat die
land verken en mak gemaak het, het die gediertes sommer 'n gelyknamige
europese naam gegee.
Vorige onderwerp: Die parmantige Samaritaan
Volgende onderwerp: 'n GRAPPIE 'n DAG.
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mar 29 07:26:39 MGT 2024