Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Lekker » Humor & grappe » Die ligtere sy......
Die ligtere sy...... [boodskap #24179] Wo, 23 Junie 1999 00:00 na volgende boodskap
Oom Hans  is tans af-lyn  Oom Hans
Boodskappe: 83
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Volle Lid
Onderwerp : "Die mechanics van humor en sommige riglyne"
(Vir die wat dalk kan lag)

Kom klas, ons probeer weer

Wat is vir JOU snaaks ?? Waaroor lag jy ?? Net so belankrik - sou
iets as 'n "grap" bedoel word, waarvoor lag jy NIE ??

Probeer nou hierdie drie vrae antwoord met UITSLUITING van die invloed wat
"public opinion" op jou het.

'n Klompie los gedagtes :

Dink terug aan die kere toe jy in "lekker" geselskap was - daardie
byeenkomste waar almal later spook vir 'n spreekbeurt en die dak kort-kort
wil lig soos die groep skater. Wat was aan die gang ?? Julle het nie
politiek of godsdiens gesels nie. Julle het STORIES vertel.

Foeitog. Hoe het die vuil van Amerikaanse "humorprogramme", waar "one
liners" vinniger afgevuur word as 'n R1 op "fast forward" nie ons besmet
nie. Dan las hulle nog 'n "laugh track" in wat vir die nie-denkendes
voorskryf waar hulle moet lag. Nie dat daar nie goeie Amerikaanse
humorreekse is of was nie. Dink maar aan "All in the Family" (as ek nou die
titel reg onthou) waar selfs die kleurkwessies van daardie dae uiters
sensitief behandel is op so 'n wyse dat dit vir almal aanvaarbaar was.
Hoekom ons dit nie hier sien nie ?? Geld. Bloot geld. Die plaaslike
TV dienste kan dit nie bekostig nie en dit wat hulle kan bekostig, is
goedkoop. In alle opsigte.

Wat ons by die volgende punt van humor bring : Wat is IN en wat is UIT ?
Dink aan die snaakste stories wat jy al gehoor het. Nege uit tien keer het
sulke stories situasies uitgebeeld waarmee jy kon assosieer. Iets wat heel
moontlik in die werklike lewe gebeur het of kan gebeur. Met enkele
uitsonderings sluit dit dus pratende perde, honde, eende, muise en diesulkes
UIT. Sulke goed bestaan nie in die werklikheid nie.

Ook UIT:
Sarkasme en snedigheid.
One liners - en dit geld ook in argumente.
Die slim kinders en hulle idiotiese ouers in VSA TV.
Sarkasme en snedigheid.
Ook in TV - drie, vierjariges met dialoog waartoe min volwassenes in staat
is
Banaal vloek. "Sterker" woorde wat 'n situasie beter beskryf, kan, met
perke verduur word.
Enige storie wat iemand se menslikheid degradeer.
Sarkasme en snedigheid.
Dubbelsinnige woordspeling waar die effek eintlik net in die geskrewe woord
gesien kan word - a la Readers Digest.
Sarkasme en snedigheid.
Die Huisgenoot.
Sarkasme en snedigheid.
Sarkasme en snedigheid.

Seks: Die lyn tussen aanvaarbaar en banaal word bepaal deur jou eie
bereidheid en norme om tot "laer vlakke" te daal. Dus, 'n mynveld waar
elkeen sy eie siening het en net so maklik sy eie dinges sien. Dis
moontlik dat mens in 'n riool 'n blink muntstuk mag optel maar ek soek nie
my munte daar nie. 'n Eienskap van suksesvolle "seks" stories is dat daar
sterk op verbeelding staatgemaak word. Hoe bepaal mens die aanvaarbaarheid
van 'n "seks" storie ?? (Just a TOUCH of sex)

Die outjie was besig om aan te trek vir die aand se uitgaan. "Ma", skree hy
uit die kamer. "Moet ek my wit hemp of die bloue aantrek ? Ek het die
witte vanoggend net kerk toe aangehad". "Trek die bloue aan - die witte is
vuil", skree sy ma terug. "Hoe weet ma die witte is vuil ? Ma het nie eens
kom kyk nie !!" "As jy twyfel, kind, IS hy vuil". Kyk net hoe
sneuwel baie van ons seksgrappe nou.................

Wat is dan nou IN ?

Die hele wye wêreld. Dink weereens aan die bestes wat jy gehoor het. Een
eienskap van humor wat dikwels voorkom, is die element van drieë.
(1) Die situasie word geskep
(2) Die situasie word effe gekleur en mooi staangemaak.
(3) Die situasie kry 'n kinkel.

Baie stories met goeie potensiaal verloor hulle trefkag met te veel of te
min voor die kinkel.
Die Transvaler vat sy Suidwester vriend Paasskou toe. Voete gaargestap klim
die twee op die voorstedelike trein huis toe die aand maar die trein is vol
en hulle staan. Sien die Suidwester 'n vrou met 'n poedel langs haar op
die sitplek. "Dame, sal jy omgee om jou hondjie op jou skoot te hou ??
My voete is op en ek sal graag daardie sitplek wil hê".

"Meneer", kom dit uit die hoogte - "ek het die volle reisgeld vir Fifi
betaal en sy's geregtig op haar sitplek".

"Ag mevrou - EK sal dan vir Fifi op MY skoot hou - As ek tog net kan sit.
Asseblief". "Meneer, ek het jou klaar gesê........" en toe maak
meneer die venster oop, gryp die poedel, smyt hom by die trein uit, maak die
venster toe en hy gaan SIT.

Sy Transvaler vriend was min ge-imponeer. Toe die stof uiteindelik gaan lê,
sê hy vir hom: "Julle verbrande Suidwesters doen ook niks reg nie. Julle
braai julle vleis verkeerd. Julle maak julle mieliepap verkeerd. En nou
foeter jy nog die verkeerde teef ook uit....."

Sien jy die "drieë" ?? Dis maar een element gewees.

'n Ander BAIE effektiewe vorm van humor het Hennerietjie vir julle gewys.
Afgesien daarvan dat dit briljant gedoen was, besef julle wat se harde werk
die skep van DAARDIE humor was ??
Oorspronklike humor is HARDE werk.
(Ek verkwalik steeds diegene wat Hennerietjie so die donner in gemaak het
dat hy geloop het. Hierdie ng is sigbaar, hoorbaar en voelbaar armer
sonder hom. )

Die suksesvolste openbare sprekers is die wat die KUNS bemeester het om
humor in 'n voordrag in te weef op so 'n wyse dat dit selfs 'n punt wat
gemaak word, toelig en versterk. Die werklike kunstenaars "glip" so
onopgemerk in die humorgedeeltes in dat dit 'n eenheid vorm met sy voordrag.

