Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » mondvol
mondvol [boodskap #137273] So, 18 Julie 2021 11:08
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18632
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
mondvol
Afbreking: mond•vol
Samestelling: mond + vol


Selfstandige naamwoord: mondvol
Meervoud: mondevol
Verkleinwoord: mondjievol
Meervoud van verkleining: mondjiesvol

Betekenis:
• Soveel as wat 'n mond kan vat.
• (figuurlik) 'n Mededeling wat dikwels moeilik is om uit te spreek.

Gebruik:
• Die medisyne is lekker, vat sommer 'n groot mondvol.
• Dit is 'n mondvol! Die skrywer het 'n mondvol woorde in 'n enkele paragraaf ingedruk.

Sinoniem:
• byt
• hap
• happie
• kousel
• kouseltjie
• sluk
• slukkie
• teug

Vertaling:
Engels: mouthful, bite
Nederlands: mondvol

Nota:
• As "vol" as 'n byvoeglike naamwoord gebruik word, is dit "mond vol" (twee woorde).

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: mammoet
Volgende onderwerp: milliliter
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mar 29 13:07:17 MGT 2024