Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » nagvrees
nagvrees [boodskap #138698] So, 09 Januarie 2022 09:39
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18632
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
nagvrees
Afbreking: nag•vrees
Samestelling: nag + vrees


Selfstandige naamwoord: nagvrees
Meervoud: nagvrese

Betekenis:
• 'n Abnormale vrees vir die nag en donkerte in die algemeen; die slaapstoornis niktofobie.
• 'n Slegte droom; nagmerrie.

Gebruik:
• 'n Naglig kan kinders met nagvrees help om snags rustig te bly.
• 'n Mens kan slegs jou nagvrese oorwin as jy hulle in die oë kyk.

Sinoniem:
• donkervrees
• niktofobie
• angsdroom
• nagmerrie

Vertaling:
Engels: nightmare; nyctophobia
Nederlands: nachtmerrie

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: lydsaamheid
Volgende onderwerp: geregverdig
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mar 29 15:56:55 MGT 2024