Gepraat van openbare optrede - dié ouens het werklik 'n probleem - eerstens
om die aandag van die gehoor te vang en as hulle dit het, te hou.
Hulle metodes verskil maar van die bestes wat ek al aangehoor het, was die
een ou, klein van postuur, "unasuming" sal die Engelse sê, bleskop en goed
verrimpeld al, wat na 'n gloeiende verwelkoming deur 'n lofprysende
voorsitter, langsaan die katerdertjie gaan staan het (sodat die gehoor hom
darem kon sien) : "Ladies & gentlemen ! After such a glowing introduction,
isn't it sometimes funny what pops up in front of you ?" Die dak het
gelig van die applous.

('Skuus vir die Engels maar ek maak 'n punt)

'n Ander ou het weer (voordat hy iets behandel het wat vir sommige in die
gehoor kontensieus kon wees) die "communial insult" op die gehoor losgelaat.
"Ladies & gentlemen ! What an honour to look at such a sea of faces
.......................and BY JOVE, some of these faces need some looking
into !" Almal het gelag want "hy praat nie met my nie - hy praat met
die oulangsaan" en die gees van vergewingsgesinde gemoedelikheid was geskep
vir wat ookal moes kom.

As iemand my ooit sou vra hoe om NIE op te tree nie, vat ek hom terug na
enige van die honderde huweliksonthale toe waar ek as fotograaf moes optree.
Ek sal 99 % van al daardie ou pêre wat heidronke ingestel het, oplyn, en ek
laai 'n haelgeweer met growwe sout, en dan ................dan gee ek hulle
wat hulle verdien vir die "mental prostitution" wat hulle die gaste aan
onderwerp het. Dieselfde geld vir die vuil baardbekke wat onder
dekmantel en beskerming van kuns op okkasies (soos die Karoo kunstefees)
hulle verstopte riole kom leegmaak. Voordat julle my probeer blits
hieroor - ek maak 'n verskil tussen dit (openbare optrede) en gepubliseerde
hygings en versugtinge. Die verskil is maar klein en hoogs debatteerbaar
en ek dra kennis van die feit dat hierdie ng nog nie konsensus daaroor
bereik het nie. Randeier wat ek op die gebied is, sal ek nie hiermee
volstaan. Maar ek is NIE bereid om toe te gee oor OPENBARE
vuilbekkigheid nie. Maar OOK : To each his own.

Ter afsluiting - en daarmee SAL ek afsluit - my skoot growwe sout in hierdie
bondel in : Ek volg julle al lank genoeg om dit te kon waarneem (en ek
weier om name te noem). By SOMMIGE van julle het ek die afgelope twee
jaar nog nie enige bewyse gevind dat julle tot 'n miligram humor in staat is
nie. Die juwele wat wel verskyn het, het by julle verbygegaan.
Bewys my verkeerd.
Asseblief.

Half moerig hier uit Wavis uit
maar altyd bereid tot vriendelikheid.

Omie

NS: Was twee dae hier in die Namib in op 'n plaas - wil julle fotos sien
??
Weet julle wat "grandioos" en "majestueus" REGTIG beteken ???
Re: Die ligtere sy...... [boodskap #24202 is 'n antwoord op boodskap #24179] Do, 24 Junie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Willem-Jan Markerink  is tans af-lyn  Willem-Jan Markerink
Boodskappe: 331
Geregistreer: Mei 1999
Karma: 0
Senior Lid
In article ,
"Hans" wrote:
>
> Seks: Die lyn tussen aanvaarbaar en banaal word bepaal deur jou eie
> bereidheid en norme om tot "laer vlakke" te daal. Dus, 'n mynveld waar
> elkeen sy eie siening het en net so maklik sy eie dinges sien. Dis
> moontlik dat mens in 'n riool 'n blink muntstuk mag optel maar ek soek nie
> my munte daar nie. 'n Eienskap van suksesvolle "seks" stories is dat daar
> sterk op verbeelding staatgemaak word. Hoe bepaal mens die aanvaarbaarheid
> van 'n "seks" storie ?? (Just a TOUCH of sex)
>
> Die outjie was besig om aan te trek vir die aand se uitgaan. "Ma", skree hy
> uit die kamer. "Moet ek my wit hemp of die bloue aantrek ? Ek het die
> witte vanoggend net kerk toe aangehad". "Trek die bloue aan - die witte is
> vuil", skree sy ma terug. "Hoe weet ma die witte is vuil ? Ma het nie eens
> kom kyk nie !!" "As jy twyfel, kind, IS hy vuil". Kyk net hoe
> sneuwel baie van ons seksgrappe nou.................

Nog eentje, over verbeelding gesproken:

> THIS USEFUL TOOL, COMMONLY
> FOUND
> IN
> THE
> RANGE
> OF
> 8
> INCHES
> LONG.
> THE FUNCTIONING OF WHICH IS
> ENJOYED
> BY
> MEMBERS
> OF
> BOTH
> SEXES.
> IS
> USUALLY FOUND HUNG, DANGLING
> LOOSELY,
> READY
> FOR
> INSTANT
> ACTION.
> IT BOASTS OF A CLUMP OF
> LITTLE
> HAIRY
> THINGS
> AT
> ONE
> END
> AND
> SMALL
> HOLE AT THE OTHER. IN USE, IT
> IS
> INSERTED,
> ALMOST
> ALWAYS
> WILLINGLY, SOMETIMES SLOWLY,
> SOMETIMES
> QUICKLY,
> INTO
> A
> WARM,
> FLESHY, MOIST OPENING WHERE
> IT
> IS
> THRUST
> IN
> AND
> DRAWN
> OUT
> AGAIN
> AND AGAIN MANY TIMES IN
> SUCCESSION,
> OFTEN
> QUICKLY
> AND
> ACCOMPANIED BY SQUIRMING
> BODILY
> MOVEMENTS.
> ANYONE
> FOUND
> LISTENING IN WILL MOST SURELY
> RECOGNIZE
> THE
> RHYTHMIC,
> PULSING
> SOUND, RESULTING FROM THE
> WELL
> LUBRICATED
> MOVEMENTS.
> WHEN
> FINALLY WITHDRAWN, IT LEAVES
> BEHIND
> A
> JUICY,
> FROTHY,
> STICKY
> WHITE
> SUBSTANCE, SOME OF WHICH WILL
> NEED
> CLEANING
> FROM
> THE
> OUTER
> SURFACES OF THE OPENING AND
> SOME
> OF
> FROM
> ITS
> LONG
> GLISTENING
> SHAFT. AFTER EVERYTHING IS
> DONE
> AND
> HE
> FLOWING
> AND
> CLEANSING
> LIQUIDS HAVE CEASED
> EMENATING,
> IT
> IS
> RETURNED
> TO
> ITS
> FREELY
> HANGING STATE OF REST, READY
> FOR
> YET
> ANOTHER
> BIT
> OF
> ACTION,
> HOPEFULLY REACHING ITS
> BRISTLING
> CLIMAX
> TWICE
> OR
> THREE
> TIMES A
> DAY, BUT OFTEN MUCH LESS.
>
> WHAT AM I???????
>
> AS YOU MAY HAVE ALREADY
> GUESSED,
> THE
> ANSWER
> TO
> THE
> RIDDLE
> IS
> NONE OTHER THAN YOUR VERY
> OWN..........
>
>
>
>
>
>
>
>
>
>
>
>
> TOOTHBRUSH.........
>
> what were you
> thinking?
>
> You PERVERT!

