Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » gering
gering [boodskap #137207] So, 11 Julie 2021 20:39
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18629
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
gering
Afbreking: ge•ring


Byvoeglike naamwoord: gering
Vergrotende trap: geringer
Oortreffende trap: geringste
Attributief: geringe
Partitief: gerings

Betekenis:
• Klein, nietig en van min waarde.

Gebruik:
• Kennis begin met die dien van die Here; dit is net dwase wat wysheid en opvoeding gering ag. [Spreuke 1:7]

Sinoniem:
• armsalig
• beskeie
• effens
• karig
• klein
• laag
• min
• nederig
• nietig
• onbeduidend
• onbelangrik
• power
• weinig

Antoniem:
• aansienlik
• groot
• omvangryk

Afgelei:
• geringag
• geringheid
• geringskat

Vertaling:
Engels: slight, small, diminutive, little
Nederlands: gering


Byvoeglike naamwoord: gering, geringd
Attributief: geringde

Betekenis:
• Wat van 'n ring voorsien is.

Gebruik:
• Die duif is gering en vrygelaat.

Wisselvorm:
• geringd

Vertaling:
Engels: ringed
Nederlands: geringd

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: meld
Volgende onderwerp: anargie
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mar 28 22:40:29 MGT 2024