Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Boeke, tydskrifte & koerante » Boek vir Jonas
Boek vir Jonas [boodskap #3359] Di, 23 Desember 2003 21:30 na volgende boodskap
Lorinda  is tans af-lyn  Lorinda
Boodskappe: 557
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
Vandag in 'n boekwinkel sien ek dat een van die gewilde boeke hierdie jaar
is "Muddied Oafs: The Last Days of Rugger" deur ene Richard Beard. Ek sê net
ingeval jy iets soek om op jou krismis lys te skryf! :-) - ek weet niks van
rugby af nie.

Lorinda
Re: Boek vir Jonas [boodskap #3366 is 'n antwoord op boodskap #3359] Wo, 24 Desember 2003 03:49 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jonas  is tans af-lyn  Jonas
Boodskappe: 1070
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
Lorinda - dis jammer dat jy niks daarvan weet nie. Een van my beste boeke
"The art of coarse rugby" is naas "Three men in a boat" sekerlik die
snaakste wat ek ooit gelees het. (Om die waarheid te sê ek het die boek
byderhand gehou as opkikker.)
Om jou boek plaaslik te kry is waarskynlik onmoontlik. Ek het gister na die
2003 se "Cricket Yaerboek" vir die RSA in 3 boekwinkels gaan soek - sonder
enige sukses. Om deur Amazon te koop is die beste - maar dan is die wagtyd
te lank tensy mens bereid is om deur jou ore vir posgeld te bepaal.
In elk geval Lorinda - "it's the thought that counts...", en ek sal na
"Muddied oafs .." gaan soek.
O ja - geseende Kersfees vir more - vrede en goeie gesondheid.
Re: Boek vir Jonas [boodskap #3379 is 'n antwoord op boodskap #3366] Wo, 24 Desember 2003 18:55 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Lorinda[2]  is tans af-lyn  Lorinda[2]
Boodskappe: 531
Geregistreer: Mei 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Jonas" skryf in boodskap news:...
> Lorinda - dis jammer dat jy niks daarvan weet nie. Een van my beste boeke
> "The art of coarse rugby" is naas "Three men in a boat" sekerlik die
> snaakste wat ek ooit gelees het. (Om die waarheid te sê ek het die boek
> byderhand gehou as opkikker.)
> Om jou boek plaaslik te kry is waarskynlik onmoontlik. Ek het gister na die
> 2003 se "Cricket Yaerboek" vir die RSA in 3 boekwinkels gaan soek - sonder
> enige sukses. Om deur Amazon te koop is die beste - maar dan is die wagtyd
> te lank tensy mens bereid is om deur jou ore vir posgeld te bepaal.
> In elk geval Lorinda - "it's the thought that counts...", en ek sal na
> "Muddied oafs .." gaan soek.
> O ja - geseende Kersfees vir more - vrede en goeie gesondheid.

Jonas, oor rugby gepraat - ek het nogal genoeg gehad daarvan hier in
Engeland hierdie jaar!:-) Maar die Engelse was so verskriklik
ontsettend bly dat hulle gewen het, dat mens hulle dit maar gegun het.

Jy sê "it's the thought that counts...", dis glad nie so nie hoor!
Mens kry die boek of mens kry dit nie. Die thought help niemand nie en
ek hoop al my vriende en familie wat dalk hierdie pos lees (en
verstaan) neem dit ter harte :-))

'n Geseende Kersfees vir jou ook en net soveel vrede en gesondhied as
wat jy wil hê.

Lorinda
Re: Boek vir Jonas [boodskap #3398 is 'n antwoord op boodskap #3379] Do, 25 Desember 2003 04:56 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jonas  is tans af-lyn  Jonas
Boodskappe: 1070
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
Die presiese rede waarom ek nie wou hê dat hulle moes wen nie. Mens sal
nooit die einde daarvan hoor nie.
Maar hulle was baie goed en het verdien om te wen.
Re: Boek vir Jonas [boodskap #3403 is 'n antwoord op boodskap #3398] Sa, 27 Desember 2003 16:46 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Lorinda[2]  is tans af-lyn  Lorinda[2]
Boodskappe: 531
Geregistreer: Mei 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Jonas" skryf in boodskap news:...
> Die presiese rede waarom ek nie wou hë dat hulle moes wen nie. Mens sal
> nooit die einde daarvan hoor nie.
> Maar hulle was baie goed en het verdien om te wen.

Hulle glo oor die algemeen dat hulle spanne nie goed in sport is nie,
en die gees is gewoonlik een van "ons sal definitief nie wen nie". So
'n paar jaar gelede met die Hansie Cronje krieket skandaal en die
aantygings dat hy omkoopgeld geneem het ens, sê een van hulle vir my
"I wish we could find out that our team was bribed all these years,
and it wasn't simply that we were rubbish..". Die sentiment was so
algemeen dat 'n weergawe daarvan selfs as 'n spotprent in een van die
koerante voorgekom het:-)

Lorinda
Re: Boek vir Jonas [boodskap #3411 is 'n antwoord op boodskap #3403] So, 28 Desember 2003 03:14 Na vorige boodskap
Jonas  is tans af-lyn  Jonas
Boodskappe: 1070
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
Ek glo dat daar wel Britte betrokke was by die omkopery. Die voormalige
Britse paaltjiewagter was een van die manne wat onder verdenking was.
Vorige onderwerp: Oor Michael Moore
Volgende onderwerp: Opsoek na 'n Bollie
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mar 28 21:53:52 MGT 2024