Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » afskeiding
afskeiding [boodskap #138025] Vr, 24 September 2021 07:11
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18626
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
afskeiding
Afbreking: af•skei•ding
Samestelling: afskei + -ding


Selfstandige naamwoord: afskeiding
Meervoud: afskeidings
Verkleinwoord: afskeidinkie
Meervoud van verkleining: afskeidinkies

Betekenis:
• Stof wat vrygestel of uitgewerp word.
• Die handeling of resultaat van afskei (afsondering bring).

Gebruik:
• Hooikoors veroorsaak 'n waterige afskeiding uit die neus, 'n genies, tanende oë en hoofpyn.
• Daar is geen muur of afskeiding tussen die erwe nie.

Sinoniem:
• ekskresie
• ontlasting
• sekresie
• isolasie
• segregasie
• skeiding
• skeuring
• verdeling

Afgelei:
• afskeidingsdrang
• afskeidingsmuur
• afskeidingsorgaan
• afskeidingsproduk
• afskeidingsweefsel
• klierafskeiding
• roetafskeiding
• speekselafskeiding
• sweetafskeiding
• traanafskeiding
• vogafskeiding

Verwant:
• afskeier

Vertaling:
Engels: secretion, discharge; separation, partition
Nederlands: afscheiding

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: tingerig
Volgende onderwerp: stabiel
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mar 28 16:32:31 MGT 2024