Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Lekker » Musiek & liriek » Afrikaanse musiek
Afrikaanse musiek [boodskap #17229] Di, 01 September 1998 00:00 na volgende boodskap
Riaan  is tans af-lyn  Riaan
Boodskappe: 1008
Geregistreer: Maart 2006
Karma: 0
Senior Lid
Kom ek gooi 'n klip in die bos en sê dat "afrikaanse musiek grens aan
pateties"

Hoekom word sekere radio stasies gedwing om 'n sekere aantal afrikaanse
musiek per dag uit te saai ?. Dit behoort mos 'n geval te wees van speel
waarvan die mense hou.

Dink bietjie daaroor, dit is absoluut belaglik. As ek iets op die mark
plaas wat nie verkoop nie, is dit omdat dit 'n swak produk is, of omdat die
mark nie 'n aanvraag daarvoor toon nie. Ek kan mos nie nou wil omdraai en
by een of ander organisasie wil kla oor die toestand van sake nie. Wat nog
te sê die organisasie wil vra dat hulle moet help om die gemeenskap te
dwing om my produk te koop nie.

Onoorspronklik is volgens my die beste manier om die meerderheid afrikaanse
kunstenaars mee op te som. Hulle vat 'n gewilde engelse liriek, en voeg 'n
klomp afrikaanse woorde daarin. Jurie Els is op die oomblik los hande voor
wat dit betref.

Die enkeles wat probeer om eie woord en liriek te gebruik eindig 99% van
die tyd op met iets wat klink tussen 'n Sannie Briel en Bles Bridges
mengelmoes. Het iemand al die liedjie "Clara Bell kom lê by my" gehoor ?.
Ek het amper my kar gerol van die lag/skrik toe ek dit hoor. Ek het gedink
daar is 'n kat iewers in my kar.

Ek persoonlik weet dat ek nie twee note kan sing nie, en dit is waarom ek
nie 'n sanger is nie. Ek dink van die sogenaamde kunstenaars tussen ons
moet dit ook asb besef dat die gawe om mooi te sing nie almal van ons
toekom nie, met die klem op mooi natuurlik.

Soos dit nou aangaan kan elke tweede ou 'n cd opneem, spaar my dit asb.

Groete

Riaan
Re: Afrikaanse musiek [boodskap #17230 is 'n antwoord op boodskap #17229] Di, 01 September 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Hagar  is tans af-lyn  Hagar
Boodskappe: 7
Geregistreer: September 1998
Karma: 0
Junior Lid
Daar is goeie oorspronklike afrikaanse musiek beskikbaar - maar ons radio
stasies is te verkramp om dit te speel.
Luister na Koos Kombuis, Piet Botha en Valiant Swart se nuutste CD's. Dit
loop oor van talentvolle Afrikaanse Rock en Blues. Dis great musiek en
totaal en al socalled radio vriendelik.

5FM claim hulle support Suid Afrikaanse musiek maar speel nooit - of baie
selde - bogenoemde musiek

Hennie
Re: Afrikaanse musiek [boodskap #17255 is 'n antwoord op boodskap #17229] Wo, 02 September 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Knormoer[1]  is tans af-lyn  Knormoer[1]
Boodskappe: 16
Geregistreer: Julie 1997
Karma: 0
Junior Lid
| Daar is goeie oorspronklike afrikaanse musiek beskikbaar - maar ons radio
| stasies is te verkramp om dit te speel.
| Luister na Koos Kombuis, Piet Botha en Valiant Swart se nuutste CD's.
Dit
| loop oor van talentvolle Afrikaanse Rock en Blues. Dis great musiek en
| totaal en al socalled radio vriendelik.

Hoor Hoor!!

