Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » toedig
toedig [boodskap #145818] Wo, 10 Julie 2024 12:38
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19557
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
toedig
Afbreking: toe•dig
Samestelling: toe + dig


Werkwoord: toedig
Verlede tyd: het toegedig

Betekenis:
• Om 'n (meestal onregverdige) eienskap toe te ken.
• Om die oorsprong of oorsaak van iets aan te dui (dikwels ten onregte).

Gebruik:
• Die toedig van menslike eienskappe aan lewelose dinge word personifikasie genoem.
• Die aanhaling word, sonder die verstrekking van 'n presiese bron, aan Plato toegedig.

Sinoniem:
• aanreken
• akkrediteer
• toeëien
• toereken
• toeskryf

Afgelei:
• toedigting

Vertaling:
Engels: to ascribe, attribute, impute, blame
Nederlands: toedichten

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.

[Bygewerk op: Do, 11 Julie 2024 19:25]

Rapporteer boodskap aan 'n moderator

Vorige onderwerp: kwintet
Volgende onderwerp: kunsbeen
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Jul 13 12:01:01 MGT 2024