Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » muil
muil [boodskap #137350] So, 25 Julie 2021 10:41
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18812
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Muil.
'n Muil.
muil
Afbreking: muil


Selfstandige naamwoord: muil
Meervoud: muile
Verkleinwoord: muiltjie
Meervoud van verkleining: muiltjies

Betekenis:
• 'n Mak hoefdier, die kruising tussen 'n perdemerrie en 'n donkiehings.
• (argaïes) Die bek van 'n groot dier.

Gebruik:
• 'n Muil is sterker as 'n perd en het meer uithouvermoë as 'n donkie, maar is onvrugbaar en kan nie voortplant nie.
• Hou jou groot muil (in hedendaagse Afrikaans, hou jou bek)!

Spreekwoord:
• So koppig soos 'n muil. [Steeks en moedswillig.]

Sinoniem:
• basteresel
• muilesel

Afgelei:
• muilband
• muilhings
• muilmerrie
• muilskop
• muilspan
• muilwa

Vertaling:
Engels: mule; muzzle
Nederlands: muil

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: mouloos
Volgende onderwerp: muit
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Apr 18 22:09:29 MGT 2024