Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » skeuring
skeuring [boodskap #137179] Vr, 09 Julie 2021 09:04
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18632
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
skeuring
Afbreking: skeu•ring
Samestelling: skeur + -ing


Selfstandige naamwoord: skeuring
Meervoud: skeuringe, skeurings
Verkleinwoord: skeurinkie
Meervoud van verkleining: skeurinkies

Betekenis:
• Die handeling of resultaat van skeur.
• (figuurlik) Om af te skei.

Gebruik:
• 'n Vulkaan is 'n skeuring in die aardkors waaruit warm lawa, as en gasse ontsnap.
• Die skeuring van die gemeente kon uiteindelik nie verhoed word nie.

Sinoniem:
• afskeiding
• afstigting
• deling
• dissosiasie
• skeiding
• splitsing
• verbrokkeling
• verdeeldheid
• verdeling

Antoniem:
• saamhorigheid
• vereniging

Afgelei:
• uiteenskeuring
• verskeuring

Vertaling:
Engels: rupture, schism, shearing
Nederlands: scheuring

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: maniere
Volgende onderwerp: mank
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mar 29 11:46:24 MGT 2024