Knormoer
Re: Afrikaanse musiek [boodskap #17256 is 'n antwoord op boodskap #17229] Wo, 02 September 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Hendrik  is tans af-lyn  Hendrik
Boodskappe: 5
Geregistreer: September 1998
Karma: 0
Junior Lid
gide...@usa.net wrote in message
>
> Diep woorde wat jy hier praat.
>
> Snip hits (en dit is nie net oompah musiek nie, maar intelligente kwaliteitmusiek)
> in die kantore van Decibel, Tusk en kie wat nooit by die mark sal uitkom nie.
> Die ouens is te grend om self te luister na dit wat musikante kan aanbied.
> Die ander roete wat jy kan volg is om dit self in die mark te probeer kry.
> Dit kos geld. Jy moet jou eerste bylaag sny in hoeveelhede wat in die mark
> kan ingaan (kyk na so R 20 000 net om jou eerste bylaag en die meester te sny
> - met die rand wat so wonderlik vertoon word dit nie beter nie). Iemand moet
> by radiostasies, die winkels en adere uitkom om die goed op die lug te kry en
> op die rakke te kry. Dit klink maklik, maar SA is groot, en dit is moeilik om
> die besluitnemers wat aankope doen te sien.
> Snip ondersteun nie en hul plate verkoop nie. Die probleem is dat die Afrikaners
> die "blaas-op-my-bal" en "lekker liedjies vir die sokkiejol deel 120" kak
> KOOP, en dit die sonde van oppervlakkige, vlak Afrikaanse musiek laat
> voortbloei. Die radiostasies speel dit wat mense aanvra en koop (bewustelik
> of onbewustelik). Dus - as genoeg mense vra dat Radio Pretoria Kerkorrel se
> "Eurofobia" speel, sal hulle - al dink hulle dalk dat Kerkorrel 'n kommunis
> of 'n moffie of anti-afrikaans of watookal is.
>
> Snip -Gideon-
>
> -----== Posted via Deja News, The Leader in Internet Discussion ==-----
> http://www.dejanews.com/rg_mkgrp.xp Create Your Own Free Member Forum

Dis waar wat Gideon se: die mense (Afrikaans of Engels ) wat daai gemors
soos Stoutgat Treffers No.x of Blaas my bal ens. koop moet eerder hulle geld
spaar en iets oordentliks in Afrikaans koop.

Gelukkig is daar mense soos Wildebeest Records (Pta) en Trippy Grape
(Stellenbosch) wat nuwe plaaslike kunstenaars 'n kans sal gee. Selfs Anton
Goosen is nou Wildebeest Records toe. Hulle kyk na almal - nie soos Tusk en
kie wat net worry oor geld nie. Net so kry jy ook nie al die SA musiek op
die rakke van Musica en ander groot CD winkels nie - wie se skuld is dit :
die verspreiders of die aankopers van die winkels?

Ek ry eerder al die pat Sunnyside of Hatfield toe van die suide van Jhb en
ondersteun "Mainline Music" - hulle het omtrent al die nuwe plaaslike
musiek.

Kyk bietjie watter plate maatskappye was by Oppikoppi in Aug.

Mag Eckard Potgieter en Dagga-Dirk Uys (voorheen drommer saam Koos Kombuis)
voortgaan om al die beste SA kunstenaars aan ons te bring.

Hendrik
Re: Afrikaanse musiek [boodskap #17257 is 'n antwoord op boodskap #17229] Wo, 02 September 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 02 Sep 1998 08:04:06 GMT, gide...@usa.net wrote:

|wat reeds verkoop. Dit kos baie geld om 'n CD by die mark te kry, en as dit
|nie 'n beproefde resep is nie, is die ouens versigtig om die geld te belê.
|
|2. Dit is nie goedkoop om 'n CD te maak nie. Om 'n kwaliteitproduksie te maak
|kos onegveer R 40 000.00. Heelwat nuwe kunstenaars wat in die mark inbreek is

Ek het ook eers so gedink - tot ek nou 'n student in my klas gehad het
wat lid is van 'n heavy metal groep (as jy wil sal ek sy website
adres kry en plaas - daar is 'n sample op van hulle werk). Hulle het
'n studio opgesit in een ou se basement (wat meeste musikante reeds
het) en 'n ander ou het die torusting aangeskaf om die CD mee te sny
en hulle het die covers laat druk. Voila, hulle het hulle eie CD op
die mark gebring en nou pryk hy op winkelrakke.

Ek dink die saak het twee kante - ons mense glo as jy nie duur betaal
vir fasiliteite om die CD te produseer nie, dan is dit swak gehalte.
En ons is lui om self handjies uit te steek en die ding te doen -
selfdoen is ook mos "swak kwaliteit".

