Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » geregtigheid
geregtigheid [boodskap #137145] Ma, 05 Julie 2021 11:44
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18626
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
geregtigheid
Afbreking: ge•reg•tig•heid


Selfstandige naamwoord: geregtigheid
Meervoud: geregtighede

Betekenis:
• Die handeling om reg te laat geskied en mense regverdig te behandel.
• Vergelding vir onreg wat gepleeg is.

Gebruik:
• Daar is mense wat dink dat die behoefte aan gesag uit 'n gebrek aan sosiale geregtigheid spruit.
• Die vrou soek geregtigheid vir haar kind se ontydige dood.

Sinoniem:
• billikheid
• gelykberegtiging
• regverdigheid

Antoniem:
• ongeregtigheid

Afgelei:
• eiegeregtigheid

Vertaling:
Engels: righteousness; justice
Nederlands: gerechtigheid

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: epistemologie
Volgende onderwerp: billikheid
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mar 28 14:53:43 MGT 2024