Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » balsem
balsem [boodskap #139607] Ma, 27 Junie 2022 13:27
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18812
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
balsem
Afbreking: bal•sem


Selfstandige naamwoord: balsem
Meervoud: balsems
Verkleinwoord: balsempie
Meervoud van verkleining: balsempies

Betekenis:
• 'n Welriekende soort hars, hoofsaaklik van die balsemboom (familie Burseraceae).

Gebruik:
Balsem word gebruik as salf om pyn te verlig, maar in die ou tyd is dit ook gebruik om lyke te bewaar.

Sinoniem:
• lykolie
• lyksalf

Hiponiem:
• dennebalsem
• kanadabalsem
• sitroenbalsem
• wildebalsem
• wondbalsem

Afgelei:
• balsemagtig
• balsemer
• balsemgeur
• balsemgom
• balsemhout
• balseming
• balsemkopiva
• balsemkruid

Vertaling:
Engels: balm, balsam, ointment
Nederlands: balsem


Werkwoord: balsem
Verlede tyd: het gebalsem

Betekenis:
• Om 'n liggaam teen ontbinding te behandel.

Gebruik:
• Die Egiptenare het hulle dooies gebalsem.

Sinoniem:
• mummifiseer
• preserveer
• salf

Afgelei:
• inbalsem

Vertaling:
Engels: to embalm
Nederlands: balsemen

Nota:
• Nardus is 'n soort balsem.

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: wending
Volgende onderwerp: ontduik
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Apr 19 10:38:37 MGT 2024