Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » anargie
anargie [boodskap #137208] Ma, 12 Julie 2021 11:50
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18629
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
anargie
Afbreking: a•nar•gie


Selfstandige naamwoord: anargie
Meervoud: anargieë

Betekenis:
• 'n Bestel sonder enige vorm van politieke gesag; regeringloosheid.
• (figuurlik) 'n Toestand van chaos, wanorde en verwarring.

Gebruik:
• Daar is lande waar die staat nie meer funksioneel is nie en wat basies in 'n toestand van anargie verkeer.
• Die vlakke van geweldsmisdaad in Suid-Afrika grens aan anargie.

Sinoniem:
• bandeloosheid
• chaos
• deurmekaarspul
• pandemonium
• ontreddering
• rebellie
• revolusie
• wanorde
• wanordelikheid
• wetteloosheid

Afgelei:
• anargis
• anargisme
• anargisties

Vertaling:
Engels: anarchy
Nederlands: anarchie

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: gering
Volgende onderwerp: gemotiveerd
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mar 28 22:33:50 MGT 2024