--
Bye,

Willem-Jan Markerink

The desire to understand
is sometimes far less intelligent than
the inability to understand


[note: 'a-one' & 'en-el'!]
Re: Die ligtere sy...... [boodskap #24203 is 'n antwoord op boodskap #24179] Do, 24 Junie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Thu, 24 Jun 1999 09:00:55 -0700, Jakes wrote:
|"Afdraende gesig soos 'n wasklip"
|"Bak-ore soos waenhuisdeure"
|"Sulke bakbene dat jy nooit 'n vark sal kan vang nie"
|Nog?

Die bruinmense van die Oos-Kaap, daar in die Tsitsikama omgewing het sulke mooi
gesegdes - ek is net jammer ek onthou so min van hulle.

"Moenie so hanne-agter-die-rug staan nie" het beteken jy moet aan die werk
spring.

Hulle het 'n wonderlike droë sin vir humor. Ek het op 'n stadium by
Stormsrivier Brug se Toeriste sentrum gewerk toe dit nog aan die Parkeraad
behoort het. Met eerste ontmoet, so het ek later uitgevind, het die werkers
gedink ek is 'n vreeslike "konserwatiewe" ou Transvaler. Een so ou skaam
meisietjie het egter die moed bymekaar geskraap en soos ek hulle deur die loop
van die eerste dag hulle name gevra het, het sy vir my gesê haar van is
Potgieter - om te sien wat my reaksie sou wees. Ek het maar my pose gehou, maar
ek dink hulle het agteraf lekker gelag oor haar braafheid. Later sou sy bieg
dat haar naam Combrink was.

Ek het dit baie geniet om saam met daardie mense te werk, veral oor hulle
humorsin. En toe hulle nou eers agterkom ek het nie hangups oor ras en kleur
nie en hanteer almal dieselfde, het ons oor die ses maande daar 'n goeie
verhouding opgebou.

Ek sal nou sommer lelik nostalgies raak hier - my afskeid daar in die restaurant
se tuin een middag na toemaaktyd sal ek nooit vergeet nie - hulle het my eers
toegetakel met enige morsige ding denkbaar: tamatiesous, mosterd, asyn, eiers,
meel en room. Toe is ek gestuur om te gaan stort en privaat klere aan te trek
en daarna het die paartie begin. En ek onthou dat elke liewe een van hulle saam
met my afgeneem wou word. En hulle het het saamgegooi en vir my 'n geelhout
wynrak en geelhout emmer daar uit die Knysna area persent gegee.

Dis juis hulle humorsin wt ek onthou. Selfs toe 'n paar van die meisies se
ouers van PE af gekom het en ons voorgestel is. Ons het Oubaas Cunningham en sy
vrou in die restaurant onthaal en ek kan onthou dat ons meeste van die tyd baie
lekker gelag het.

Wonderlike mense - wat 'n mens se lewe verryk deur net in hulle teenwoordigheid
te wees.

=|:^)

Johan
Re: Die ligtere sy...... [boodskap #24204 is 'n antwoord op boodskap #24179] Do, 24 Junie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
roy...  is tans af-lyn  roy...
Boodskappe: 68
Geregistreer: April 1999
Karma: 0
Volle Lid
"Hans" wrote:

Geduld, Hansie! Ons slaap wanneer julle wakker is...

Ek lag oor alles - alles in die ou lewe het 'n snaakse kant - en as ek
nie die humor van die situasie insien nie, is my dierbare ander helfte
vinnig by met 'n kwinkslag! Maar ek geniet veral droe humor - soos die
Pommies - en die beste program wat ek nog ooit gesien het, is "Only
Fools and Horses". Ek het soveel video's van die reeks dat my kas
oorloop, en elke keer as hulle dit weer herhaal, kyk ek asof ek dit nog
nooit gesien het nie, en sien elke keer iets nuuts en snaakser daarin.
En "'Allo, 'Allo" is net so snaaks - die bure kom altyd kyk wat aangaan
as ons so hard lag.

En daar is niks wat so goed in 'n klaskamer met 'n klomp uitbundige
hoerskoolstudente werk, as sarkasme nie - veral wanneer een grootmond
die meisies probeer beindruk met sy manlikheid! Dit werk elke keer, en
dan moet jy hoor hoe hard hulle almal lag.

Amerikaanse humor? Groot klomp gemors, as ek my beskeie opinie hier
kan lug - so vals en goedkoop, dit werk net nie.

En Aussie humor - rou, rof en altyd gereed. Wonderlik. Ek weet nie of
julle van "The Castle" gehoor het nie - 'n Australiese fliek -
fantasties. Huur dit as julle kan - moet dit nie misloop nie!

En natuurlik die Boerehumor, en veral Kleurlinghumor. Die een waaroor
ek nog altyd glimlag: Gatiepie het sy oog al 'n hele rukkie op Meraai
gehad, maar elke keer as hy haar sien, het sy die V-nek Tshirt aan En
Meraai het geweet ou Gatiepie het die hots vir haar, maar sy raak toe
al ongeduldig omdat hy nie 'n move maak nie. En sy besluit toe sy sal
hom sommer reguit vra wat sy storie is - of hulle kry dit reg of sy
moet maar in 'n ander rigting begin soek. "Gatiepie, wat's jou
problem, hey? Ek meen, of jy laaik my, of jy laaik my nie. Maak jou
mind op - ek is sommer nou al gatvol vir die gewagtery!"

"Ag nee, wat, Meraai, ek smaak jou nou sommer baaie! Maar die Tshirt
wat jy dra -dit sit my af. Ek willie 'n horse inbreek nie - ek's te
oud vir sukke dinge!"

"Nou wat's dit dan nou met my Tshirt?"

"Maar djy wiet mos, V staan vir Virgin!"

"Djou simpele ding! Dis 'n baie ou Tshirt wat ek dra!"

Misverstand uit die weg geruim!

