Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » waterskeiding
waterskeiding [boodskap #138709] Di, 11 Januarie 2022 20:03
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18812
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
waterskeiding
Afbreking: wa•ter•skei•ding
Samestelling: water + skeiding


Selfstandige naamwoord: waterskeiding
Meervoud: waterskeidings

Betekenis:
• Verhoogde gebied vanwaar water in verskillende rigtings vloei. Die grens tussen twee stroom- of opvanggebiede.
• (figuurlik) Iets wat totale skeiding of verandering bring.

Gebruik:
• Koster lê op die waterskeiding tussen die Oranje- en die Limpoporivier.
• Verwoerd se dood was 'n waterskeiding in Suid-Afrika se geskiedenis.

Afgelei:
• waterskeidingsjaar
• waterskeidingsaak

Vertaling:
Engels: drainage divide, watershed
Nederlands: waterscheiding, interfluvium

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: reliëf
Volgende onderwerp: samevloeiing
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Apr 19 09:50:58 MGT 2024