Johan

Vat dit rustig, dan geniet jy die lewe meer ....!
Re: Afrikaanse musiek [boodskap #17258 is 'n antwoord op boodskap #17229] Wo, 02 September 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 01 Sep 1998 20:30:46 GMT, ferd...@icon.co.za (Ferdi ) wrote:

|Ek kry nie iets om vir hulle te speel wat hulle kan laat "connect" met
|Afrikaanse musiek nie.

Jy kan dalk "kruisband" probeer van De Maniac - sy CD het laasjaar dié
tyd baie goed verkoop. Die outjie kombineer Techno musiek met
boeremusiek.

Johan

Vat dit rustig, dan geniet jy die lewe meer ....!
Re: Afrikaanse musiek [boodskap #17259 is 'n antwoord op boodskap #17229] Wo, 02 September 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
hen...  is tans af-lyn  hen...
Boodskappe: 133
Geregistreer: Junie 1998
Karma: 0
Senior Lid
Ferdi skryf:

> Dit spyt my maar ek moet met jou saamstem.
> Ek het twee jong tieners in die huis. Hulle lag vir Afrikaanse musiek.
> Ek kry nie iets om vir hulle te speel wat hulle kan laat "connect" met
> Afrikaanse musiek nie.

Hulle sal, en jy sal nie, want hulle is tieners. Na wie het jy geluister toe
jy 'n tiener was, Ferdi. Groep 2 en Herbie&Spence? Of Beatles, Credance
Clearwater, en die manne?

Soos wat die tyd aanstap, begin die meeste mense soek na dit wat hulle eie
is. Moenie verbaas wees as hulle oor 10 jaar by jou huis aankom en 'Sprokie
vir 'n stadskind' vir jou speel, en aan jou probeer verduidelik hoe 'cool'
Koos Doep eintlik was nie, of dat 'Skipskop' die beste Afrikaanse liedjie is
wat ooit geskryf was nie, al verstaan hulle nie eintlik die sosiale
kommentaar nie.

Maar dit help nie die ouens kla net nie, daar moet na ander maniere gekyk
word. Die Klein Karoo Kunstefees is een so 'n opsie. Twee jaar terug het
Gert Vlok Nel op sy eie koste 'Beaufort-Wes se beautiful woorde' by die
Rimpelfees gedoen. Hy was 'n 'hit', en hierdie jaar is hy betaal om op die
Hooffees op te tree, en die CD is nou beskikbaar.

Die vraag is wat doen ons ouens om die kunstenaars te ondersteun? So 'n
klompie jaar terug het ons hier plaaslik begin om een keer per jaar 'n
kunstenaar te laat kom optree, maar dis duur, en jy sal nie geld maak met so
'n funksie nie, maar die idee het posgevat, en hier tree nou omtrent
weekliks Afrikaanse kunstenaars op, soos wat verskillende instansies hulle
nooi. As elke dorp in SA so iets doen, gaan die ouens hulle vrek sing. En jy
sal die CD by die kunstenaar self kan koop.

As enige ou belangstel in die resep vir so 'n funksie, is hy welkom om my te
kontak.

Groete

Henri Burger, Tzaneen. RSA
(e-mail: remove 'sukikaki.')
Re: Afrikaanse musiek [boodskap #17260 is 'n antwoord op boodskap #17229] Wo, 02 September 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Gideon  is tans af-lyn  Gideon
Boodskappe: 194
Geregistreer: Januarie 1997
Karma: 0
Senior Lid
In article ,
"Riaan" wrote:
> Kom ek gooi 'n klip in die bos en sê dat "afrikaanse musiek grens aan
> pateties"

> ......

