Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » kontinuïteit
kontinuïteit [boodskap #137220] Di, 13 Julie 2021 08:37
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18784
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
kontinuïteit
Afbreking: kon•ti•nu•ï•teit


Selfstandige naamwoord: kontinuïteit
Meervoud:

Betekenis:
• 'n Ononderbroke samehang van gebeure of omstandighede.

Gebruik:
• Om kontinuïteit te verseker, sal komiteelede vir 'n termyn van ten minste drie jaar op die komitee dien.

Sinoniem:
• aaneenskakeling
• aanhoudendheid
• deurlopendheid
• ononderbrokenheid
• opvolging
• samehang

Antoniem:
• diskontinuïteit

Afgelei:
• kontinuïteitsaanbieder
• kontinuïteitsbeginsel
• kontinuïteitskontrole
• kontinuïteitstoets

Vertaling:
Engels: continuity, continuance
Nederlands: continuïteit

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: onwillekeurig
Volgende onderwerp: messel
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 16 06:22:57 MGT 2024