Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » reliëf
reliëf [boodskap #138708] Di, 11 Januarie 2022 18:50
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18852
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Reliëf.
'n Reliëf.
reliëf
Afbreking: re•li•ëf


Selfstandige naamwoord: reliëf
Meervoud: reliëfs

Betekenis:
• Iets wat bo iets anders uitkom of uitsteek; 'n verhewendheid.
• 'n Uitspringende beeldwerk.

Gebruik:
• Die reliëf van die aardoppervlak bestaan uit berge, dale, vlaktes en ander landvorme.
• Die tempel se mure is met reliëfs versier.

Hiponiem:
• kamee

Afgelei:
• reliëfbeeld
• reliëfdruk
• reliëffiguur
• reliëfkaart
• reliëfletter
• reliëfmasjien
• reliëfsnywerk
• reliëfstempel
• reliëfversiering
• reliëfwerk

Vertaling:
Engels: relief
Nederlands: reliëf

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: bekendmaak
Volgende onderwerp: waterskeiding
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Apr 25 14:48:54 MGT 2024