> Onoorspronklik is volgens my die beste manier om die meerderheid afrikaanse
> kunstenaars mee op te som. Hulle vat 'n gewilde engelse liriek, en voeg 'n
> klomp afrikaanse woorde daarin. Jurie Els is op die oomblik los hande voor
> wat dit betref.
>
> Die enkeles wat probeer om eie woord en liriek te gebruik eindig 99% van
> die tyd op met iets wat klink tussen 'n Sannie Briel en Bles Bridges
> mengelmoes. Het iemand al die liedjie "Clara Bell kom lê by my" gehoor ?.
> Ek het amper my kar gerol van die lag/skrik toe ek dit hoor. Ek het gedink
> daar is 'n kat iewers in my kar.
>
> Ek persoonlik weet dat ek nie twee note kan sing nie, en dit is waarom ek
> nie 'n sanger is nie. Ek dink van die sogenaamde kunstenaars tussen ons
> moet dit ook asb besef dat die gawe om mooi te sing nie almal van ons
> toekom nie, met die klem op mooi natuurlik.
>
> Soos dit nou aangaan kan elke tweede ou 'n cd opneem, spaar my dit asb.
>

Diep woorde wat jy hier praat.

Daar is 'n paar dinge wat die mark beheer en dit wat by jou ore uitkom
sensureer.

1. Distribusie van Afrikaanse musiek word beheer deur net 'n paar
organisasies. Daar is ouens met baadjies en hoede wie besluit wat gehoor sal
word. Dit het op die ou end bitter min met talent te maak, maar eerder met
wat reeds verkoop. Dit kos baie geld om 'n CD by die mark te kry, en as dit
nie 'n beproefde resep is nie, is die ouens versigtig om die geld te belê.

2. Dit is nie goedkoop om 'n CD te maak nie. Om 'n kwaliteitproduksie te maak
kos onegveer R 40 000.00. Heelwat nuwe kunstenaars wat in die mark inbreek is
nie noodwendig die met talent nie, maar mense wat geld het. As dit klaar is,
is net 'n stukkie van die werk gedoen. Ek weet van a-graad produksies wat al
by al wat 'n verspreider (platemaatskappy) was, maar die ouens doen in meeste
gevalle nie ees die moeite om te luister nie. Daar staan rakke vol potensiële
hits (en dit is nie net oompah musiek nie, maar intelligente kwaliteitmusiek)
in die kantore van Decibel, Tusk en kie wat nooit by die mark sal uitkom nie.
Die ouens is te grend om self te luister na dit wat musikante kan aanbied.
Die ander roete wat jy kan volg is om dit self in die mark te probeer kry.
Dit kos geld. Jy moet jou eerste bylaag sny in hoeveelhede wat in die mark
kan ingaan (kyk na so R 20 000 net om jou eerste bylaag en die meester te sny
- met die rand wat so wonderlik vertoon word dit nie beter nie). Iemand moet
by radiostasies, die winkels en adere uitkom om die goed op die lug te kry en
op die rakke te kry. Dit klink maklik, maar SA is groot, en dit is moeilik om
die besluitnemers wat aankope doen te sien. As jy nie toer nie, kan jy maar
vergeet om impak te hê as 'n indiwidu in die mark. Dit kos geld om 'n toer
aan die gang te kry. Jy moet effektief al jou tyd daaraan bestee om net aan
die gang te kom. So - no day-job om die pot aan die kook te hou nie.
Effektief - as jy dit self wil doen en nie jou familie wil laat doodgaan
totdat jy genoeg werk en verkope het om dit 'n lewensvatbare inkomste te maak
nie, moet jy 'n jaar van jou lewe, minstens R 100 000,00 aan insetkoste en
voorsiening vir 'n jaar se lewensuitgawes maak. So - maak nie saak hoeveel
talent 'n musikant mag hê nie - dit beteken niks sonder dat jy jou pesnioen
tot niet maak op 'n weddenskap nie.

3. Dit is die Suid-Afrikaanse publiek se eie skuld dat daar nie meer goeie
musiek is in Afrikaans nie. Die talentvolle ouens se shows word nie
ondersteun nie en hul plate verkoop nie. Die probleem is dat die Afrikaners
die "blaas-op-my-bal" en "lekker liedjies vir die sokkiejol deel 120" kak
KOOP, en dit die sonde van oppervlakkige, vlak Afrikaanse musiek laat
voortbloei. Die radiostasies speel dit wat mense aanvra en koop (bewustelik
of onbewustelik). Dus - as genoeg mense vra dat Radio Pretoria Kerkorrel se
"Eurofobia" speel, sal hulle - al dink hulle dalk dat Kerkorrel 'n kommunis
of 'n moffie of anti-afrikaans of watookal is.

