menssku [boodskap #146566] |
Ma, 30 September 2024 15:47 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20344 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
menssku
Afbreking: mens•sku
Samestelling: mens + sku
Byvoeglike naamwoord: menssku
Vergrotende trap: mensskuer, mensskuwer
Oortreffende trap: mensskuuste
Attributief: mensskue
Betekenis:
• Wat mense probeer vermy; sku is vir mense en geselskap ontwyk.
Gebruik:
• Heidi se oupa was menssku en het alleen in die berge gewoon.
Sinoniem:
• antisosiaal
• asosiaal
• inkennig
• onmaatskaplik
• skaam
• skugter
• teruggetrokke
Afgelei:
• mensskuheid
Vertaling:
Engels: unsociable, people shy
Nederlands: niet sociaal
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|