Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » twak
twak [boodskap #137230] Wo, 14 Julie 2021 07:22
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18812
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
twak
Afbreking: twak


Selfstandige naamwoord: twak
Meervoud: twakke
Verkleinwoord: twakkie
Meervoud van verkleining: twakkies

Betekenis:
• Tabak, die plant of die blare waarvan rookgoed gemaak word.
• 'n Niksbeduidende persoon; niksnuts.
• Onsin; nonsens; nonsies; bog; snert; kaf.

Gebruik:
• Het jy dalk vir my 'n stopsel twak vir my pyp?
• Die klein twak wil vir ons kom vertel wat om te doen!
• Jy praat nou sommer twak.

Spreekwoord:
• Hy praat pure twak. [Dis die grootste onsin.]
• Dis nie 'n pyp twak werd nie. [Niks werd nie.]
• Jou twak is nat. [Jy kan nie jou doel bereik nie.]
• Laat iemand maar sy twak op sy eie manier kerf. [Laat iemand maar maak soos hy wil.]

Afgelei:
• pruimtwak
• twakkerig
• twakpraatjies
• twakproduksie

Vertaling:
Engels: tobacco, baccy; nonsense
Nederlands: twak

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: onderskraging
Volgende onderwerp: reënboognasie
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Apr 19 05:43:45 MGT 2024