Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Lekker » Stokperdjies & kunsvlyt » J.H.Briel Foto's en seels versameling
J.H.Briel Foto's en seels versameling [boodskap #19695] Ma, 04 Januarie 1999 00:00 na volgende boodskap
Petfly  is tans af-lyn  Petfly
Boodskappe: 22
Geregistreer: Februarie 1998
Karma: 0
Junior Lid
Ek het op J.H.Briel se Seelversameling an foto's van 1930 tot omtrent
1945 afgekom.
Van die seels is te sien by http://wild.co.za/stamp-pa.htm Daar is
nog hel baie seels.

Waar gaan ek met die goeters heen. Museum of familie of wat ook al.
Ek het dit by 'n ou oom (J.A.Potgieter) gekry wat dit wou weggooi.

Dankie en mooi bly.
Sel; 0832833081
Martin

NS. You can't go on being a good egg forever....you either hatch or go
bad.
Re: J.H.Briel Foto's en seels versameling [boodskap #19709 is 'n antwoord op boodskap #19695] Di, 05 Januarie 1999 00:00 Na vorige boodskap
Jean-Pierre Botha  is tans af-lyn  Jean-Pierre Botha
Boodskappe: 85
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Volle Lid
In skrywe , het petf...@hotmail.com die
volgende te sê gehad:
> Ek het op J.H.Briel se Seelversameling an foto's van 1930 tot omtrent
> 1945 afgekom.
> Van die seels is te sien by http://wild.co.za/stamp-pa.htm Daar is
> nog hel baie seels.
>
> Waar gaan ek met die goeters heen. Museum of familie of wat ook al.
> Ek het dit by 'n ou oom (J.A.Potgieter) gekry wat dit wou weggooi.
>

Die koeverte by jou webwerf, en die seels op hulle, is baie interessant,
maar nie veel werd (uit 'n seelversamelaarsoogpunt) nie. Dit beteken nie
dat daar nie waardevolle seels onder die res kan wees nie, maar die kanse
is skraal. In daardie tydvak is Suid-Afrikaanse seels in London gedruk,
en daar is meer aan versamelaars in Brittanje verkoop as wat ooit op
briewe in Suid-Afrika gebruik is. As gevolg van die ooraanbod is die
tydperk se seels volop en relatief min werd.

As jy wil kan jy die versameling laat waardeer by enige seelhandelaar.
Daar is van hulle in die meeste groot sentra, raadpleeg die geel bladsye.

Ek sou nie op hierdie stadium 'n skenking aan 'n museum voorstel nie.
S.A. Museums gaan op die oomblik deur 'n transformasiekrisis. Befondsing
is onvoldoende, personeel verlaat instansies en word nie vervang nie, en
alhoewel die mense hulle uiterste bes doen, kan hulle nie die langtermyn
veiligheid van enige skenking waarborg nie.

As ek in jou skoene was, sou ek die versameling (en die foto's) hou. Dit
behoort vir jou en jou familie betekenis te he, en des te meer vir jou
kinders en kleinkinders eendag. Dit vat tog seker nie veel plek op nie,
en benodig min of geen onderhoud. As jy dit verkoop, sal jy niks meer as
'n gedeelte van die potensiele herverkoopwaarde kry nie (die
seelhandelaar moet ook lewe). En 'n museum sal dit waarskynlik aanvaar,
maar jy verloor alle regte daarop na skenking. En eendag sit hulle met 'n
spasie-probleem, en iemand moet die versameling evalueer op historiese
meriete, en wat dink jy gaan J.H.Briel beteken vir die gemiddelde NSA
van die toekoms?

Nee wat, dis joune. Hou dit. Jy en jou nasate kan dit waardeer en beter
daarvoor sorg.

Johan
___
JlR
Bfn.
Vorige onderwerp: ` Kursus: Inleiding tot Fotografie `
Volgende onderwerp: Enige goeie idees vir 'n deurmekaar leerling?
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mar 28 15:18:26 MGT 2024