Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » samevloeiing
samevloeiing [boodskap #138710] Di, 11 Januarie 2022 20:55
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18624
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
Die samevloeiing van twee riviere.
Die samevloeiing van twee riviere.
samevloeiing
Afbreking: sa•me•vloei•ing
Samestelling: saamvloei + -ing


Selfstandige naamwoord: samevloeiing
Meervoud: samevloeiings

Betekenis:
• Die saamvloei van twee of meer waterstrome om 'n enkele stroom te vorm.
• (figuurlik) Die saamkom van dinge om 'n enkele geheel te vorm.

Gebruik:
• Die Grootrivier ontstaan deur die samevloeiing van die Buffels- en die Klein-Swartbergrivier.
• 'n Samevloeiing van idees het tot die deurbraak gelei.

Sinoniem:
• aansluiting
• konvergensie
• sameloop
• samesmelting
• toevloeiing

Afgelei:
• klanksamevloeiing

Vertaling:
Engels: confluence, junction
Nederlands: samenvloeiing

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: waterskeiding
Volgende onderwerp: dwarrel
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mar 28 12:22:43 MGT 2024