Groete
Royleen

> En dis presies wat ek wou gehad het. Strandjakkals, Jakes en nou Johan.
> Waar's Bees, Royleen en Shannon ?? Moet ek julle een-een uitgrawe ???
> Johan van Zyl (Somerset) - luister jy ?? Skryf mense, skryf - die veld
> lê braak.
Re: Die ligtere sy...... [boodskap #24205 is 'n antwoord op boodskap #24179] Do, 24 Junie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jakes  is tans af-lyn  Jakes
Boodskappe: 41
Geregistreer: Oktober 2002
Karma: 0
Volle Lid
Hans wrote:

> Maar daardie blou lint met die mooi strikkie gebind - g'n man kan 'n
> strikkie so netjies bind nie en op grond daarvan wil hy die dokter aankla
> vir elke soort "crimen" wat die wetboeke beskryf..........
>

Koos het goed gekuier en kom laat die aand hik hik by die huis aan. Sy
klein boetie wil 'n triek op hom trek en sê: "Koos, al wat help vir
daardie hik van jou is om 'n rooi lint om jou l@t vas te bind."
"Nou kry vir my een" sê Koos terwyl hy op die bank in die sitkamer
neerval en sy broek losmaak.
Boetie kry toe een van sy sussie se rooi haarlinte en maak 'n baie
netjiese strik om Koos se l@t vas.
Vroegoggend kom Koos se ma die sitkamer binne waar hy sy roes lê en
uitslaap - met die rooi lint heel sigbaar.
"Koos, word wakker!" gil sy ma. Koos maak sy oë op skrefies oop.
"Waar de hel was jy gisteraand? En DIT?" vra sy terwyl sy na die rooi
lint wys.
"Kan nie onthou nie ma" en Koos sien die rooi lint raak. "Maar ek moes
sekerlik die eerste prys gekry het!"

Jakes
Re: Die ligtere sy...... [boodskap #24206 is 'n antwoord op boodskap #24179] Do, 24 Junie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jakes  is tans af-lyn  Jakes
Boodskappe: 41
Geregistreer: Oktober 2002
Karma: 0
Volle Lid
Hans wrote:
> Ek ook. Sommer baie ook. En hoewel dit gilsnaaks kan wees, is daar
> altyd iets of iemand aan die ontvangkant. Miskien kan mens dit as 'n
> onderafdeling van humor beskou maar dis nog steeds kwetsend.
>

Dan sal Omie ook seker kan onthou van die kinder (grootmense ook)
gesegdes op die persoon:
"Afdraende gesig soos 'n wasklip"
"Bak-ore soos waenhuisdeure"
"Sulke bakbene dat jy nooit 'n vark sal kan vang nie"
Nog?
Ander snaaksighede wat ons onself mee besig gehou het was:
"Wat is die verskil tussen 'n lemoen? Nee?" (wys dan met die voorvingers
so 15cm van mekaar) "Dis 'n piesang van so 'n kleur. En dis nou waarom
'n baaisiekil nie deure het het nie."

Jakes
Re: Die ligtere sy...... [boodskap #24207 is 'n antwoord op boodskap #24179] Do, 24 Junie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jakes  is tans af-lyn  Jakes
Boodskappe: 41
Geregistreer: Oktober 2002
Karma: 0
Volle Lid
Hans wrote:
>
biekie korter gemaak met die 'del' sleutel

> NS: Was twee dae hier in die Namib in op 'n plaas - wil julle fotos sien
> ??

Ja, samblief, maar daar sal sekerlik 'n Goor Door of twee wees wat sal
kla
oor 'wasting bandwidth'

> Weet julle wat "grandioos" en "majestueus" REGTIG beteken ???

Ek voor die spieël? Nie? Ek weet darem hoe om 'n mooi meisie te beskryf
sonder
om my hande te gebruik: Vooruitstrewend, Ingetoë en Agterbaks.

Groetnis

Jakes
Re: Die ligtere sy...... [boodskap #24208 is 'n antwoord op boodskap #24179] Do, 24 Junie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Strand Jakkals  is tans af-lyn  Strand Jakkals
Boodskappe: 13
Geregistreer: Maart 1999
Karma: 0
Junior Lid
Hans wrote in message ...
>
> Johan wrote in message .............
>
> En dis presies wat ek wou gehad het. Strandjakkals, Jakes en nou Johan.
> Waar's Bees, Royleen en Shannon ?? Moet ek julle een-een uitgrawe ???
> Johan van Zyl (Somerset) - luister jy ?? Skryf mense, skryf - die veld
> lê braak.
>
> Lekker storie Johan. Hospitale bly 'n onuitputlike bron van vermaak. T.O.
> Honiball het lank gelede al die spot gedryf dmv. sy Jakkals & Wolf stories
> oor die snaaksighede daar. (Honiball was 'n sieklike man met baie
> hospitaalervaring). Jan Spies (reeds salig) se storie oor die klomp
> valstande wat deurmekaar geraak het........
>

Ja-nee, dit laat my toe dink aan die storie van die ou wat al twee jaar getroud was
maar nie 'n poging aan gewend het om die matras polka te dans nie. Hy loop sien sy dokter
en verltel hom dat hy niks weet van die polka nie, en nou wil die vrou hom skei.

Die dokter wil hom dood lag, en hy roep daar 'n nurse nader. Haai nurse, sê hy, gaan
in die operasie kamer en trek uit. Ons moet die man help met 'n voorbeeld van die polka.
Die nurs is daar uit en nie lank daar na volg die dokter en die ou.
In die operasie kamer vra die dokter die nurse om op die operasie tafel te lê.

Hy trek uit en klim op die tafel en vra die ou om sy klokke op te lig sodat hy mooi kan sien
wat aan die gebeur is. So gesê so gedaan en die ou bekyk die spul so vir 10 minute
en sê vir die dok, dok ek het hom !!! maggies as ek maar net geweet het dit is so maklik !!!

Die ou is daar weg en so twee weke daar na kom kruip hy die dok se spreekkamer in.
Hy is geheel en al kruppel en kan skaars beweeg.
Hygend hert dok, daai raad van jou is hopeloos, nee, nee sê die dok, kom ek help
jou op die tafel, dan vertel jy my wat het gebeur. Man dok, sê die ou, toe ek hier by jou
weg is 2 weke gelede, is ek reguit huis toe.