So in kort. Dit is 'n gemors en mens kan maar net hoop dat iemand iewers iets
daadwerklks probeer om die talent wat daar is die erkenning te gee wat dit
verdien instede dat dit begrawe word onder die massa van "mediocrity" wat die
Afrikaanse musiekmark op die oomblik tipeer.

-Gideon-

-----== Posted via Deja News, The Leader in Internet Discussion ==-----
http://www.dejanews.com/rg_mkgrp.xp Create Your Own Free Member Forum
Re: Afrikaanse musiek [boodskap #17279 is 'n antwoord op boodskap #17229] Do, 03 September 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Gideon  is tans af-lyn  Gideon
Boodskappe: 194
Geregistreer: Januarie 1997
Karma: 0
Senior Lid
In article ,
e...@dot.com wrote:
>
> Ek het ook eers so gedink - tot ek nou 'n student in my klas gehad het
> wat lid is van 'n heavy metal groep (as jy wil sal ek sy website
> adres kry en plaas - daar is 'n sample op van hulle werk). Hulle het
> 'n studio opgesit in een ou se basement (wat meeste musikante reeds
> het) en 'n ander ou het die torusting aangeskaf om die CD mee te sny
> en hulle het die covers laat druk. Voila, hulle het hulle eie CD op
> die mark gebring en nou pryk hy op winkelrakke.
>
> Ek dink die saak het twee kante - ons mense glo as jy nie duur betaal
> vir fasiliteite om die CD te produseer nie, dan is dit swak gehalte.
> En ons is lui om self handjies uit te steek en die ding te doen -
> selfdoen is ook mos "swak kwaliteit".
>
>

In die VSA is dit maklik. Toerusting is goedkoop. In SA is dit dêm duur. Dan
het jy net toerusting. Jy kan 'n MIDIstudio vir relatief goedkoop opsit, maar
verwerkings is ook nie elke ou se kos nie. Kom ons neem maar 'n Kitaarspeler
wat 'n liedjieskrywer is. 'n Midistudio help hom nie veel nie. Hy kan
natuurlik live opneem - maar dan is daar allerhande ander komplikasies soos
om ouens te kry wat ook studiowerk kan doen. Onthou alle musiek kom nie uit
groepe uit nie, maar daar is heelwat indiwidue.

So - nie so eenvoudig soos dit klink nie. Dit kan vir sommige werk, maar nie
vir almal nie, en selfs dan in SA gaan jy deur jou nek betaal

-----== Posted via Deja News, The Leader in Internet Discussion ==-----
http://www.dejanews.com/rg_mkgrp.xp Create Your Own Free Member Forum
Re: Afrikaanse musiek [boodskap #17301 is 'n antwoord op boodskap #17229] Vr, 04 September 1998 00:00 Na vorige boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On 1 Sep 1998 08:47:47 GMT, "Riaan" wrote:
Re: Afrikaanse musiek [boodskap #17302 is 'n antwoord op boodskap #17229] Vr, 04 September 1998 00:00 Na vorige boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 2 Sep 1998 18:20:45 -0500, "Henri Burger" wrote:

jy 'n tiener was, Ferdi. Groep 2 en Herbie&Spence? Of Beatles, Credance[/color]
> Clearwater, en die manne? >>

Dis nie net die tyd-ding nie.
Hulle konnekteer met David Kramer. Hou van hom. Maar hy is ook reeds
oud.
Die Britse bands wat ek genoem het, klink eenvoudig anders.
Dis asof Valiant Swart die musiek maak wat hy op hoe"rskool gehoor het
en altyd wou maak terwyl die Britte dit op hoe"rskool reeds gemaak het
en nou n nuwe weergawe probeer.

Hulle is dus nuut.
Vorige onderwerp: Afrikaanse radio...
Volgende onderwerp: RE: Hulp met "Stille Nag" lirieke - Vertalings
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mar 29 14:48:20 MGT 2024