Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Lekker » Humor & grappe » Kwinkslae
Kwinkslae [boodskap #16011] Vr, 03 Julie 1998 00:00
Gideon  is tans af-lyn  Gideon
Boodskappe: 194
Geregistreer: Januarie 1997
Karma: 0
Senior Lid
Ek hou nogal van die term soos wat Arthur genoem het. Dit was ook vroeër in SA
in omloop, maar ek het dit nogal lanklaas gehoor.

In elk geval - ek luister noudiedag na die radio, en iemand vertel toe van
die jongman wat 'n slag in die stad kom en niemand ken nie. Hy besluit to
maar om na 'n Rave toe te gaan om darem hopelik die inboorlinge so 'n bietjie
van nader te leer ken. By die rave aangekom maak hy toe nou maar so soos wat
die jongmense maak by sulke goed en ontmoet toe ook oor die musiek heen ,
oulike jong dametjie. Ek weet nie of dit die algemene walms was wat in die
lug rondgehang het of iets wat hulle gedrink het nie, maar hier na tienuur se
kant soen die twee toe, en teen twaalfuur se kant raak dit 'n redelike vurige
gevryery. Op 'n stadium roep die meise oor die musiek uit "NOU!" Die jongman
kyk na haar en roep terug oor die musiek: "PRAAT JY NOU ENGELS OF AFRIKAANS?"

Nouja. Daar is nou my kwinkslag vir die dag :)

Groete uit die Laaglande

-Gideon-

-----== Posted via Deja News, The Leader in Internet Discussion ==-----
http://www.dejanews.com/rg_mkgrp.xp Create Your Own Free Member Forum
Vorige onderwerp: Hier kom Koos
Volgende onderwerp: Aap en Hasie
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Apr 18 00:54:22 MGT 2024