Daar aan gekom, sê ek vir die vrou, vrou !! trek uit, en sy glimlag van oor tot oor. Sy trek
uit en aangesien ek nie 'n operasie tafel het nie, laat ek haar toe op die strykplank lê.
Aangesien daar niemand was wat my klokke in die lug kon hou nie, bind ek hulle
toe maar aan die dak vas met 'n tou. Wel, toe ek op klim, toe breek die stryk plank!!!

tot later,

Jakkals
Re: Die ligtere sy...... [boodskap #24228 is 'n antwoord op boodskap #24179] Vr, 25 Junie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jean-Pierre Botha  is tans af-lyn  Jean-Pierre Botha
Boodskappe: 85
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Volle Lid
Jakes het gesê:
> "Afdraende gesig soos 'n wasklip"
> "Bak-ore soos waenhuisdeure"

En:
Skerp kop soos 'n kwartpond kaas

___
Johan le Riche (JLR)
Bfn.
Re: Die ligtere sy...... [boodskap #24229 is 'n antwoord op boodskap #24179] Vr, 25 Junie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
afro...  is tans af-lyn  afro...
Boodskappe: 23
Geregistreer: Mei 1999
Karma: 0
Junior Lid
"Hans" wrote:
>
> NS: Was twee dae hier in die Namib in op 'n plaas - wil julle fotos sien
> ??
> Weet julle wat "grandioos" en "majestueus" REGTIG beteken ???
>
>

Ai, Nou verlang ek darem na my Winter Jag uit my vorige lewe.
Re: Die ligtere sy...... [boodskap #24237 is 'n antwoord op boodskap #24179] Sa, 26 Junie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Fri, 25 Jun 1999 08:31:04 +0200, j...@gmx.net (JLR) wrote:

|Jakes het gesê:
|> "Afdraende gesig soos 'n wasklip"
|> "Bak-ore soos waenhuisdeure"
|
|En:
|Skerp kop soos 'n kwartpond kaas
|
Johan, ek wonder waar die een vandaan kom! In die staat hier langs
ons, Wisconsin, is die "embleem" van die voetbalspelers so 'n
kwartpond kaas. Hulle is selfs trots om as cheeseheads bekend te
staan. (Die span se amptelike naam is die Greenbay Packers)

Hulle verkoop selfs hier by ons plastiese hoede wat soos so 'n groot
kwart kaas lyk en wat die ouens sport byeenkomste toe dra.

Disclaimer: Wat ek hier beskryf is ..... die res ken julle.

=|:^)

Johan
Re: Die ligtere sy...... [boodskap #24252 is 'n antwoord op boodskap #24179] So, 27 Junie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
roy...@my-deja.com wrote in message ...
> In article ,
> "Hans" wrote:
>
> Geduld, Hansie! Ons slaap wanneer julle wakker is...
>
> Ek lag oor alles - alles in die ou lewe het 'n snaakse kant - en as ek
> nie die humor van die situasie insien nie, is my dierbare ander helfte
> vinnig by met 'n kwinkslag! Maar ek geniet veral droe humor - soos die
> Pommies - en die beste program wat ek nog ooit gesien het, is "Only
> Fools and Horses". Ek het soveel video's van die reeks dat my kas
> oorloop, en elke keer as hulle dit weer herhaal, kyk ek asof ek dit nog
> nooit gesien het nie, en sien elke keer iets nuuts en snaakser daarin.
> En "'Allo, 'Allo" is net so snaaks - die bure kom altyd kyk wat aangaan
> as ons so hard lag.

Hmmm.......

Party Engelse (Britse) humor is goed.

Maar die meeste is erg kru. Die onderwerp is sonder uitsondering "death,
disease, and disability".
Re: Die ligtere sy...... [boodskap #24253 is 'n antwoord op boodskap #24179] So, 27 Junie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
De Waal Venter  is tans af-lyn  De Waal Venter
Boodskappe: 62
Geregistreer: April 1996
Karma: 0
Volle Lid
Maar dan moet jy tog onthou dat Wisconsin die "dairy state" van die VSA is!!
Vandaar dalk die kaaskop gedagte. Verseker geen hollanders daar by julle
nie! En ek is NIE venynig teenoor ons Nederlands/Belgies/Vlaamse vriende
nie!!

Ook gehoor: Jy met jou klein koppie soos 'n paartie frikkadel!

Johan wrote in message ...
> On Fri, 25 Jun 1999 08:31:04 +0200, j...@gmx.net (JLR) wrote:
>
> |Jakes het gesê:
> |> "Afdraende gesig soos 'n wasklip"
> |> "Bak-ore soos waenhuisdeure"
> |
> |En:
> |Skerp kop soos 'n kwartpond kaas
> |
> Johan, ek wonder waar die een vandaan kom! In die staat hier langs
> ons, Wisconsin, is die "embleem" van die voetbalspelers so 'n
> kwartpond kaas. Hulle is selfs trots om as cheeseheads bekend te
> staan. (Die span se amptelike naam is die Greenbay Packers)
>
> Hulle verkoop selfs hier by ons plastiese hoede wat soos so 'n groot
> kwart kaas lyk en wat die ouens sport byeenkomste toe dra.
>
>
> Disclaimer: Wat ek hier beskryf is ..... die res ken julle.
>
> =|:^)
>
> Johan
>
Re: Die ligtere sy...... [boodskap #24292 is 'n antwoord op boodskap #24179] Ma, 28 Junie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Sun, 27 Jun 1999 22:50:11 +0200, "Thys de Wet" wrote:

|Maar dan moet jy tog onthou dat Wisconsin die "dairy state" van die VSA is!!
|Vandaar dalk die kaaskop gedagte. Verseker geen hollanders daar by julle
|nie! En ek is NIE venynig teenoor ons Nederlands/Belgies/Vlaamse vriende
|nie!!
|
Nog nie veel Nederlanders se nageslagte in hierdie wereld teegekom nie. Ek dink
die melkboerdery agtergrond kom die meeste van switzerse, duitse en
skandinawiese agtergrond.

Maar jy is reg oor Wisconsin wat die dairy state is: soveel so dat melkpryse tot
vandag toe nog in die VSA vasgestel word vir die boere na aanleiding van hoe ver
hulle in myl van Au Claire, Wisconsin af is! Ons ou Governor is juis verlede
week Washington toe om daaroor te gaan baklei, want dit benadeel die plaaslike
boere baie. Wat ook al histories daartoe aanleiding gegee het, bestaan nie
vandag meer nie, so sê hulle en die verouderde stelsel moet uit!
Re: Die ligtere sy...... [boodskap #24293 is 'n antwoord op boodskap #24179] Ma, 28 Junie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
roy...  is tans af-lyn  roy...
Boodskappe: 68
Geregistreer: April 1999
Karma: 0
Volle Lid
"Leendert van Oostrum" wrote:

Herinner my aan die twee ou Engelse omies wat eendag op 'n Londense bus
opklim. Voor hulle in die ry klim 'n pragtige jong meisie op die bus,
met die kortste minirokkie aan - (eintlik maar net 'n bree gordel).
Die een ou omie se toe vir die ander een, in 'n bewerige oumens
stemmetjie: "Onthou jy daardie tablette wat hulle in die Eerste
Wereldoorlog aan ons uitgedeel het, om ons nie aan seks te laat dink
nie?"

