Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » honde-fanagalo
honde-fanagalo [boodskap #139593] Sa, 25 Junie 2022 07:48
Louis Basson  is tans af-lyn  Louis Basson
Boodskappe: 200
Geregistreer: Junie 2022
Karma: 4
Senior Lid
ek wens ek kon die fanagalo van hondetale praat
sodat ek oor die hondetelevisie se nuuskanaal
elke hond in ukraïne kon bereik
om vir hulle te sê hoe oneindig diep my meegevoel met hulle lê
en hoe ek elke greintjie van hul skok, teleurstelling, vrees, afgryse en wantroue in die menseras deel
maar ook dat nie alle mense so is soos die spul wat hul land binnegeval het nie

van kleins af word honde geleer
om die mens te vertrou en sy beste vriend te word
om hom met sy lewe te beskerm en onvoorwaardelik lief te hê

maar nou het die mens vir hom,
sy sogenaamde beste vriend,
die wêreld onderstebo kom keer
deur alles van hom af weg te neem
op die mees onhondbare maniere ooit

hy het sy lieflingmaat verloor
hy het sy lieflinghuis verloor
hy het sy lieflingbed verloor
hy het sy lieflingkosbak verloor
hy het sy lieflingspeelding verloor

hy het maar slegs sy lewe oor
Vorige onderwerp: 2020 - die jaar wat was
Volgende onderwerp: God se juwele
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Apr 20 07:58:18 MGT 2024