Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » loseerder
loseerder [boodskap #137139] So, 04 Julie 2021 10:12
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18626
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
loseerder
Afbreking: lo•seer•der
Samestelling: loseer + -der


Selfstandige naamwoord: loseerder
Meervoud: loseerders
Verkleinwoord: loseerdertjie
Meervoud van verkleining: loseerdertjies

Betekenis:
• Persoon wat teen betaling êrens inwoon of by iemand bly.

Gebruik:
• Sy was 'n loseerder in 'n losieshuis, nie 'n gas in 'n gastehuis nie, en moes liggies in haar spore trap.

Sinoniem:
• huurder
• inwoner
• kosganger
• loseergas

Afgelei:
• mede-loseerder

Vertaling:
Engels: boarder, lodger, paying guest
Nederlands: kostganger, logeergast

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: loseer
Volgende onderwerp: luislang
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mar 28 15:49:13 MGT 2024