Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » rytuig
rytuig [boodskap #137217] Ma, 12 Julie 2021 20:20
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18816
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
rytuig
Afbreking: ry•tuig
Samestelling: ry + tuig


Selfstandige naamwoord: rytuig
Meervoud: rytuie
Verkleinwoord: rytuigie
Meervoud van verkleining: rytuigies

Betekenis:
• 'n Voertuig waarin 'n mens kan ry; van punt A na punt B oor land of grond beweeg.

Gebruik:
• Hoewel Simon van der Stel 'n koets gehad het, was dit 'n redelik onbekende rytuig in Suid-Afrika.

Hiperoniem:
• vervoermiddel
• voertuig

Hiponiem:
• brik
• bus
• fiets
• kar
• koets
• lorrie
• motor
• slee
• trein
• vragmotor
• wa

Afgelei:
• huurrytuig
• rytuigfabriek
• rytuigmaker
• rytuigverkeer
• tweewielrytuig

Verwant:
• vaartuig
• vliegtuig

Vertaling:
Engels: vehicle, conveyance
Nederlands: rijtuig

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: omstander
Volgende onderwerp: menige
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Apr 20 03:56:27 MGT 2024