"Ja," antwoord die ander een stadig, "wat daarvan?"

"Wel, ek dink nie dit werk meer nie!"

En so terloops, ek is my man se "hot water bottle"! En probeer gerus
om "only Fools and Horses" in die hande te kry. Britse humor op sy
beste.

Groete
Royleen

> Nee. "The French have sex. The English have hot water bottles".
>
>
Re: Die ligtere sy...... [boodskap #24294 is 'n antwoord op boodskap #24179] Ma, 28 Junie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Sun, 27 Jun 1999 22:50:48 +0200, "Leendert van Oostrum"
wrote:
|Party Engelse (Britse) humor is goed.
|
|Maar die meeste is erg kru. Die onderwerp is sonder uitsondering "death,
|disease, and disability".
|
|
Jy vergeet van "SEX"!!!!!
Re: Die ligtere sy...... [boodskap #24295 is 'n antwoord op boodskap #24179] Ma, 28 Junie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Johan wrote in message ...
> On Sun, 27 Jun 1999 22:50:48 +0200, "Leendert van Oostrum"
> wrote:
> |Party Engelse (Britse) humor is goed.
> |
> |Maar die meeste is erg kru. Die onderwerp is sonder uitsondering "death,
> |disease, and disability".
> |
> |
> Jy vergeet van "SEX"!!!!!

Nee. "The French have sex. The English have hot water bottles".
Frikkadel (was: Re: Die ligtere sy...... [boodskap #24296 is 'n antwoord op boodskap #24179] Ma, 28 Junie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Willem-Jan Markerink  is tans af-lyn  Willem-Jan Markerink
Boodskappe: 331
Geregistreer: Mei 1999
Karma: 0
Senior Lid
In article ,
"Thys de Wet" wrote:
> Maar dan moet jy tog onthou dat Wisconsin die "dairy state" van die VSA is!!
> Vandaar dalk die kaaskop gedagte. Verseker geen hollanders daar by julle
> nie! En ek is NIE venynig teenoor ons Nederlands/Belgies/Vlaamse vriende
> nie!!
>
> Ook gehoor: Jy met jou klein koppie soos 'n paartie frikkadel!

Frikkadel?
Wil jij beweren dat het dieptepunt van culinair Nederland ook in SA bekend
is? Is dat wanprodukt al zo oud?....uit de 16/17e eeuw? Gatver....8-))
En ik dacht dat jullie juist het goede van alle culturen hadden
overgenomen?....;-))

Overigens druist 'frikkadel' ook in tegen de theorie (naar aanleiding van
dat draadje over Experanto) dat Afrikaans een van de meest
kompakte/efficiente talen ter wereld is....de Nederlandse spelling is
'frikadel'....1 letter minder....:-))

Willem ((vr)eet smakelijk) Jan

--
Bye,

Willem-Jan Markerink

The desire to understand
is sometimes far less intelligent than
the inability to understand


[note: 'a-one' & 'en-el'!]
Re: Frikkadel (was: Re: Die ligtere sy...... [boodskap #24297 is 'n antwoord op boodskap #24296] Ma, 28 Junie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Mon, 28 Jun 99 03:53:57 GMT, w.j.ma...@a1.nl (Willem-Jan
Markerink) wrote:
|Wil jij beweren dat het dieptepunt van culinair Nederland ook in SA bekend
|is? Is dat wanprodukt al zo oud?....uit de 16/17e eeuw? Gatver....8-))
|En ik dacht dat jullie juist het goede van alle culturen hadden
|overgenomen?....;-))
|
Ja, maar jy sien, ons het die resep verander !

Disclaimer: Wat ek hier beskryf is ..... die res ken julle.

=|:^)

Johan
Re: Frikkadel (was: Re: Die ligtere sy...... [boodskap #24333 is 'n antwoord op boodskap #24296] Di, 29 Junie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 29 Jun 99 07:53:37 GMT, w.j.ma...@a1.nl (Willem-Jan Markerink) wrote:

|>Ja, maar jy sien, ons het die resep verander !
|
|Wat wordt er in SA dan doorgedraaid?
|Ook vleesafval als oren/lippen/etc van koeien en varkens?....8-))
|
|Echt, als je eenmaal weet wat er in zit dan wil je nooit frikadel of kroket
|meer....
|
Nooit gesien nie!!!!!!!

Ons maak ons eie en net die beste maalvleis kom daarin, saam met al die lekker
uie en speserye!
Baie lekker!!!!!!!
Re: Die ligtere sy...... [boodskap #24334 is 'n antwoord op boodskap #24179] Di, 29 Junie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
In article ,
"Hans" wrote:
>
>
> Die "humor" wat die TV dienste deesdae - insluitende M-Net - aan ons opdring
> vanuit die VSA, ervaar ek as "mental prostitution" en 'n belediging vir
> almal met meer as 'n teelepel verstand. Dis goedkoop omdat dit goedkoop
> is - Verteerbare humorreekse uit die VSA is te duur vir die plaaslike
> dienste se patetiese begrotings.

Wel, ek het al vir omtrent vier jaar nie 'n TV in my huis nie. Nou
gebeur daar veel meer inligting, opvoeding, humor en kuns as tevore. En
my dogter wat krieketgek is luister maar radio.

>
> Jy is daar reg midde in die studentegemeenskap - is daar nog poetsbakkery
> onder studente aan die gang ? Is dit nog dieselfde poetse van die jaar
> voor die vark (my tyd op Tukkies) of het die aard daarvan verander ?? Is
> daar nog dosente wie se reputasie 50% daaruit bestaan hoe hy kon terugkap ??
>

Nee. Almal is vreeslik ernstig. Transformasie is 'n gewigtige saak, en
'n multikuturele, Politiek Korrekte, gemeenskap laat nie veel ruimte,
lyk dit my, vir grappies nie. Grappies word gevaarlik. Die Vark (Oscar,
'n jong varkie wat iemand tydens 'n rugbywedstryd op Loftus losgelaat
het) het 'n GROOT SKANDAAL ontketen. Oscar diereregte is geskend en die
Groenes was Pers van woede.

Selfs Die Perdeby het so drasties agteruitgegaan dat hy sy akkreditasie
by die SR verloor het.

Die temas op kampus, lyk dit my, bly maar by dinge soos verkragting en
date rape en sulke goed waaroor amper almal kan saamstem. Maar dit bied
nie veel ruimte vir humor nie.

