Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » dagdief
dagdief [boodskap #137338] Sa, 24 Julie 2021 18:31
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18816
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
dagdief
Afbreking: dag•dief
Samestelling: dag + dief


Selfstandige naamwoord: dagdief
Meervoud: dagdiewe
Verkleinwoord: dagdiefie
Meervoud van verkleining: dagdiefies

Betekenis:
• 'n Baie lui persoon; iemand wat tyd mors en nie werk nie!

Gebruik:
• Hier is nie plek vir dagdiewe nie.

Sinoniem:
• dagsitter
• luiaard
• luibroek
• luilak
• leeglêer
• nikdoener
• niksnut

Vertaling:
Engels: slacker, loafer, idler
Nederlands: dagdief

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: dorkas
Volgende onderwerp: diereriem
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Apr 19 21:41:09 MGT 2024