Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » sielkundige
sielkundige [boodskap #137266] Sa, 17 Julie 2021 14:35
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18816
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
sielkundige
Afbreking: siel•kun•di•ge
Samestelling: siel + kundige


Selfstandige naamwoord: sielkundige
Meervoud: sielkundiges

Betekenis:
• Persoon wat sielkunde beoefen en mense met psigologiese probleme help.

Gebruik:
• As 'n berader jou nie kan help nie sal jy 'n sielkundige moet gaan sien.

Sinoniem:
• kopdokter
• psigiater
• psigoanalis
• psigoloog
• psigoterapeut

Afkorting:
• sielk.

Afgelei:
• bedryfssielkundige
• kindersielkundige
• navorsingsielkunde
• neurosielkundige
• skoolsielkundige
• voorligtingsielkunde

Vertaling:
Engels: psychologist
Nederlands: psycholoog


Byvoeglike naamwoord: sielkundig
Attributief: sielkundige

Betekenis:
• Wat die sielkunde betref.

Gebruik:
• Die persoon is vir sielkundige waarneming opgeneem.

Sinoniem:
• psigologiese

Vertaling:
Engels: psychological
Nederlands: zielkundige, psychologische

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: snellerien
Volgende onderwerp: emulsie
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Apr 20 08:30:42 MGT 2024