Sent via Deja.com http://www.deja.com/
Share what you know. Learn what you don't.
Re: Die ligtere sy...... [boodskap #24336 is 'n antwoord op boodskap #24179] Di, 29 Junie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Oom Hans  is tans af-lyn  Oom Hans
Boodskappe: 83
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Volle Lid
Leendert van Oostrum wrote in message ...
>
>> |Party Engelse (Britse) humor is goed.
>> |
"The Darling Buds of May" (as ek nou die naam reg het) was briljant in sy
spot met die Engelse se - en kyk hierdie lang woord -

"klasseverskilbeheptesnobisme".

Die "humor" wat die TV dienste deesdae - insluitende M-Net - aan ons opdring
vanuit die VSA, ervaar ek as "mental prostitution" en 'n belediging vir
almal met meer as 'n teelepel verstand. Dis goedkoop omdat dit goedkoop
is - Verteerbare humorreekse uit die VSA is te duur vir die plaaslike
dienste se patetiese begrotings.

Amptelik voeg ek my stem by Leendert toe hy Henri se vertrek uit hierdie ng
bekla het. Dis 'n gebeurtenis wat sak en as regverdig. Dêmmit, ek mis
hom.

Leendert - jy wil nie dalk so bietjie voortborduur op die "hot water
botlles" tema nie - of iets in dier voege ?? Ek probeer heel
moedswillig om nog 'n venster of twee hier oop te maak maar die skaniere is
bietjie verroes. Daar's tekens dat 'n ander briesie dalk deur die gesprekke
hier mag begin waai.........

Jy is daar reg midde in die studentegemeenskap - is daar nog poetsbakkery
onder studente aan die gang ? Is dit nog dieselfde poetse van die jaar
voor die vark (my tyd op Tukkies) of het die aard daarvan verander ?? Is
daar nog dosente wie se reputasie 50% daaruit bestaan hoe hy kon terugkap ??

Binnekort nog idees en voorstelle.

Gegroet
Omie
Re: Frikkadel (was: Re: Die ligtere sy...... [boodskap #24340 is 'n antwoord op boodskap #24296] Di, 29 Junie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Thys de Wet  is tans af-lyn  Thys de Wet
Boodskappe: 211
Geregistreer: Desember 2002
Karma: 0
Senior Lid
Ag ja! Al te seker! Geen afrikaanse huis is regtig afrikaans-tradisioneel
sonder sy frikkadelle nie. Wel vele resepte om dit voor te berei, maar die
eindproduk is wel heel gesellig. Hier te lande word dit van gemaalde vleis
(skaap, of bees en selfs volstruis) gemaak.

Maar dan daar by jullie in de vreemde word dit welzeker van 'gehakte vlees'
gemaakt! Is maar maalvleis hier by ons.

Willem-Jan Markerink wrote in message
> Frikkadel?
> Wil jij beweren dat het dieptepunt van culinair Nederland ook in SA bekend
> is? Is dat wanprodukt al zo oud?....uit de 16/17e eeuw? Gatver....8-))
> En ik dacht dat jullie juist het goede van alle culturen hadden
> overgenomen?....;-))
>
Re: Frikkadel (was: Re: Die ligtere sy...... [boodskap #24341 is 'n antwoord op boodskap #24296] Di, 29 Junie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Willem-Jan Markerink  is tans af-lyn  Willem-Jan Markerink
Boodskappe: 331
Geregistreer: Mei 1999
Karma: 0
Senior Lid
In article ,
e...@dot.com (Johan ) wrote:
> On Mon, 28 Jun 99 03:53:57 GMT, w.j.ma...@a1.nl (Willem-Jan
> Markerink) wrote:
> |Wil jij beweren dat het dieptepunt van culinair Nederland ook in SA bekend
> |is? Is dat wanprodukt al zo oud?....uit de 16/17e eeuw? Gatver....8-))
> |En ik dacht dat jullie juist het goede van alle culturen hadden
> |overgenomen?....;-))
> |
> Ja, maar jy sien, ons het die resep verander !

Wat wordt er in SA dan doorgedraaid?
Ook vleesafval als oren/lippen/etc van koeien en varkens?....8-))

Echt, als je eenmaal weet wat er in zit dan wil je nooit frikadel of kroket
meer....

--
Bye,

Willem-Jan Markerink

The desire to understand
is sometimes far less intelligent than
the inability to understand


[note: 'a-one' & 'en-el'!]
Re: Die ligtere sy...... [boodskap #24358 is 'n antwoord op boodskap #24179] Wo, 30 Junie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
lou[1]  is tans af-lyn  lou[1]
Boodskappe: 579
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
Omproeper op punt vertel vanoggend die volgende storie:

Die boer sit in die kroeg besig om vinnig gekletter te raak. Elke nou en
dan sug hy 'Ja, dinge is ook nie altyd soos dit lyk nie'

Die kroegman kan dit nie later meer hou nie en vra wat hy bedoel.

'Nee' sê die boer 'Die saak staan so - vanmore toe ek besig was om ou
Blommetjie te melk skop sy ewe skielik die emmer om met haar linker
voet. Ek maak toe maar die voet vas aan die stal en gaan voort met melk
maar die volgende oomblik daar skop sy toe die ding om met haar regter
voet. Ek maak maar die toe ook vas. Skaar begin ek weer melk of sy veeg
met haar stert deur die melk en deur my gesig. Ek is toe al goed moeilik
en omdat daar nie nog 'n riem naby is nie, toe haal ek my lyfband af en
maak die die stert daarmee aan die dak balk vas. Maar soos die ongeluk
dit wil hê val my broek juis op daai oomblik af en my vrou stap by die
stal in'.
Re: Die ligtere sy...... [boodskap #24359 is 'n antwoord op boodskap #24179] Wo, 30 Junie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Oom Hans  is tans af-lyn  Oom Hans
Boodskappe: 83
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Volle Lid
@igs.net wrote in message ...
> O moenie huil nie, o moenie treur nie,
> die Stellenbosse boy kom weer.
>
> Tant Hessie (wat weet waar weste winde waai)

Dankie vir die trooswoorde - hoe sal jy weet of hy terugkom ???

Dankie vir jou bydrae tot "die ligtere sy" (die ouer en jonger nursies)
Alle bydraes om daardie thread lewendig te hou, word waardeer.
Niemand sal meer verbaas wees as ek self indien "die ligtere sy" en die
variante wat intussen bygekom het, nog 'n week of wat oorleef nie.

Sal ook in die openbaar erken dat ek nogal waardering het vir die wyse
waarop jy meesal jou plasings afsluit........

(Ja - ek deel af en toe suurklontjies uit)

CLAIM & DISCLAIM :
Ek probeer my plasings goed en oorspronklik maak - MAAR ek waarboorg
geensins dat die dele wat goed is, oorspronklik is nie en nog minder dat die
oorspronklike dele goed is.

