Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Lekker » Musiek & liriek » 'n Fees van Opera - Konsert in Pretoria 17 September
'n Fees van Opera - Konsert in Pretoria 17 September [boodskap #16977] Do, 20 Augustus 1998 00:00
jvor...  is tans af-lyn  jvor...
Boodskappe: 1
Geregistreer: Augustus 1998
Karma: 0
Junior Lid
"'n Fees van Opera", aangebied deur Opera 2000, gaan absoluut wees wat die
naam sê!

web-bladsy : http://members.tripod.com/~johanv/opera/opera.htm

Die produksie word aangebied op 17 September 98, en sluit bekende en geliefde
arias, ensembles, kore en overtures van sulke bekende komponiste soos Verdi,
Rossini, Donizetti en Bellini in. Duitse opera word verteenwoordig deur
Flowtow.

Konsert besonderhede:
Datum : 17 September 1998, om 20h00
Plek : Pretoria Stadsaal
Aangebied deur Opera 2000 met lede van NAPOP (die ou TRUK-orkes) en die Ad
Musicum koor.
Dirigent : Dr. Eberhard Künkel.

Kontak inligting :
Besprekings kan by Johan gemaak word :
Tel : 083-777-0931
e-pos : jvor...@twrinet.twr.ac.za
web-bladsy : http://members.tripod.com/~johanv/opera/opera.htm

Ander kontak nommers : Bets by (021)330-0158 of Dries by (021)804-0689.

'n Paar van die meer bekende items sluit in die Slawekoor uit "Nabucco" ("Va
Pensiero"), arias soos "La Donna E Mobile" and "Questa O Quella" uit
Verdi se Rigoletto. Die fenomenale aria "È Strano" uit Verdi se "La Traviata",
beloof om 'n hoogtepunt op die program te wees. Ander gewilde items is
"M’Aparri Tut Amor" en die "Mitternacht" kwartet uit Flotow se "Martha".

Die orkes is saamgestel uit die keur van die NAPOP orkes (voorheen
TRUK-orkes). Op die podium is die wêreld-bekende dirigent Dr. Eberhard
Künkel.

Hierdie konsert beloof om 'n wonderlike geleentheid te wees vir alle
liefhebbers van klassieke musiek. Die kunste in Suid-Afrika het JOU
ondersteuning broodnodig! Besoek asb. die web-bladsy vir volledige inligting,
en stuur die boodskap aan vir almal wat jy ken :-)
Vorige onderwerp: O, die liewe Martatjie
Volgende onderwerp: Nuwe Clinton liedjie
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mar 28 15:23:06 MGT 2024