Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » sieraad
sieraad [boodskap #137312] Do, 22 Julie 2021 16:40
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18629
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
Sierade
Sierade
sieraad
Afbreking: sie•raad


Selfstandige naamwoord: sieraad
Meervoud: sierade
Verkleinwoord: sieraadjie
Meervoud van verkleining: sieraadjies

Betekenis:
• 'n Mooi voorwerp van edelmetale of -stene waarmee iets verfraai/opgetooi word.
• (figuurlik) Iemand met edele eienskappe.

Gebruik:
• Sy dra 'n opvallende sieraad om haar nek.
• Kleinkinders is vir oumense 'n trots; vaders is vir hulle seuns 'n sieraad. [Spreuke 17:6]

Sinoniem:
• juweel
• kleinood
• opsmuksel
• optooisel
• ornament
• siersel
• siersteen
• tooisel
• versiering
• versiersel

Vertaling:
Engels: ornament, decoration, trinket, adornment
Nederlands: sieraad

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: emansipeer
Volgende onderwerp: snak
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mar 28 23:19:00 MGT 2024