Vriendelik vanuit 'n sonnige Walvisbaai

Omie
Re: Die ligtere sy...... [boodskap #24360 is 'n antwoord op boodskap #24179] Wo, 30 Junie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
"Hans" writes: >

> Amptelik voeg ek my stem by Leendert toe hy Henri se vertrek uit hierdie ng
> bekla het. Dis 'n gebeurtenis wat sak en as regverdig. Dêmmit, ek mis
> hom.

O moenie huil nie, o moenie treur nie,
die Stellenbosse boy kom weer.

Tant Hessie (wat weet waar weste winde waai)
Re: Die ligtere sy...... [boodskap #24372 is 'n antwoord op boodskap #24179] Wo, 30 Junie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Johann de Jager  is tans af-lyn  Johann de Jager
Boodskappe: 30
Geregistreer: April 1999
Karma: 0
Volle Lid
Jakes skryf in boodskap news:377253BD.6D78@bake.cookie.com...
>
> Ek weet darem hoe om 'n mooi meisie te beskryf
> sonder
> om my hande te gebruik: Vooruitstrewend, Ingetoë en Agterbaks.

Laat my dink aan die kêrel wat die meisie om die bos gelei en voor stok
gekry het. Hy maak toe 'n goeie indruk en nou is daar 'n brood in die oond
en sy sit met die gebakte pere.

Groetnis

Johann
Re: Die ligtere sy...... [boodskap #24409 is 'n antwoord op boodskap #24179] Do, 01 Julie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Thu, 1 Jul 1999 22:05:58 +0200, "Thys de Wet" wrote:

|Ek was so twee jaar gelede daar in die VSA en Kanada, maar net vir so 5
|weke... Vriende in Kanada het ons op 'n kort toer deur die oostelike VSA
|geneem

Ek wil nog baie graag oos van die groot mere gaar toer, waar die Hollanders
gesettle het. Waar jy die Pensylvania Dutch kry en hulle pragtige handwerk.
Daar is ook glo 'n groterige melk industrie.

So ruk terug is daar melding gemaak van die kalkoene.....

Ek het die week syfers onder oë gekry: Die grootste enkele maatskappy wat
kalkoene verwerk, is Jenny-O, vernoem na Earl Olson se dogter. Hulle verwerk 37
van die 44 miljoen kalkoene wat jaarliks in Minnesota verwerk word. North
Carolina is die staat wat die tweedemeeste verwerk.

Earl Olson het sy kalkoen besigheid begin deur in 1941 met 300 kalkoene te begin
boer en $1 wins op elke kalkoen te maak. In 1952 het hy reeds 'n daaglikse
omset van $100 000 gehad.
Re: Die ligtere sy...... [boodskap #24410 is 'n antwoord op boodskap #24179] Do, 01 Julie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
De Waal Venter  is tans af-lyn  De Waal Venter
Boodskappe: 62
Geregistreer: April 1996
Karma: 0
Volle Lid
Ek was so twee jaar gelede daar in die VSA en Kanada, maar net vir so 5
weke... Vriende in Kanada het ons op 'n kort toer deur die oostelike VSA
geneem: Vanaf Orlando via Atlanta, Nashville, Louisville, Columbus, Niagra
tot by hulle tuiste in Collingwood Ontario. Was nou sommer baie lekker...
Daar in Kanada saam ons vriende se kinders by 'n aarbeiplaas gaan aarbeie
koop, en toe ek afklim en die boer groet, toe hoor ek sommer die Nederlandse
aksent slaan deur. Hulle het in 1952 geëmigreer , en die kinders het nog
steeds hulle Nederlandse aksent met die Kanadees-Amerikaanse Engels as so 'n
duidelike tussen-inner!

Maar ons vrypostigheid om in New York se trein Afrikaans te gesels het 'n
jong dame ons vriendin gou (in Amerikaans) gevra of ons almal sitplekke het.
Sy't mooi gehoor ons het so oor en weer verneem omdat ons van mekaar geskei
was in die sitwa. Sy's toe ook 'n Nederlandse "inwaaier" soos die
Caledonners sal sê vir iemand wat nie daar gebore en grootgeword het nie.
Uit Nederland gekom as 6 jarige en ma en pa het nie veel erg aan Nederlands
gehad nie en toe amerikaans begin praat. Sy't toe sommer 'n heerlike
gesprek gevoer met ons beste skool-nederlands en haar
amerikaans-nederlands...
So kan mens jou bek verby praat in die vreemde...
> Nog nie veel Nederlanders se nageslagte in hierdie wereld teegekom nie. Ek dink
> die melkboerdery agtergrond kom die meeste van switzerse, duitse en
> skandinawiese agtergrond.
>
Re: Frikkadel (was: Re: Die ligtere sy...... [boodskap #24444 is 'n antwoord op boodskap #24296] Vr, 02 Julie 1999 00:00 Na vorige boodskap
Willem-Jan Markerink  is tans af-lyn  Willem-Jan Markerink
Boodskappe: 331
Geregistreer: Mei 1999
Karma: 0
Senior Lid
In article ,
"Thys de Wet" wrote:

> Willem-Jan Markerink wrote in message
>> Frikkadel?
>> Wil jij beweren dat het dieptepunt van culinair Nederland ook in SA bekend
>> is? Is dat wanprodukt al zo oud?....uit de 16/17e eeuw? Gatver....8-))
>> En ik dacht dat jullie juist het goede van alle culturen hadden
>> overgenomen?....;-))
>>
>
>
> Ag ja! Al te seker! Geen afrikaanse huis is regtig afrikaans-tradisioneel
> sonder sy frikkadelle nie. Wel vele resepte om dit voor te berei, maar die
> eindproduk is wel heel gesellig. Hier te lande word dit van gemaalde vleis
> (skaap, of bees en selfs volstruis) gemaak.
>
> Maar dan daar by jullie in de vreemde word dit welzeker van 'gehakte vlees'
> gemaakt! Is maar maalvleis hier by ons.

Gehakt is het niet echt, daarvoor is de inhoud van een 'ollandse frikadel
veel te fijn gemalen, te bleek (meer wit en grijs dan roze), lijkt net Tofu
(soja-boon produkt).
Echt, een worst van gehakt is veel minder fijn van struktuur, daarbij kun
je tenminste nog fantaseren dat er echt vlees in zit....;-))

--
Bye,

Willem-Jan Markerink

The desire to understand
is sometimes far less intelligent than
the inability to understand


[note: 'a-one' & 'en-el'!]
Vorige onderwerp: Koos
Volgende onderwerp: Die Koei
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Apr 25 04:50:37 MGT 2024