Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » eng
eng [boodskap #137259] Sa, 17 Julie 2021 07:20
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18629
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
eng
Afbreking: eng


Byvoeglike naamwoord: eng
Vergrotende trap: enger
Oortreffende trap: engste
Attributief: eng
Partitief: engs

Betekenis:
• Wat nou of smal is; met weinig tussenruimte.
• (figuurlik) Wat beperk of bekrompe is.

Gebruik:
• Die kinders kruip deur die grot se eng gangetjies.
• Pasop dat ander se eng uitkyk op die lewe jou nie knelter nie.

Sinoniem:
• beknop
• bekrompe
• benepe
• beperk
• drukkend
• kleingeestig
• kleinsielig
• kleinlik
• nou
• klein
• smal

Afgelei:
• enggespasieerd
• enghartig
• engheid
• engte

Vertaling:
Engels: narrow, tight; narrow-minded
Nederlands: eng

Nota:
• Moenie die woord "eng" met die afkorting "Eng." (vir Engels) verwar nie.

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: omlysting
Volgende onderwerp: aanmatigend
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mar 29 02:03:38 MGT 2024