Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » basuin
basuin [boodskap #146025] Sa, 03 Augustus 2024 09:53
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20147
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
basuin
Afbreking: ba•suin


Selfstandige naamwoord: basuin
Meervoud: basuine

Betekenis:
• 'n Lang, reguit blaasinstrument met 'n sterk klank (die voorloper van die trompet).

Gebruik:
• Want as die basuin ook 'n onduidelike klank gee, wie sal klaarmaak vir die oorlog? [Joël 2:15]

Spreekwoord:
• Jou eie basuin blaas [Jou eie roem verkondig.]

Sinoniem:
• blaashoring
• ramshoring

Hiponiem:
• krygsbasuin
• oorlogsbasuin

Afgelei:
• basuinblaser
• basuingeklank
• basuingeskal

Verwant:
• rondbasuin
• uitbasuin

Vertaling:
Engels: buisine, mediaeval trumpet
Nederlands: bazuin

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: graankorrel
Volgende onderwerp: blaasinstrument
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Sep 11 14:09:03 MGT 2024