Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » elimineer
elimineer [boodskap #137165] Wo, 07 Julie 2021 12:04
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18852
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
elimineer
Afbreking: e•li•mi•neer


Werkwoord: elimineer
Verlede tyd: het geëlimineer

Betekenis:
• Om iets te verwyder of daarvan ontslae te raak.
• Om dood te maak.

Gebruik:
• Alles moontlik word gedoen om insidente en beserings te elimineer.
• Die veiligheidspolisie het die voorbokke wat geweld aanblaas geëlimineer.

Sinoniem:
• uitskakel
• verwyder
• wegdoen
• wegmaak

Verwant:
• eliminasie
• eliminering

Vertaling:
Engels: to eliminate, wipe out, delete
Nederlands: elimineren

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: verhewe
Volgende onderwerp: kenter
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Apr 25 01:43:52 MGT 2024