Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » kolossaal
kolossaal [boodskap #146567] Ma, 30 September 2024 16:04
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20344
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
kolossaal
Afbreking: ko•los•saal
Samestelling: kolos + -aal


Byvoeglike naamwoord: kolossaal
Vergrotende trap: kolossaler
Oortreffende trap: kolossaalste
Attributief: kolossale
Partitief: kolossaals

Betekenis:
• Besonder groot.

Gebruik:
• Die standbeeld is kolossaal.
• Hy woon in 'n kolossale huis.

Sinoniem:
• astronomies
• buitengewoon
• enorm
• geweldig
• indrukwekkend
• majestueus
• massief
• moerse
• onmeetlik
• ontsaglik
• reusagtig
• tamaai
• titanies
• yslik

Vertaling:
Engels: colossal, gigantic, enormous, huge
Nederlands: kolossaal

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: menssku
Volgende onderwerp: gewaagd
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Okt 09 12:18:38 MGT 2024