Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » naaimasjien
naaimasjien [boodskap #137301] Wo, 21 Julie 2021 17:26
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18624
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Naaimasjien.
'n Naaimasjien.
naaimasjien
Afbreking: naai•ma•sjien
Samestelling: naai + masjien


Selfstandige naamwoord: naaimasjien
Meervoud: naaimasjiene
Verkleinwoord: naaimasjientjie
Meervoud van verkleining: naaimasjientjies

Betekenis:
• Masjien waarmee naaldwerk gedoen word; 'n toestel om tekstielstowwe met garing te stik.

Gebruik:
• 'n Naaimasjien benodig twee garingdrade: die bodraad word deur die naald geryg, terwyl die spoeldraad (onderdraad) onder die materiaal ingevoer word.

Sinoniem:
• naaldwerkmasjien
• stikmasjien

Vertaling:
Engels: sewing-machine
Nederlands: naaimachine

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: gevoelloos
Volgende onderwerp: heerskappy
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mar 28 12:32:40 MGT 2024