Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » opbrengs
opbrengs [boodskap #137149] Ma, 05 Julie 2021 14:18
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18816
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
opbrengs
Afbreking: op•brengs


Selfstandige naamwoord: opbrengs
Meervoud: opbrengste
Verkleinwoord: opbrengsie
Meervoud van verkleining: opbrengsies

Betekenis:
• Die voordeel wat uit 'n aktiwiteit verkry word.

Gebruik:
• Met die goeie reën verwag die boere 'n hoër opbrengs.
• Sy is ontsteld oor die swak opbrengs van haar belegging.

Wisselvorm:
• opbrings

Sinoniem:
• inkomste
• lewering
• produksie
• profyt
• rendement
• verdienste
• voordeel
• vrug
• wins

Afgelei:
• goudopbrengs
• opbrengskoers
• opbrengssyfer
• opbrengsverlaging
• opbrengsvoordeel
• wolopbrengs

Vertaling:
Engels: yield, return, profit
Nederlands: opbrengst

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: stoomtrein
Volgende onderwerp: voorwoord
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Apr 20 03:12:59 MGT 2024